Dié paaie vanjaar gesluit vir staatsrede

Die Kaapstadse stadsaal (Foto: Maroela Media)

Verskeie paaie om die Kaapstadse stadsaal sal vir die volgende paar dae gesluit wees in aanloop tot die staatsrede wat vanjaar vir die eerste keer by dié venue gelewer sal word.

“Kaapstadse motoriste en voetgangers word in kennis gestel van beperkte parkering en gedeeltelike padsluitings in en om die Kaapstadse stadsaal vanaf 1 tot 16 Februarie en volle sluiting om die stadsaal op 10 Februarie.”

Die volgende paaie sal Dinsdag en Woensdag tussen 17:00 en 23:59 gesluit wees vir repetisie:

  • Darlingstraat tussen Plein- en Buitenkantstraat
  • Darlingstraat tussen Buitenkantstraat en die Kasteel die Goeie Hoop.

Die volgende paaie sal Donderdag tussen 04:00 en 23:45 gesluit wees:

  • Commercialstraat tussen Plein- en Buitenkantstraat – word tweerigting
  • Pleinstraat tussen Roeland- en Barrackstraat.

Die volgende paaie sal Donderdag tussen 17:45 en 19:30 gesluit wees:

  • Roelandstraat tussen Buitenkant- en Brandweerstraat
  • Buitenkantstraat tussen Roeland- en Darlingstraat.

Die volgende paaie sal Donderdag tussen 17:45 en 19:30 tydelik gesluit wees ongeveer 35 minute):

  • • Klipperweg, Nuweland: van Hoofweg (M4) tot Newlandslaan
    • Princess Anne-laan, Nuweland: van Newlandslaan tot Unielaan
    • Newlandslaan, Nuweland: van Deanstraat tot Princess Anne-laan
    • Deanstraat, Nuweland, weswaarts: van Hoofweg (M4) tot Newlandslaan
    • M3, Unielaan, Rhodesrylaan, Philip Kgosana-rylaan (De Waalrylaan), Roelandstraat, baan stad toe: van Newlandslaan tot middestad
    • Woolsackrylaan, Rondebosch, weswaarts: tussen Hoofweg (M4) en Rhodesrylaan (M3)
    • Anzioweg, Observatory: van Hoofweg (M4) tot Philip Kgosanarylaan (De Waalrylaan) (M3)
    • N2, Setlaarsweg, baan wat stad to gaan: van Hoofweg (M4) tot middestad
    • Buitenkantstraat: van Glynn- tot Strandstraat
    • Darlingstraat, Sir Lowryweg: van Buitenkant- tot Tennantstraat. Dit sal ook ’n sluiting tussen Hanover- en Tennantstraat insluit.

Beperkte parkeerplek sal ook tussen middernag (23:59) Woensdag en 23:45 Donderdag in die volgende gebiede geld:

  • Parade, Kaapstad
  • Roelandstraat uitgaande baan tussen Pleinstraat en Pleinstraat 37
  • Buitenkantstraat van Glynn- tot Darlingstraat
  • Pleinstraat tussen Roeland- en Darlingstraat
  • Spinstraat tussen die parlement en Pleinstraat
  • Commercialstraat tussen Buitenkantstraat- en Pleinstraat
  • Paradestraat tussen Caledon- en Darlingstraat
  • Corporationstraat tussen Darling- en Caledonstraat
  • Caledonstraat tussen Corporation- en Paradestraat

Padsluitings by parkeerbeperkings ingesluit:

  • Darlingstraat tussen Plein- en Buitenkantstraat
  • Longmarketstraat tussen Plein- en Buitenkantstraat
  • Corporationstraat tussen Caledon- en Darlingstraat
  • Paradestraat tussen Caledon- en Darlingstraat
  • Pleinstraat tussen Roeland- en Barrackstraat
  • Commercialstraat tussen Nieuwmeester‑parkering en Pleinstraat.

Die parlement het lede van die publiek om verskoning gevra vir enige ongerief wat dié reëlings kan veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
gatgogga

Kon hulle nie liewer vir die klomp ‘n sirkustent gehuur het nie?

Daniel

Sekere straatname kan sowel in goeie Afrikaans geskryf word wat ons ken, voorbeeeld:
– Nuwelandslaan
– Unielaan
– Prinses Anne-laan
– Setlaarsweg

Maak Afrikaanse taal sterk en onderhou dit. Moenie dit onder Engelse kwaliteit val nie.

Anel

Hoeveel keer wil hulle repiteer en wat gaan dit kos? Met geld wat waar vandaan kom?

Andre

Kyk mense nog na die grap? Om te sit en luister hoe julle president vir ons alweer lieg?
Ek het deter dinge om te doen as om na Cybil se snert te luister!

Alfred E Neuman

Jy kan maar netsowel stilbly en niks sê nie ramaphosa. Niemand gee om nie.