SANParke het die wenners aangewys in sy jaarlikse fotokompetisie.
Daar was twee afdelings met vier kategorieë elk waaraan die publiek kon deelneem.
Die vier kategorieë vir DSLR (Digital Single Lens Reflex)-kameras sowel as kompakte kameras en selfone was:
- Fauna & Flora
- Landskappe
- Leefstyl
- Fotostories
Robert Hofmeyr is uiteindelik as die algehele wenner aangewys met sy wenfoto in die kategorie leefstyl in die afdeling kompakte kamera/selfoon.
Volgens SANParke ry die wenner van die kompetisie met ʼn 2018 Toyota Landcruiser 76 weg. Die tweede prys is gratis brandstof vir ʼn jaar van Total ter waarde van R24 000. Die derde prys is twee nagte midweekverblyf vir twee volwassenes by enige nasionale park van hul keuse. Die wenners in die onderskeie kategorieë wen elk ʼn brandstofkaart ter waarde van R500, ʼn Wild Card en ʼn geskenkpak van Total.
Hier volg die wenfoto’s:
PRAGTIG!!! Waar hoor ń mens voor die tyd van foto kompetisies?
Sal self daarvan hou om deel te neem
Pragtige foto’s. Baie geluk aan almal.
Die prag van die natuur … ongelooflik, ek is mal oor Kim Marriot se foto… baie geluk aan almal.
Pragtig
die meeste fotos is geneem in die droe dele soos namibia, botswana en of kalahari. my gunsteling plekke wat ek gereeld besoek.
Pragtige foto’s, maar wat maak jy met ‘n prys nl. R500 petrolkaart??!! Lol!! Jammer dat ek lag, maar ek kani eers my tenk halfvol maak met dai kaart nie.?
Uitdrukking van toeka se jare wat ek lanklaas gehoor het is om ‘n gegewe perd in die bek te kyk. Waarskynlik het dit gedui op ondankbaarheid.
R500 is baie as jy dit nie het nie. Wat het geword van dankbaarheid?
Die fotos is asemrowend mooi. Baie geluk aan al die wenners
Baie mooi foto’s. Wens ek was my almal van die plekke waar dit geneem is. Ek het egter my bedenkinge oor die foto wat met die tweede prys weggeloop het. Die ligstrale weerkaats nie ook in die water soos die res van die goed nie. Dit lyk nogal of dit later ingevoeg is met PhotoShop. Behalwe as iemand ‘n twee son ontdek het waarvan ek nog nie gehoor het nie
Baie mooi foto’s. Sal ook net graag wil weet waar dit geneem is en wanneer. Geluk aan al die wenners
Kyk hoe talentvol is ons mense!