Plase in dié provinsie die gevaarlikste

Argieffoto

Argieffoto

TLU SA het Dinsdag bekend gemaak altesaam 186 plaasaanvalle is reeds vanjaar by dié organisasie aangeteken.

Daar was vanjaar al minstens 39 plaasmoorde. Die statistiek wys ʼn toename in die dieselfde tydperk verlede jaar, toe 131 aanvalle en 27 moorde aangeteken is.

Die aantal plaasmoorde wat sedert 1990 in Suid-Afrika gepleeg is, staan volgens TLU SA se statistiek op 1 824. “In dieselfde tydperk is 3 931 plaasaanvalle opgeteken,” het Henry Geldenhuys, voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee, gesê tydens ʼn oorsig van geweldsmisdade op plase vanaf Januarie 2016 tot Junie 2016.

Van die 1 824 mense wat sedert 1990 vermoor is, was 1 179 van die slagoffers boere, 491 direkte familie, 141 werkers en 22 besoekers.

Tot dusver het die meeste plaasaanvalle en -moorde in Gauteng plaasgevind. Altesaam 39 aanvalle en 14 moorde is in dié provinsie aangeteken. In Noordwes is 33 aanvalle en vier moorde aangeteken, met 30 aanvalle en twee moorde in Limpopo. Mpumalanga het tot dusver 29 plaasaanvalle en vyf moorde gehad. In KwaZulu-Natal is 18 aanvalle en sewe moorde aangeteken. Altesaam 25 aanvalle en drie moorde het in die Vrystaat plaasgevind. In die Noordkaap was daar een aanval en een moord. In die Wes-Kaap was daar nege aanvalle en drie moorde en in die Oos-Kaap slegs twee aanvalle.

Ondanks lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, se aankondig  begin Mei, dat plaasmoorde as ʼn prioriteitsmisdaad hanteer sal word, was dié maand sover die bloedigste in die land, met 39 aanvalle en sewe moorde. In Junie het die aanvalle afgeneem na 25 en die moorde het gestyg tot agt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Koos ·

Nou dat die statistiek bekend is teiken die brandpunte deur privaat sekuriteitswag maatskappye te stig en opleiding en werk te verskaf aan die huidige benadeelde mense wat andersins nie werk het as gevolg van regstellende aksie deur die regering.

Liza ·

Ek bid elke dag dat my ouers, susters en ander familie en vriende op plase beskerm word. Al wat ons kan doen is bid en paraat wees, glo en vertrou.

Johannes ·

En in plaas daarvan dat ons ‘n eie gewapende mag op die been bring om onsself te beskerm teken ons eerder petisies en glo dat ‘n korrupte polisie plaasmoorde gaan prioritiseer…

Hendrik Havenga ·

My voorvaders Kom van Noord Kaap ek dink ek moet terug gaan

Grap ·

Hendrik ek stem Carnarvon of Williston verkieslik laasgenoemde want die het ‘n Mall en jy hoef nie eers saans te sluit nie ek glo nie een huis of besigheid het ‘n alarmstelsel nie.

Cherokee ·

My voorouers kom van Frankryk en miskien is teruggaan ook na wense.

elize ·

Die Noordkaap bly die beste provinsie.ons is paraat.maar nog redelik veilig. Ek weet nerens is dit meer veilig nie.maar dia asof al die mense hier n bietjie meer respek betoon.die een teenoor die ander.ons bid maar net dat dit so sal bly.

Joann ·

En??????? Ons regering doe niks aan die saak nie. Hoe meer blankes sterf hoe meer klap hul hande. Kom Mnr. Die president haal jou vinger uit en doen iets.

Esmay ·

Nee Joann, jy gaan baie lank wag v jou president om sy vinger uit te haal om iets te doen……!!!!!!!

humor ·

Met opgewondenheid is bekend gemaak dat aan plaasmoorde prioriteit verleen is ,en verskillende instansies nou saamwerk, en wat het nou verander??????

Spook ·

Buiten die 39 Boere wat vermoor is, is daar nog n bykomende 109 wit mense vermoor deur die regering sedert Januarie 2016. Dan nie eers te praat van die honderde mislukte poging nie. Dit maak nie saak of dit op n plaas of in die stad is nie bly dit dieselfde modus operandi. KILL THE BOER KILL THE FARMER. DIE OORLOG HET NOG NOOIT VIR DIE ANC/KOMMUNIS OP GEHOU NIE.

