Dié Oos-Kaapse munisipaliteite het meeste Eskom-skuld

NG Grootkerk in Graaff-Reinet(Foto: Verskaf)

Munisipaliteite in die Oos-Kaap skuld Eskom gesamentlik meer as R2 miljard. Só het ʼn antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer die afgelope week onthul. Dié skuld het boonop die afgelope vyf jaar drasties toegeneem.

In antwoord op ʼn vraag deur die DA het die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake gesê dorpe soos Graaff-Reinet, Grahamstad, Queenstown en Cradock se uitstaande skuld by Eskom beloop etlike miljoene rande. Volgens die LUR is R1,3 miljard van die R2,1 miljard wat munisipaliteite aan Eskom skuld, ouer as 90 dae.

In 2016 het Oos-Kaapse munisipaliteite Eskom R186 miljoen geskuld. Die skuld het dus tienvoudig toegeneem sedert Maroela Media hieroor berig het.

Munisipaliteite wat tans die meeste geld skuld, is:

  • Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit (Queenstown) – R457 miljoen
  • Walter Sisulu- plaaslike munisipaliteit (Aliwal-Noord en Burgersdorp) – R294 miljoen
  • Raymond Mhlaba- plaaslike munisipaliteit (Fort Beaufort) – R205 miljoen
  • Inxuba Yethemba- plaaslike munisipaliteit (Middelburg en Cradock) – R193 miljoen
  • King Sabata Dalindyebo- plaaslike munisipaliteit (Mthatha) – R165 miljoen
  • Dr Beyers Naudé- plaaslike munisipaliteit (Graaff-Reinet) – R141 miljoen
  • Makana- plaaslike munisipaliteit (Grahamstad) – R37 miljoen
  • Amahlathi- plaaslike munisipaliteit (Stutterheim) – R25 miljoen

“Hierdie munisipaliteite het keer op keer bewys dat hulle nie in staat is om hul skuld te delg nie. Ten spyte hiervan is daar geen gevolge vir munisipale bestuurders wat toegelaat het dat die situasie buite beheer raak nie,” het Vicky Knoetze, DA-lid van die provinsiale wetgewer, gesê.

Sy het die provinsiale regering gevra om in te gryp en hierdie munisipaliteite te help om hul skuld te vereffen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Ja want al die geld wat ingesamel word gaan vir die stads raad en munisipale mense se salarisse en daai lekker tenders.

Aikie

Ek bly in Ekhurhuleni (Oosrand) en het vooraf betaalde krag (prepaid). Laat hierdie Boerseun net sy erfbelasting te laat betaal (na die dertiende van die maand) en ek kry onmiddellik ‘n aanmaning per hand afgelewer wat my R150 kos vir die eer om dit te ontvang.
Dié munisipaliteite moét verantwoordelik gehou word, want hulle wanbetaling veroorsaak ‘n kettingreaksie met Eskom wat geforseer word om “loadshedding” toe te pas. Dit kos die land op die ou end miljarde omdat groot instansies nie hulle verantwoordelikhede nakom nie.

Jaco

ANC beheerde munisipaliteite skuld geld aan die ANC beheerde eskom. Hoe absurd. Dié skuld kan binne 1 week se administratiewe proses alles binne die ANC-huis afgeskryf word.

Casper

Dit kom al van 2016 af.Hoekom het mun nie opgetreë teen wanbetalers nie.Waar en hoe gaan mun nou fondse genereer om die astronomiese skuld te delg.’n Reddingsboei is nie die oplossing nie want hulle gaan maar net weer skuld ophou. Nou het die hoogste hof van appèl escom verbied om krag na wanbetalende mun op te skort want daar is verbruikers wat pligsgetrou betaal.Hoe Kan escom sy verpligtinge bekom sonder geld.Die oplossing is.Verkoop hulle bates want hulle het nie geld om dienste te lewer nie.

Hennie J

Darem wonderlik hoe die kaders daarin slaag om die name van hulle sogenaamde heroes deur die modder te sleep. Walter Sisulu munisipaliteit is in sy kanon in so ook vele ander sogenaamde groot name. As rassis no. 1 en sy chronies enige trots gehad het sou hulle al lankal al die name verander het na bome of blomme om hul sodoende die skande te bespaar.