Dié Pta-strate in September gesluit

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) het ʼn kennisgewing uitgereik om motoriste en besighede in kennis te stel van verskeie paaie wat tydens naweke in September tussen 06:00 en 18:00 gesluit sal wees vir konstruksiewerk aan die snelbusdiens.

Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê dié naweek [9 en 10 September] sal Garsfontein-, Gobe/Aramist- en Glen Manorweg gesluit wees.

“Garsfonteinweg sal tussen Corobaystraat en die Menlyn-winkelsentrum gesluit wees. Gobe/Aramiststraat sal tussen Corobaystraat, die Absa-kantoorblok en Menlyn-winkelsentrum gesluit wees en Glen Manorweg sal tussen New Road en die sirkel gesluit wees,” het Mahamba verduidelik.

Mahamba het spesifiek gemeld toegang tot Ford en ander besighede sal slegs van Loislaan verkry kan word.

Die naweek van 16 en 17 Sept sal Atterburyweg en January Masilelarylaan gesluit wees.

“Atterburyweg sal tussen Loislaan en January Masilelarylaan gesluit wees. January Masilelarylaan sal tussen Atterburyweg en Glenwoodstraat gesluit wees,” het Mahamba gesê.

Mahamba het gesê tydens die naweek van 24 en 25 September sal dieselfde paaie as op 16 en 17 September gesluit wees.

Mahamba het ook bygevoeg padborde sal opgerig word om verkeer te herlei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.