Lance ·

Dis n damn skande ….polisie waar is julle …doen julle iets …..dis n groot krisis ! Meer as al die selfmoors bomme van issis saam nog die jaar wat elke 2de aand op my tv wys …Polisie praat en praat en praat ….maar verbeter dit NEEE !

NEL ·

Lees ou sommer so deur die berigte en kommentare, natuurlik oorheers die Oscar debakel met die 6 jaar tronkstraf weer die nuus wat dit aangaan met al die komentare. Nou net was dit al 138 . Plaasmoorde soos die 8 komentare, Wil vir my voorkom af al die boere wat hulle lewens verloor het nie enigsens van belang is nie, maar mense kan kerm oor Oscar wat te lank gestraf is en die ander oor die 6 jaar te min is. Ons moet liewer hande vat en die satan uitroei wat ons boere so uitmoor op die plase.

JC ·

Nel, ek stem saam. Watter belaglikheid. Genoeg om jou naar van te maak!!!

Quin ·

Spook ek kan nie glo hulle plaas jou skrywe nie, want hulle sensor die rook so uit my uit dat ek nie kan se wat ek eintlik wil se nie. Ons sal moet vasbyt want hier le nog rowwe tye voor.

KarooKlong ·

Selfde hier. Moenie humor probeer insit nie. Ek voel saam met jou.

thea ·

Gaan my verstand te bowe. Is al hierdie moordenaars gevang en gevonnis. Nou fokus almal op een moord saak. Die plaasaanvalle en moorde is net statistieke.

Wern ·

Sorg dat julle wapen konstant gereed is, jul goeie opleiding het om dit te gebruik, en wees versigtig heeltyd. Verras aanvallers so dat hulle nie weer sal wil dit doen nie, maak dit moeilik, en bitter hard. Wees baie hard.

JC ·

Ekke stem saam Wern, wees paraat en hard, asseblief tog om hemelsnaam!!
Die geweld gaan nou eers begin posvat veral nadat die Zimbabwes’ gevou het!

KarooKlong ·

Die Oos-Kaap se syfers is absoluut van die waarheid ontbloot. Iewers lieg iemand of iemand probeer statistieke verberg. In een van die kleinste dorpies in die Oos-Kaap is die syfers hoër as die wat aangedui word.

Gawie ·

Ek sou graag wil weet wat hierdie ‘prioritisering’ nou eintlik behels. Gaan laai eder die polisie se R4/R5 gewere (die wat oor is en nog nie gesteel is nie) en ‘n paar kratte ammunisie by elke boer af – dit sal veer meer werd wees.

NEL ·

Gawie kom ry bietjie die N4 tussen Nelspruit en Komatipoort in die nag,. Onder elke boom staan ‘n polisie man en wag vir die nodige Mosambieker om verby te kom sodat hy sy pond botter vir die dag kan kry. Die polisie ry nie meer soos in die ou dae op die plaas paaie rond om patrollies te doen nie.en opsigtelik te wees nie. Wag elke maand dat my swaar verdiende belasting vermors kan word.Hoe wi hulle die moordenaars van die boere van hulle plase afhou.Dis mnne soos Malema en Zuma wat hulle skuldig maak aan haatspraak wat die moorde veroorsaak.Ek vrees om te weet wat gaan gebeur na 3 Augutus .

JC ·

Hou op kla oor die kommandos dit gaan nie help NIKS!!!KEER ONS OM ONS EIE!!PRIVAAT KOMMANDO STELSEL OP DIE BEEN TE BRING NIE. SKRIK NET WAKKER!! MET DIE ZIMBABWES WAT NOU IN PUIN IS GAAN DIT NET ERGER RAAK! EK DRA BY TOT AFRIFORUM EK IS SEKER HUL KAN HULPBRONNE BESKIKBAAR STEL VIR DIE DOEL!!EK IS SEKER HUL HET DIE FINANSIELE VERMOE OM IETS TE DOEN!

JC ·

My hemel mense!! Ons moet ons grense beskerm dis al wat gaan help!! Al moet private partye dan die grense begin patrolleer dis ONS REG. IETS MOET ONS DOEN! WAT HET GEWORD VAN BOER MAAK N PLAN VRA EK JULLE MET TRANE IN MY OE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.