Dié provinsies ervaar tans kragonderbrekings

Argieffoto

Munisipaliteite in drie provinsies ervaar tans kragonderbrekings, ʼn noodmaatreël wat deur Eskom ingestel is weens agterstallige rekeninge.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het aan Maroela Media gesê verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap, Limpopo en Mpumalanga ervaar kragonderbrekings.

Luidens ʼn verklaring op Eskom se webwerf word elektrisiteit tydens piektye – weeksdae 06:00-08:00 en 17:00 tot 19:30 en naweke tussen 08:30 en 11:00 en 15:00 tot 17:30 – afgesny.

In Mpumalanga word die Dipeseng- (Grootvlei, Balfour en Newspring Colleriers), Govan Mbeki- (Secunda, Bethal, Emzinoni en Embalenhle) en Thaba Chweu- (Lydenburg, Sabie en Mashishing) munisipaliteite sedert 9 Oktober geraak.

Phasiwe het gesê slegs die Mkhondo-munisipaliteit in Mpumalanga het ʼn reëling met Eskom getref en daarom word hul elektrisiteit nie afgesny nie. “Hulle het ʼn beduidende bedrag betaal en ons het ʼn reëling met hulle getref.”

In Limpopo word die Thabazimbi-munisipaliteit al vanaf 21 September geraak. In die Noord-Kaap word die Thembelihle- (Hopetown en Strydenburg), Renosterberg- (Van der Kloof, Phillipstown en Petrusville) en die Siyancuma- (Douglas en Griekwastad) munisipaliteite al sedert 18 September geraak. Die munisipaliteite in die Noord-Kaap het glo ʼn reëling met Eskom probeer tref, maar het teen die afgesproke datum steeds nie betaal nie en hul elektrisiteit word sedertdien afgesny.

Volgens Phasiwe het al die munisipaliteite in die Vrystaat hul skuld gedelg nadat die provinsiale regering betyds ingegryp het. Altesaam R783 miljoen is betaal.

Phasiwe het gesê hoewel die Merafong-munisipaliteit (Carltonville, Welverdiend en Fochville) se elektrisiteit geskeduleer is om op 25 Oktober afgeskakel te word, beraadslaag die munisipaliteit tans met Eskom om moontlike planne te beraam.

“Waar ons heel grootste probleem tans lê, is Emalahleni in Mpumalanga. Ons het hulle tot 20 November kans gegee om hul skuld te delg, anders sal kragonderbrekings daar ook toegepas moet word. Hulle skuld ons R1,2 miljard,” het Phasiwe gesê.

Volgens Phasiwe is die  Makana-munisipaliteit (Alicedale, Grahamstad, Riebeek-Oos en Sidbury) vandag gewaarsku: Indien hul skuld nie gedelg word nie, sal hul elektrisiteit teen 8 Desember afgesny word.

Eskom het gesê kragonderbrekings is ʼn laaste uitweg en word slegs ingestel as alle ander opsies gefaal het.

“Ons is sensitief vir die uitwerking wat dit op die ekonomie, plaaslike besighede en die breër publiek gaan hê. Ons het dus die opbou tot hierdie drastiese stappe eers met belanghebbendes en die media bespreek. Ons verstaan ook die invloed wat dit op die publiek gaan hê en daarom fokus ons daarop om onderbrekings in te stel eerder as om die elektrisiteit heeltemal af te sny,” het Phasiwe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wagter ·

As daar nou n laaste nail in the coffin moet wees vir die ANC wat kiesers betref, dan moet dit nou dit wees. As jy nog vir n munisipaliteit kan stem wat dit aan jou doen dan gee ek regtig op met die samelweing in S.A.

Moeg ·

So die verbruiker wat elke maand sy/haar rekening getrou by die munisipaliteit betaal moet nou sonder krag sit omdat die munisipaliteite die geld vir what ever ook al gebruik of “verplaas”. En intussen kry ESKOM se bestuur belaglike salarisverhogings. Lekker man….lekker

Keelvol ·

En Postmasburg se krag is ook af!
Omtrent almal het koop krag…
Swak van munisipaliteite! Dorp gaan net al hoe meer agter uit.

Mike ·

Julle vergeet van Postmasburg wat ook al van 18 September geraak word. Ons koop maar gas stowe en krag opwekkers aan…. Die ding gaan nie gou opgelos word met ‘n bankrot stadsraad wat meer uitgee op salarisse en voertuie as wat hulle inkry nie.

LYDIA ·

met die krag onderbreuking kry die kleintjies nie meer ordenlike kos nie want as Mamma en Pappa van die werk af kom dan is die krag reeds af.

