Dié Pta-woonbuurte dalk sonder water

Argieffoto: Wikimedia

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria steeds Donderdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Noodherstelwerk was veronderstel om Woensdag aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir te begin, maar kon nie voortgaan nie omdat die reservoir te vol was.

Die reservoir is vroeër vandeesweek tydelik afgeskakel om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het egter gesê die watervlak in die reservoir kon nie heeltemal leegloop nie, maar dat die watervlak intussen tot 23% gedaal het.

“Tegnici sal aanhou om die watervlak te monitor en hulle verwag dat dit oornag beduidend sal daal. As alles volgens plan verloop sal dit Donderdagoggend leeg wees en sal herstelwerk van 08:00 tot 16:00 op die pyplyn begin,” het hy gesê.

Die woonbuurte wat geraak gaan word, is Arcadia, Bryntirion, Deerness, Eastcliff, Eastwood, Elandspoort, Lisdoganpark, Prinshof, Rietfontein, Rietondale en Riviera. Die middestad gaan ook geraak word.

Die metro het verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die onbeplande onderbreking veroorsaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

En intussen stroom miljoene liter water al vir DAE weg in die stormwater stelsel langs die R21, net af van Elephant road en R21 T aansluiting in Monumentpark!!!!!! Maar hey: ANC LEGACY! Vernors en verwoes en vergryp al wat n stelsel sisteem of resource is…..geld….tyd….krag…water…LEWENS?

Buitestander ·

Metro het mos onverskonige gevra. Wat moet hulle meer doen?
Sê net sorry en alles is honkie dorrie!

John ·

Krisisbestuur bied ‘n vreeslike lekker inkomste vir privaat-kontrakteurs… die gereelde noodtoestande… want dan ‘pocket’ hulle. Water en krag (wat glo 400% in 10 jaar gestyg het) is onbekostigbaar duur. Die Katse-dam wat ons help finansier het, gaan nou vir dagga-besproeiing ingespan word. Ons infrastuktuur is gehawend en word volgens kundiges nie nagegaan nie. Moet nou maar daagliks gebedjies opse voor ons dit oor brue waag of onder kragmaste deur ry? Kragpale staan windskeef en veiligheidsreelings oor gevaarlike plekke is voor1994 laas herstel. Ons rioelstelsels is ‘n tikkende bom. Drinkwater word besoedel en erge siektes wag op ons swak en verrinneweerde staatshospitale. Niks op aarde bly dieselfde as daar nie aandag aan gegee word nie.

Haan ·

Interessante feit John: daar bestaan in geen Afrika taal n woord vir ‘instandhouding’ nie… Slegs vir ‘regmaak’
Hoop julle verstaan dat hierdie dinge nie plaasvind agv asprisgheid nie, maar as gevolg van blatante onvermoë.

anton ·

John, baie waar wat jy sê!!!
Ergste is, niks van dit, gaan beter word voorentoe nie.

Olga du Plessis ·

Op die Suidkus (Hibberdene tot Port Edward) is daar verskeie huishoudings wat al vir tot 12 dae sonder water is en niemand sprak geen sprook nie. Die plaaslike munisipaliteit (Ugu) maak net leë beloftes. Ons het verskeie ouetehuise en hospitale wat sonder water is. Belangrike mediese prosedures word uitgestel want ons het nie water nie. Maar as daar moontlik aan waterstelsels gewerk gaan word in Pta word dit opskrifte.

AV ·

Wel hulle het vergeet om by te voeg dat Annlin ook sonder water is. Dit sou nogal gehelp het as mens dit gister geweeet het!

Johann ·

Onbevoegdheid op sy beste…ergste. Leef in n Afrika droom wêreld waar als OF ok is of verniet of die blankes en KOLONiaisme se skuld. Weet nie van beplan nie. Weet nie van more of volgende week nie. ANC LEGACY

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.