‘Die rand kan maar val’, sê ANC-jeugligaleier

Collen Maine. Foto: Carla Bernardo/ANA

Collen Maine. Foto: Carla Bernardo/ANA

Collen Maine, die president van die ANC-jeugliga, het Woensdag gesê indien die rand moet verswak sodat die ANC die ekonomie kan beheer, dan is dit maar hoe dit moet wees.

“Ons voel die heeltyd bedreig deur rommelstatus. Ons moet optree. As die rand moet val, dan moet dit val. Wanneer dit weer versterk, moet dit ons wees wat in beheer is,” het hy gesê.

Maine het Woensdag in Durban by ʼn lesing oor ekonomiese vryheid gepraat wat deur die jeugliga gereël is. Maine het die rand “problematies” genoem en gesê die ANC se “grootste probleem is die nasionale tesourie”.

“Die rand is problematies. Gedurende die verkiesing toe daar gesê is die ANC het nie goed gedoen in die metro’s nie, het die rand sterker geword. Hoekom is ons banger vir graderingsagentskappe en geldmarkte as vir die mense van Suid-Afrika,” wou hy weet.

Maine het ook gesê pres. Jacob Zuma was in 2015 gedwing om die aanstelling van Des van Rooyen as minister van finansies terug te trek. Maine het hom direk tot Zuma gewend, wat ook op die verhoog was, en gevra: “Hoekom het jy geswig onder die druk?”

Maine het gesê dit was moeilik om ʼn reguit antwoord te gee op ʼn vraag of die nasionale demokratiese revolusie op die regte pad is. “Ek sê vir mense ja en nee. Ja, want ons het al baie bereik, maar nee, omdat die ANC geïnfiltreer is deur mense in leierskapsposisies wat op ander plekke verantwoording doen.” Maine het gesê Suid-Afrikaners se “geduld is besig om min te raak”.

Hy het gesê die ANC moet ontslae raak van mense wat die “kapitaal beskerm”. “Daar is mense in die ANC-leierskap wat gemaklik geraak het ná 1994. Hulle ry met Duitse motors en het die [ekonomiese] revolusie vertraag. Ons soek ons grond en ons soek ons minerale terug. Ons wil die Reserwebank nasionaliseer,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg slegs jongmense kan suksesvolle revolusies lei. Hy het gekap na ANC-lede wat meen staatsinstansies soos SAL moet geprivatiseer word. “Staatsinstansies moet nie geprivatiseer word nie. Die probleem hier is weer eens die tesourie,” het hy gesê. “Mnr. die president, ons praat oor radikale ekonomiese transformasie, maar met respek, dit bly net by praat.”

Maine het gesê die ANC het nie geveg vir vryheid sodat hulle kospakkies aan armes kan uitdeel nie. “Ek haat kospakkies. Ons mense wil die eienaars wees van die middele van produksie sodat hulle hul eie kos kan maak.”

Hy het ook gesê daar is genoeg geld beskikbaar om gratis tersiêre onderrig vir armes beskikbaar te stel. “Die goewerneur van die Reserwebank is nie daar vir die mense nie. Waar is die voormalige ministers van finansies wat nie meer in die tesourie is nie? Ons grootste probleem is die korrekte departement van finansies. Daardie departement moet getransformeer word.”

Hy het gesê indien die jeug ʼn verskil in die ekonomie teweeg wil bring, moet hulle die leierskap van die ANC “ongemaklik maak”.

“Die lewe is nie maanskyn en rose nie. Ons, die werkloses, haweloses en grondlose jeug, sal op ʼn punt gedwing word om grond te beset en ons sal begin by die wynplase in die Kaap,” het hy gesê.

Ander regeringsamptenare wat na Maine se toespraak geluister het, was Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, Zandile Gumede, die eThekwini-burgemeester en Super Zuma, die provinsiale sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal. Dudu Myeni, die voorsitter van SAL, en Jimmy Manyi, die president van die Progressive Professionals Forum, het ook in die voorste ry na Maine sit en luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Veronica ·

Genade pleks hulle maar liewer stilbly as om hulle onkunde so openbaar te maak. As die slaagsyfer 20% word gaan hulle net nog dommer wees. Om te dink hulle is die toekomstige leiers.

