Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê Jan Smutslaan is gesluit tussen Lochlaan en Boltonweg. “Talle kruispaaie tussen Oxfordweg en die Dieretuinmeer is ook gesluit.”
Minnaar sê mense wat die konsert gaan bywoon sal nie toegelaat word om met hul eie motors tot by die Dieretuinmeer te ry nie.
“Hulle word aangeraai om van parkeer-en-ry-geriewe by die Metro-sentrum in Braamfontein, die Universiteit van Johannesburg se Aucklandpark- en Soweto-kampusse en die Alexandra-stadion gebruik te maak.”
Minnaar sê paaie sal om 20:00 Sondagaand weer heropen word.