Die Tshwane-metropolisie het motoriste gewaarsku dat Atterburyweg in Pretoria dié naweek tydelik gesluit sal wees.
Albei paaie tussen Loislaan en January Masilela-rylaan sal gesluit wees vir verkeer op Saterdag 19 Augustus tussen 06:00 en 18:00 en weer op Sondag 20 Augustus tussen 06:00 tot 18:00.
Motoriste wat in ʼn westelike rigting vanaf January Masilela-rylaan ry, sal steeds toegang hê tot Plantland en beide Engen-garages. Motoriste kan ook in dié rigting omdraai en in die ander rigting terugry in January Masilela-rylaan.
Dié sluiting is om die hervestiging van oorhoofse kraglyne te verseker en ten einde plek te maak vir die oprigting van die brugkonstruksie wat reeds by die nuwe Dallas Road-wisselaar begin het. Geen kragonderbrekings word tydens die hervestiging in die Menlyn-omgewing verwag nie.
Ompadborde sal opgerig word om die verkeer te bestuur. Die Tshwane-metropolisie sal ook help met die regulering van verkeer by die kruisings.
Nadat Afriforum die saak teen die Metro se naamsveranderinge gewen het, word die nuwe vreemde name nog steeds in beriggewing erken! Baie teleurstellend!
Die straat name is wel verander. Selfs op die padkaarte word die nuwe name gebruik.
Wonder ook oor daai ding
MM ondersteun die “nuwe” straat name !