Jaques ·

Sy IK is verseker in konteks met sy lyf, ‘n ronde nulletjie..

Moeggepraat ·

Vra vir Zim wanneer hulle geld eenheid weer gaan versterk….

D ·

Ja/nee. Met graad nul wil hulle die ekonomie beheer. Lagwekkend.

Jan ·

Met Zuma wat die voorbeeld stel en die pad aanwys, sal hulle nog met waterproofs aan ook kans sien om die land te regeer.

pieterdp ·

Die sot wat hom self n president noem, weet nie wat hy praat nie.
Self ry en vlieg hy met vervoer wat van die buite land af kom.
Wat gaan hy maak as die swart volk op sy kop spring van honger.
Geld laat print soos Zim.

John ·

Kan ‘n mens dit oorvertel, soos die antie altyd se, die president en ministers hang aan die lippe van die nat-agter-ore-ANC-Jeugliga se grootbaas; ‘n politieke en finansiele kenner. Hulle het nie ‘n ‘clue’ waar geld vandaan kom nie… nes kinders… ‘n Verrassing wag… onthou daai stormpie van annerdag?

Jenny ·

Hierddie ou het geen benul waarvan hy praat nie. Lyk my hy besef nie dat dit is hoekom Zim in so toestand is nie. Wie se skuld gaan dit wees as daar nie kos is nie, want die kos gaan belaglik duur word. En hulle wil ons land regeer? Hulle kan nie eers ‘n boerdery aan die gang hou nie wat nog van kos invoer met geld wat geen waarde het nie, want dit is wat gaan gebeur as die droogte aanhou.

Simon ·

My heel eerste reaksie toe ek van Colleen Main se opmerkings gehoor het is, dat deur sy uit sprake hy hom skuldig gemaak het aan n rits oortreding teen die veiligheid van die staat.
Ek dink hier aan sedisie, aanhitsing tot geweld, tot muitery, tot ekonomiese sabotasie en effektief landsverraad.
Die kerel besef klaarblyklik nie met watter plofbare vure hy speel nie. Dit gaan hom verseker seer maak vorentoe.

Tong innie kies ·

Maak nie saak hoe groot hamer jy gebruik nie.Jy kan nie “Common sense” in n stupid mens se kop in slaan nie!

Mossie ·

Hierdie stellings getuig van sy absolute onkunde.Jy kan egter niks meer verwag nie.Ek is seker laerskoolkinders weet meer van die ekonomie as hy.

JJ ·

Special kind of stupid. Kan sien hy het nog nie ‘n dag laat verbygaan sonder 3 maaltye. Ander mense moet baie hard werk en elke sent omdraai. Ek wonder of hy weet hoe duur oa. petrol is en die waarde van basiese kos in ‘n mandjie. Dis Desember en nie April nie

ZORO ·

Leë vat hou toe jou krane dan sal jy as n volle aan gesien word

Verwonderd ·

Ja nee kyk… Hierdie man en sy makkers is glad nie naby die broodlyn nie. Ek sal graag weer van hom hoor as sy onkunde vir HOM ‘n realiteit word, sal maar vining daardie groot beld van hom moet verstel en die realiteit van ‘n leë koskas moet bewonder. Hoe kan ‘n mens dink, as jy nie werk nie, dat jy wel sal eet?

Hennie Terblanche ·

Dis wonderlik om te weet dat die ANC jeug leierskap absoluut niks weet van die ekonomie nie, dit maak dit net soveel makliker vir die grootmense om die skip te stuur.
Weereens ń bewys, leë blikke maak die meeste geraas, of hoe sê ek Julius?

Danie ·

As sy ekonomie nie werk nie en die rand geen waarde het nie en kos nie daar is nie gaan hy maar net agteroor sit en apartheid blameer

Jan ·

Die ANC regering is nie meer ‘n grap nie, sy jeugliga se kaptein wat met sy uitsprake Julius probeer oortref, sê net wat hy wil, is nie ‘n grap nie, dis geen grap om die mense meer te probeer te verstaan en uitwerk wat hulle laat ‘tiek’ nie. Zuma is vir jare al nie ‘n grap nie. Die land is nie ‘n grap nie, dit het in ‘n tragedie ontaard.

