Dié munisipaliteite betaal nie pensioenbydraes oor

(Foto: Maroela Media)

Altesaam vyf munisipaliteite in die Oos-Kaap het versuim om ongeveer R42 miljoen se pensioenbydraes oor te betaal, al is dit van werkers se salarisse afgetrek. Dit is glo omdat hulle ʼn probleem met kontantvloei het.

In antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer het Mlungisi Mvoko, LUR vir finansies in die provinsie, gesê dat die munisipaliteite Dr. Beyers Naudé, Sondagsriviervallei, Groot Kei, Amahlathi en Walter Sisulu gesamentlik R42,8 miljoen se bydraes nie oorbetaal het nie. Dit sluit die dorpe Graaff-Reinet, Komga, Burgersdorp, Aliwal-Noord en Stutterheim in.

Die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit skuld die meeste (amper R26 miljoen), gevolg deur die Walter Sisulu-munisipaliteit (amper R9 miljoen).

ʼn Verdere R19,7 miljoen se rente op hierdie bydraes het opgeloop, wat nou as vrugtelose en verkwistende uitgawes beskou word.

“Dit is net nog ʼn aanduiding van die algehele verval van plaaslike regering in die provinsie,” het Bobby Stevenson, DA-lid van die provinsiale wetgewer, gesê.

Mvoko het glo erken dat die wanbetaling van pensioengeld ʼn oortreding van verskeie fasette van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, sowel as die Pensioenfondswet is. “Nietemin is geen stappe teen die skuldige munisipaliteite gedoen nie,” het Stevens gesê.

Volgens die LUR is geen werknemers nog hierdeur geraak nie, aangesien die munisipaliteit die uitstaande bedrae vir werknemers wat naby aan aftrede is, uitwerk en dié bedrag dan aan hul pensioenfonds uitbetaal. Stevenson meen egter dis net ʼn kwessie van tyd voor hierdie op-die-nippertjie-betalings te veel word vir die munisipaliteit om te hanteer en veroorsaak dat werknemers hul pensioenvoordele kwyt is.

Die DA dring nou daarop aan dat die provinsiale regering teen die betrokke munisipale beamptes optree en dat ondersteunende beamptes na dié sukkelende munisipaliteite ontplooi word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Net voor die Ja-stemmers die ANC ingestem het, was die belofte, as die ANC oorneem, al almal Mercedes’se en wasmasjiene kry,

twaalfboor ·

Wel Cherokee…… Ek het mýne gekry. Waar het jy van die bus afgeval? Die “ja stemmers” sê jy! Ook al so holrug gery soos Jan van Riebeeck se skuld.

LeanetteS ·

Swak, pateties, ongehoord, onaanvaarbaar….. Kan nog honderde woorde uitlaat, wat hier aangaan! Dis eenvoudig net hartseer wat in ons Land gebeur!!

Johan ·

Dit is bedrog as ek dit sou wag doen word ek onmiddelik opgesluit. Ons moet ophou die n piesang republiek noem want ons beledig die piesangs. Ek gaan hulle die Latana republiek noem want raai wat kan jy met Latanas doen en wat dit vir die natuur beteken en doen.

Chris dupreez ·

Hierdie munisipale bestuurders moet in die tronk gegooi word vir hierdie berdrog en korupsie.

jzjz05 ·

Die kan n mens verstaan as jy na die name van die munisipaliteite kyk, dit wys naamsveranderinge werk net nie.indeendeel dit is goed want nou word die nuwe naam deur die modder gesleep en die ou naam kan na verwys word na munisipaliteite wat goeie diens gegee het en eerlik was.

Karlahari ·

In die Vrystaat kan julle Mantsopa (Ladybrand en omgewing) byvoeg.
En die saak wat by die polisie aanhangig gemaak is teen die misluktepale bestuurder se oorspronklike dossier het verdwyn….

koos10 ·

Ironie genoeg is dit ‘n kriminele oortreding. Geen gelde mag verhaal word en nie oorbetaal word nie. As daar nou geen kriminele ondersoek is nie, dan is die wet tandeloos en moet as geheel geskrap word. Dan mag jou werkgewer ook mos nie meer belasting aftrek nie, en almal moet dan self oorbetaal. Sien julle ook my logika hier? Belasting opstand en dwing die ANC uit!

Robert ·

“Nietemin is geen stappe teen die skuldige munisipaliteite gedoen nie” ????

Moedeloos ·

Ek lees nerens in die berig van wanneer af word hierdie bydraes nie oorbetaal nie. Hoe kan die Munisipaliteit dan die berekeninge doen op mense wat aftree se geld. Daar is rente wat verlore gegaan het terwyl dit in die boeke van die Pensioenfonds moes gewees het. Word dit ook bereken? Ek sal n bohaai opskop as dit my gelde is wat so hanteer word. En hoekom word daar nie die teen die Munisiplaiteit se Finansiele Bestuurder opgetree nie asook teen die Munisipale Bestuurder nie. Albei moet pa staan vir hierdie soort situasies

Dirk Mostert ·

Dit klink vir my soos geldverduistering. Die skuldiges moet aangekla word.

anko ·

ONBEVOEGD!! Ek wag al vanaf September dat net my UIF moet uitbetaal, wys op staat dat dit betaal is, vir wie weet geen mens nie. My bankrekening wys niks soos in niks. Bel byna elke week, boodskap bly dieselfde, ESCALATING.

Danie ·

Ek sou graag wou weet wat die betrokke munisipale bestuurders en hul finansiele hoofde ontvang elke maand in salarisse terwyl hulle nie eers basiese finansiele verpligtings kan bestuur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.