Dié Pta-strate more gesluit weens optog

Argieffoto: Verkeer in Pretoria se middestad

Die Tshwane-metropolisie het ʼn beroep op motoriste gedoen om kennis te neem van ʼn beplande optog wat Dinsdag verkeer in Pretoria erg kan ontwrig.

Snr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê betogers, onder die vaandel van die regering se kommunikasiediens (GCIS) se #100MenMarch, gaan van 08:00 by ʼn oop gedeelte in Schubartpark, naby Kerkplein, begin saamkom.

Die betogers beplan om 10:00 vanaf die hoek van Kgosi Mampuru- en Madibastraat, in Madibastraat reguit te beweeg tot by die Uniegebou. Al die kruisings in Madibastraat tot by die Uniegebou sal tydelik deur die optog geraak word.

Mahamba het gesê die betogers behoort om 14:00 by die Uniegebou uiteen te gaan.

“Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die betoging en strate wat geraak word te monitor. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak,” het Mahamba gesê.

GCIS se #100MenMarch word gehou om teen geweld teen vroue en kinders te betoog. Die betoging word deur verskeie kunstenaars, nieregeringsorganisasies en ander rolspelers ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Sowat 5uur vanmiddag het Zulus by Umgababa brandende buitebande teen ‘n helling afgerol tot in die snelweg tussen die verkeer in.

Lerato ·

As hulle die verkeer tot stilstand bring sal die geweld teen vrouens en kinders ophou.

Anti optog ·

Optogte in die verband is vir die voels. Geen optog hoe groot of deur watter koning bygewoon gaan die geweld teen vroue en kinders stop nie. Dit is ;n opvoedings proses wat reeds in die kleuter jare begin asook ‘n stabiele en veilige omgewing nodig het om te ontwikkel. Kom ons wees eerlik: Kyk hoe gaan dit in die skole om nie eers te praat van die moord en doodslag op burgerlike vlak nie. Nee wat optog is ‘n mors van tyd en my tyd wat nou ‘n ompad moet ry.

JAne ·

Ja ag behalwe dat dit die verkeer ontwrig gebeur absoluut NIKS nie . diegene wat tyres brand en teerpaaie opkap en busse uitbrand kry darem die aandag van die regering of een of ander minister wat met hulle gaan praat .. DIS ‘n absolute GRAP hierdie ‘vreedsame optogte’ .. ons maak ‘n grap van alles .. die regering WIL niks daaraan doen nie .. hulle kyk net na hulleself.

Werkgewer ·

So maw werknemers gaan weer sukkel om by hul werkplek uit te kom. Maak ‘n mens moedeloos dat goeie werkers wat altyd lojaal is hieronder moet ly en dat werkgewers heeltyd vir betogings moet agteroor buig.

Manie ·

Hierdie is verkiesings foefies van die ANC want hulle het alewig n optog of n maand of twee oor die selfde storie. Gebeur dit dan soos onlangs dat hulle eie mense skuldig bevind word aan die gedrag ondersteun hulle die persoon deur nie teen hom op te tree. Hierdie optogte teen geweld is bloot lippe taal en mors van ander mense se tyd

Judge Dredd ·

As Bafana Bafana en die Springbokke meer wen dan sal daar minder geweld teen vroue en kinders wees.

JOKER ·

Ag wat ‘n JOKE< woman and children, as long as it EXCLUDES white women and children on farms? Hulle word nog daagliks vermoor en NIEMAND spraak geen sprook nie .. DAAR sal absoluut niks gebeur nie, soos daar niks met plaasmoorde gebeur nie . as mense nie by buurtwagte aansluit en hulle huise beveilig en met Afriforum saamwerk om 'n plan vir veiligheid uit te werk nie gaan GEEN OPMARS of protesoptog werk nie .. die REGERING voel VERE vir enige vrou en kind en enige misdaad VERAL as dit hulle nie direk raak nie maar die 'vyand' raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.