Dié pragnatuurfoto’s wen

SANParke het die wenners aangewys in sy jaarlikse fotokompetisie.

Daar was twee afdelings met vier kategorieë elk waaraan die publiek kon deelneem.

Die vier kategorieë vir DSLR (Digital Single Lens Reflex)-kameras sowel as kompakte kameras en selfone was:

  1. Fauna & Flora
  2. Landskappe
  3. Leefstyl
  4. Fotostories

Robert Hofmeyr is uiteindelik as die algehele wenner aangewys met sy wenfoto in die kategorie leefstyl in die afdeling kompakte kamera/selfoon.

Volgens SANParke ry die wenner van die kompetisie met ʼn 2018 Toyota Landcruiser 76 weg. Die tweede prys is gratis brandstof vir ʼn jaar van Total ter waarde van R24 000. Die derde prys is twee nagte midweekverblyf vir twee volwassenes by enige nasionale park van hul keuse. Die wenners in die onderskeie kategorieë wen elk ʼn brandstofkaart ter waarde van R500, ʼn Wild Card en ʼn geskenkpak van Total.

Hier volg die wenfoto’s:

Algehele wenner: Robert Hofmeyr
Kategoriewenner: Kompak/selfoon – Landskappe

Tweede plek: Kim Marriot
Kategorie: Kompak/selfoon – Landskappe

Derde plek: Micky Wiswedel
Kategoriewenner: DSLR – Fauna & Flora

Kategoriewenner: Andre Victor
Kompak/selfoon – Fauna & Flora

Kategoriewenner: Lauren Tee
Kompak/selfoon – Leefstyl

Kategoriewenner: Terry de Ridder
Kompak/selfoon – Fotostories

Kategoriewenner: Stephan van Wyk
DSLR – Landskappe

Kategoriewenner: Micky Wiswedel
DSLR – Leefstyl

Kategoriewenner: Elize Labuschagne
DSLR – Fotostories

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lollie

PRAGTIG!!! Waar hoor ń mens voor die tyd van foto kompetisies?
Sal self daarvan hou om deel te neem

Avra

Pragtige foto’s. Baie geluk aan almal.

Gesiggie

Die prag van die natuur … ongelooflik, ek is mal oor Kim Marriot se foto… baie geluk aan almal.

Marinda

Pragtig

piper

die meeste fotos is geneem in die droe dele soos namibia, botswana en of kalahari. my gunsteling plekke wat ek gereeld besoek.