Dié organisasies wil ook wysigings van Vuurwapenwet teenstaan

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Action Society en Dear South Africa (DearSA) het weereens ’n vennootskap gesluit om die publiek se insae rondom die wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer te versamel en aan die staat voor te lê. Die vennootskap volg na die minister van polisie, Bheki Cele, se aankondiging die afgelope naweek dat die wysigingswetsontwerp impliseer dat Suid-Afrikaners voorts nie vuurwapens vir selfverdediging mag besit nie.

“Om die deelnameproses te vergemaklik het ons besluit om soos in die verlede ons kragte saam te span,” sê dr. Rineé Pretorius, woordvoerder van Action Society. “Hierdie is ’n belangrike geleentheid vir jou as individu om te help verseker dat alle Suid-Afrikaners die reg tot selfverdediging behou. Ons wil daarom die publiek aanmoedig om aan die eenvoudige proses deel te neem.”

Suid-Afrikaners het tot 4 Julie tyd om hul insae ten opsigte van die wysigingswetsontwerp oor Vuurwapenbeheer te lewer. “Ons rig ’n dringende versoek aan alle Suid-Afrikaners om hul insae te lewer voordat hierdie verregaande wetgewing, wat ons van die reg sal ontneem om onsself te beskerm, aanvaar word,” sê Rob Hutchinson, besturende direkteur van DearSA. “Die publiek kan hulle misnoeë gaan aanteken by www.dearsouthafrica.co.za/firearm-control-2021/.”

Action Society is veral bekommerd oor die impak wat dié wysiging op die voortgesette geweld teen magtelose vrouens en kinders in Suid-Afrikaanse gemeenskappe gaan hê. “Action Society sal aanhou om vir die beskerming van basiese regte, soos vervat in die Suid-Afrikaanse Grondwet, te veg. Dit sluit die reg in tot die beskerming van jou eie lewe – met ʼn vuurwapen vir selfverdediging. Indien ons oor die volgende twee weke ons stem laat hoor, kan ons alle Suid Afrikaners se reg tot selfverdediging, die beskerming van ons geliefdes en ons reg tot lewe te verseker,” sluit Pretorius af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

boerie ·

Julle moet nie net gaan vir die selfverdediging voorstel nie , aantal wapens wat besit mag word, herlaai van amunisie, en al die ander moet ook laat vaar word.

Persheks Adri ·

Stem 100% saam met jou! Lyk my hulle is bang vir ons blankes, want ons gaan dit nie hier los nie

Persheks Adri ·

Ons het grondwetlike regte hoedeman! Jou mense verloor vuurwapens nie ons eerlike burgers nie. Aansoeke is so vêr agter dit lyk of hulle voor is!

Strandloper ·

Het die mislukking van n cowboy nou mal koeie siekte?

Herman L ·

Mag ‘n polisiebeampte hom/haarself verdedig met ‘n vuurwapen? Is die voorgestelde wet ook op die polisie van toepassing? Ek twyfel.

VaalDonkie ·

Die polisie se vuurwapens val glad nie onder die Vuurwapenbeheerwet nie. So ja, hulle mag doen wat hulle wil want hulle is meer waardevol as ons.

SjN ·

Hoedeman, jy en jou comrades is onbevoeg, konsentreer eerder op misdaad.

Danie ·

Kruit om te herlaai is reeds nie meer beskikbaar nie.
Nie hoe lank nie dan is koeels ook nie meer te koop nie.
So die anc kan maklik sorg dat n persoon met n vuurwapen sonder ammunisie sal sit indien hy n wapen mag behou.
Herlaai is onlosmaaklik deel van vuurwapenbesit en moet so hanteer word.

Nico ·

Is die regering besig om dieselfde te doen soos die Britte in die Anglo boere oorlog, die Britte was ‘n klomp lafaards, hulle die vrouens en kinders by gekom om die boere mag te oorwin. No doen die ANC regering presies dieselfde, hulle het gesien wat by Bloedrivier gebeur het, hulle wil die wit man op die manier magteloos maak, ons sal dit nie toelaat nie. Dear SA doen julle ding gee gas. Voorspoed vir julle.

Jack ·

Soos met die pandemie weet nie onbevoegde regering nie wat om te doen om hul werk te doen nie. Dit gebeur wanneer jy uit n omgewing van moord en doodslag ontstaan het. Soos met die drank en sigarette gaan die smokkel van wapens en daarmee saam die moordsyfers toeneem. Wetsgehoorsame burgers word nou uit nood kriminele. Dis die einde van die beskawing in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.