Die pastoor mag nie laat wees nie! sê spoedvraat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 66-jarige man is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn spoedoortreding op die N12 in Alberton in Gauteng.

Die man het glo teen 168km/h in ʼn 120km/h-sone gery.

“Hy het beweer hy het só vinnig gery omdat hy ʼn pastoor moes gaan oplaai, en hy wou nie hê die pastoor moet laat wees vir sy diens nie,” het hoofsupt. Wilfred Kgasago, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.

Die man is omstreeks 07:10 in hegtenis geneem. Hy is na die Alberton-polisiestasie geneem en later op R1 000 borgtog vrygelaat. Die man moet binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VerVanRyn ·

Ja, kom ons oortree die 5de Gebod sodat menslike skedules nagekom kan word.

Johnson ·

Die 5de gebod? “Eer jou vader en jou moeder”?? Dit maak nie sin nie. Bedoel jy dalk die 9de een, “moenie jok nie”??

Cathy Louw ·

Hie hie dit is ‘n lekker verskoning ek moet daai een volgende keer gebruik…ek moet sê spoed was nog altyd vir my ‘n groot lekkerte, maar ek weet mense sal dalk kla en kerm…wees eerlik ons almal ry soms te vinnig en is net gelukkig as ons nie gevang word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.