Ai Ai ·

Ai Ai Ai, Ek het darem mar nou n lekker lag weg vir die man. Is hy n komediant of iets. Ek wonder of hulle besef dat die wynboere nie net hulle plase gaan opgee nie en jy kani net n ou se eiendom opeien as jou eie nie. Anders het ek reeds Nkandla opgeeien na sy opknappings. En die mannetjie se hy is n Jeugliga leier, Shame hy het ook seker ner Gr2

Jakobus ·

As ek ‘n swart mens was, sou ek eerder verkies dat iemand my ‘n swart persoon noem as wat hulle dit aan my toedig wat die mense hier bo skryf, dit sou vir my ‘n belediging tot in my siel in wees wat selfs my menswees sal aantas dat hulle so van my dink.

pieter ·

Kan beslis ni wiskunde doen nie ,wil die armes nog armer maak regte zim mannetjie

Jef ·

O dan wil hulle sommer ook die grond beset in die Kaap die wynplase, verstaan hulle dan nie dat SA wyne onder die beste wyne tel in die wereld nie, die uitvoer daarvan verskaf SA n goeie inkomste.
Al die toeriste binne en buiteland kan dan ook nie meer die wereld bekende wynroete doen nie want dit word alles beset en dan gevat. inkomste vir SA nul.

Kobus ·

Ek moet se (sarkasties ) hy is n genius !! Geseende kersfees, mag zuma en Sy gespuis in die nuwe jaar val, hou aan bid !!

BOBBEJAAN ·

Dimitri Tsafendas waas jy my ou maat hies baie werk vir jou

E.K. ·

Dis die tipe kommentaar wat mens van ‘n mentally challenged persoon kan verwag. Miskien moet hy eers by Weight Watchers aanklop? MM kalm bly – dis net ‘n vraag hier word erger goed gesê so moenie weer lukraak verwyder nie – soos jul baie keer doen nie!

vytjie ·

Al die kommentaar hierbo. Bid die direkte woorde vir daardie jongman se val en VERNIETIGING. Dit is buite GOD se orde dat iemand GEEN respek het vir ander!!!.

Jan ·

As ek so aanmekaar beproef en uitgedaag word in die land, dan dank ek die Vader dat hy Jesus gestuur het om vir my sondes, ook denke, te boet.

Jacques ·

In die groot genepoel is daar n diepkant, vlakkant en strand. Hy kom verseker van bo die hoogwatermerk.

wilma ·

Ai die arme mens. Wanneer kos skaars is in SA sal die arme drommel seke in zim gan kos soek. Hahaha. Want hy moet sy humpty dumpty lyf so kan hOu.

Kaspaas ·

Ek weer nie sy opmerking is te vergesog nie. As die rand val ly dit tot werks verliese waar baie blankes afgelee word. As gevolg van EE kan hulle nie weer aangestel word nie. Nie wittes word ook afgele maar hulle vind gou weer ander werk.

Ouman ·

Die Reserwebank en Tesourie moet verdedig word teen sulke aanvalle. Maar nie een van die 2 instansies maak ‘n geluid nie en dit laat mens wonder.

Deon ·

Maroela…..se gou vir my….as ek n lelike woordjie tik verdwyn my kommentaar…..hoe in die wereld kan julle die tjol wat die knaap kwytraak plaas???

