Altesaam vyf munisipaliteite in die Oos-Kaap het versuim om ongeveer R42 miljoen se pensioenbydraes oor te betaal, al is dit van werkers se salarisse afgetrek. Dit is glo omdat hulle ʼn probleem met kontantvloei het.
In antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer het Mlungisi Mvoko, LUR vir finansies in die provinsie, gesê dat die munisipaliteite Dr. Beyers Naudé, Sondagsriviervallei, Groot Kei, Amahlathi en Walter Sisulu gesamentlik R42,8 miljoen se bydraes nie oorbetaal het nie. Dit sluit die dorpe Graaff-Reinet, Komga, Burgersdorp, Aliwal-Noord en Stutterheim in.
Die Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit skuld die meeste (amper R26 miljoen), gevolg deur die Walter Sisulu-munisipaliteit (amper R9 miljoen).
ʼn Verdere R19,7 miljoen se rente op hierdie bydraes het opgeloop, wat nou as vrugtelose en verkwistende uitgawes beskou word.
“Dit is net nog ʼn aanduiding van die algehele verval van plaaslike regering in die provinsie,” het Bobby Stevenson, DA-lid van die provinsiale wetgewer, gesê.
Mvoko het glo erken dat die wanbetaling van pensioengeld ʼn oortreding van verskeie fasette van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, sowel as die Pensioenfondswet is. “Nietemin is geen stappe teen die skuldige munisipaliteite gedoen nie,” het Stevens gesê.
Volgens die LUR is geen werknemers nog hierdeur geraak nie, aangesien die munisipaliteit die uitstaande bedrae vir werknemers wat naby aan aftrede is, uitwerk en dié bedrag dan aan hul pensioenfonds uitbetaal. Stevenson meen egter dis net ʼn kwessie van tyd voor hierdie op-die-nippertjie-betalings te veel word vir die munisipaliteit om te hanteer en veroorsaak dat werknemers hul pensioenvoordele kwyt is.
Die DA dring nou daarop aan dat die provinsiale regering teen die betrokke munisipale beamptes optree en dat ondersteunende beamptes na dié sukkelende munisipaliteite ontplooi word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Net voor die Ja-stemmers die ANC ingestem het, was die belofte, as die ANC oorneem, al almal Mercedes’se en wasmasjiene kry,
Swak, pateties, ongehoord, onaanvaarbaar….. Kan nog honderde woorde uitlaat, wat hier aangaan! Dis eenvoudig net hartseer wat in ons Land gebeur!!
Dit is bedrog as ek dit sou wag doen word ek onmiddelik opgesluit. Ons moet ophou die n piesang republiek noem want ons beledig die piesangs. Ek gaan hulle die Latana republiek noem want raai wat kan jy met Latanas doen en wat dit vir die natuur beteken en doen.
Hierdie munisipale bestuurders moet in die tronk gegooi word vir hierdie berdrog en korupsie.
En as ek en jy nie betaal nie, word ons afgesny, right!