
Stephen Kangisser was die kompak portret-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016
SANParke het die wenners aangewys in sy jaarlikse fotokompetisie.
Daar was ses kategorieë waaraan die publiek kon deelneem, vir digitale kompak- en DSLR (Digital Single Lens Reflex)-kameras.
Die kategorieë is soos volg:
1. Portret (alle diere en insekte, uitgesluit voëls)
2. Landskappe
3. Plante (blomme en bome)
4. Swart-en-wit (enige voorwerp)
5. Voëls
6. Diere en insekte (alle diere en insekte – dit sluit dierebedrywighede en groepe van diere in)
Die publiek kon tussen 1 April en 30 Junie 2016 hul beste foto’s instuur wat hulle in SANParke geneem het. Foto’s van mak diere (honde, katte, plaasdiere) en gekultiveerde plante (in ʼn kweekhuis) is nie toegelaat nie. Die wenners is op 25 November 2016 aangewys.
Clyde Williams is uiteindelik as die algehele wenner aangewys. Hy wen drie nagte midweek-akkommodasie vir twee volwassenes by enige nasionale park van sy keuse.
Kategoriewenners ontvang elkeen twee nagte midweek-akkommodasie vir twee volwassenes by enige nasionale park van hul keuse.

Clyde Williams was die algehele wenner en DSLR portret-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016

Kathrina Hilgers was die DSLR alle diere en insekte-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016

Pete Leyland was die DSLR swart-en-wit-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016

Cilla Kirkman was die algele kompak wenner en kompak alle diere en insekte-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016

Terry de Ridder was die kompak swart-en-wit-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016

Glynis Higgins was die kompak landskap-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016

Chris van Niekerk was die kompak plante-kategoriewenner in SANParke se jaarlikse fotokompetisie vir 2016
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Wow!!! Pragtige fotos. My medisyne vir die dag!!
Dis amazing mooi foto’s
Sjoe, dis bitter mooi.
Uitstekende foto’s op die regte plek en op die regte tyd/oomblik. Ongelukkig word daar nie aangedui waar die foto’s geneem is behalwe in Sanparke.
Ongelooflike fotos. Sal die fotos van al die inskrywings dalk later in boekvorm beskikbaar wees? Dit sal ‘n pragtige koffietafel boek kan wees