Lynn ·

Ek stem volkome swam met jou. Sou verstaan het as my rekening agterstallig was maar ek het koop krag….

Joan brand ·

Stem 100% saam. Baie vroue was ook soggens voor werk wasgoed en moet saans stryk. En dan praat ek nie eers van die inpak op gastehuise nie. Alles val uitmekaar.

Lynn ·

Sal net wil weet hoekom kan ons nie direk van eskom AF krag loop soos Ander gebiede in Douglas nie. Ons koop krag van munisipaliteit, maar ons sit sonder krag. As die munisipaliteit nie vir eskom betaal nie, skuif ons oor sodat ons direk van eskom AF kan krag koop. Eks nou ook al moeg van so sukkel sonder krag…

Natasha kapp ·

Ek vra ook al lankal hoekom kan ons ni eskom meters kry ni??? Dan kan die munisipaliteite ni die geld misbruik ni! Hul doen in elk geval GEEN instandhouding nu

G ·

Gaan sny die president en al sy onderdane se krag af, dan kyk jul hoe vinnig word die probleme opgelos. Netso ook met staatshospitale en klinieke, vat hul soontoe, laat hul bietjie daar gaan lê.

James ·

Krag word hier in Secunda vanaf 06:00-08:00 afgesit in die oggend en saans weer vanaf 17:00-19:00.Maar van die dorpe soos Evander se krag bly aan hoe verstaan jy dit en ons val onder die selfde munisipaliteit.so g@tvol vir alles.Hulle skuld eskom R536mil.

Riana ·

Die waarnemende munisipale bestuurder het gese Evander het n aparte rekening wat nie so groot en agterstallig is soos die Secunda/Emba rekening nie…

Verkoop X5 ·

Die oplossing is eenvoudig. Verkoop die duur voertuie en begin die salaris van die top amptenare terughou. N MM wat so R2m verdien kan seker deurkom met so R500k. Sien daar is klaar R1.5m
Dan kan die X5’s ook n paar rand inbring

Sanet ·

Dit is die aakligste tye ooit! Wanneer kinders reggekry en gevoed moet word voor skool en wanneer mense huiswaarts keer na werk. Moeg, warm, vuil en honger. Terwyl omtrent almal wat daaronder ly voorafbetaalde krag koop en die persone wat nie die skuld betaal het nie nog steeds in hul luukse wonings bly en luukse voertuie ry. Kan enige iemand verduidelik hoe baat Eskom by hierdie strafmaatreëls?

Yolandi ·

Maar Siyancuma (Dougals en Griekwastad) het R45 miljoen om ‘n kontraktuur te betaal om watermeters (Pre-Paid water) te instaleer. Hoekom het hulle nie Eskom met die geld betaal nie????Ek het voorafbetaalde krag, betaal elke maand my water rekening. Hoekom moet ek gestraf word. Wonder maar net!!!!!!!!!

Pieter ·

Julle mense moet al daardie munisipaliteite dagvaar . Onder julle moet regs geleerdes wees …

Deon ·

Hoekom is die krag na Rainbowvalley nie ook afgesny nie, maar ons in die dorp sn,mos die selfde munisipaliteit?

Boki ·

Ja by ons word ons krag afgesit maar di invormele nedersetting sin bly aan en dit is wa ons burgermeerster bly .. dis mos leke

Poppie ·

En dan is dit ook ni altyd di municipality se skuld ni… ken n hele paar ryk mense wat krag steel !!!! Geen wonder di somme vi eskom werk ni reg uit

jaco ·

ANC-beheerde munisipaliteite se krag word afgesny deur eskom wat n semi-staatsinstansie is waarin die Staat, wat deur die ANC beheer word, die beherende aandeel het. So eintlik sny die ANC die ANC se krag af. Iets maak nie sin nie. Daar moet n makliker manier wees om hierdie probleem op te los.

R ·

Mkhondo se krag was vir meer as 24uur af… tog se dit daar is n reeling. Nog geen defnitiewe rede gekry hoekom dit af was nie.

Daleen ·

ons bly ook in Secunda en het prepaid krag. Wat ek graag wil weet en dink dit is ons reg om te weet waarop is die geld gespandeer in plaas van om Eskom te betaal. Ek hoor nou dat die munisipaliteit onder administrasie is

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons kan nie van Eskom direk krag koop nie want Eskom verkoop krag aan Pretoria en dan moet ons by Pretoria teen ‘n hoer tarief kooop. En moenie dink die voorafbetaalde krag kom skotvry nie. Ons krag word OOK afgesny as die res van die stad sonder krag moet sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.