Dié paaie gesluit vir konsert by Dieretuinmeer

Argieffoto

Argieffoto

Paaie in Parktown, Johannesburg sal Sondag gesluit wees weens die Jazz on the Lake-konsert wat by die Dieretuinmeer gehou word.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê Jan Smutslaan is gesluit tussen Lochlaan en Boltonweg. “Talle kruispaaie tussen Oxfordweg en die Dieretuinmeer is ook gesluit.”

Minnaar sê mense wat die konsert gaan bywoon sal nie toegelaat word om met hul eie motors tot by die Dieretuinmeer te ry nie.

“Hulle word aangeraai om van parkeer-en-ry-geriewe by die Metro-sentrum in Braamfontein, die Universiteit van Johannesburg se Aucklandpark- en Soweto-kampusse en die Alexandra-stadion gebruik te maak.”

Minnaar sê paaie sal om 20:00 Sondagaand weer heropen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.