En dink ook net……die knaap wil die rand BEHEER nogal…..verstom
my….heeltemal….my woorde is op……
Die vlak van die rand word seker aan sy IK gekoppel…..

jaco ·

Kry tog net klaar met julle nationale demokratiese rewolusie. Dis 22 jaar later en die ANC leiers swem almal in die geld terwyl hulle ondersteuners en rasgenote verarm. Lenin, Stalin, Mao en selfs Castro se rewolusies was almal baie vinniger en meer effektief. Lenin het ook nooit n Nkandla-tipe paleis met staatsgeld gebou nie.

al ·

Inderdaad n komediant! Wil hy nou n julius wannabe-be wees deur zuma se skoothondjie te wees? Shame verby pateties. Tussen die threesome sal hul SA tot in grond regeer soos hul maatjie mugabe wat mense laat krepeer van honger en hoe werkloosheidsyfer. Die lagwekkendste is dat mugabe nie meerdie blankes kan kritiseer vir die gemors in sy land nie.

piper ·

wat is in afrika vervolmaak. net armoede, oorbevolking, en korupsie

Joe joubert ·

Ai VAT nee nee nie so maklik kom tot die werklikheid pel !!!!

Oom Kalahari ·

Sjoe Collen Maine………..jy is die President van ANC jeugliga en dit is jou slimste redenasie. Watter slim pilletjies drink jy saam die groot-oom (No1) dat jul sulke goeie denkwyses kan openbaar. gee ons afhanklike grond met eie leier, ontwikkeling en die ekonomie is al julle s’n Mnr Maine. Ek het jou waarlik lekker gelag vir al die grapjas Didi stellings, maar nou-ja as dit die toekoms van sogenaamde jeug is, dan moet mens maar die 20% x05 bekommernisse hê.

Pierre ·

Wise men talk because they have something to say. Fool talk decause they have to say something.

Frans ·

Wys jou hy weti eers wat sy oom Megabe doen nie en wat da aangan nie oompi Megabe was net so slim en nou is 80% sonder werk in sim sumpi land

langjan ·

Ek stem 100% saam met die man!!!Laat die rand val broer!!!hy moet sommer goed val!!!!Dis die beste idee wat ek in jare gehoor het!!!!

Koos ·

Some people don’t understand the world!!!!hahaha. Dit is maar sleg as jy dom, dommer, domste is.

bekommerd ·

Wat my die bekommerdste maak is nie die lae vlakke van begrip van hoe die ekonomie werk nie maar die vlak van begrip van die mense wat die soort leiers kies en ondersteun. SA is in ‘n baie groter krisis as mense besef. Ons bly glad nie in ‘n demokrasie nie want 1 Ons regering is nie deur mense gekies wat ‘n sekere vlak van begrip het nie 2 Ons finansier tradisionele leiers wat stemme werf wat self ook nie demokraties verkies word nie 3 Die arme blankes boet sedert 1994 daarvoor hoekom ? want hulle dra proporsieel die meeste belasting by tot die finansiering van die sirkus , en nog steeds word hulle verder belas deur BEE 4 Wanneer gaan die samelewing besef die radikale leiers maak uitsprake soos die om aanklank te find by ‘n sekere groep mense (maak jou eie afleidings) Draai die finansiering toe van die sirkus dan sal mense spronge van benoude katte sien

John ·

Wat mens banger maak is dat die opperhoof van SA saamstem en skynbaar nie omgee wat van die land gaan word as hy die mat onder die ekonomie se voete uitruk nie… Of is sy bankrekening so vol dat hy nie oor more hoef te bekommer nie? Castro se uitgediende kommunisme hou van vooraf weer ‘n vreemde bekoring in vir die ANC-alliansie.

barend ·

waar is al die ja stemmers ,die mense wat gelag het vir Mr Jaap Marais ,waar is die NP .ons pensioene gaan niks werd wees nie

snoefie ·

was sy gehoor dan nou nie ooglopend in Lyn met die mentaliteit van sy toespraak of dan lesing nie? nawwa wan nogal op die verhoog. ek wonder wat gaan van die kaapse wynplase word wanneer die kelders leeg word.

mari antoinnette ·

die gehoor is kenmerkend aan die mentaliteit van die lesing.

mari antoinnette ·

wat gaan van due kaapse wynplase word wanneer die wyn in die kelders klaar is?

BuzzBull ·

Ons moet die stem krag verander dat mense bo n IK van tenminste 70 mag stem vir die land se regering en leidende party, dat ons nie hoef te sukkel met onnoseles wat te maklik beivloed kan word nie.

Adam Boshoff ·

Oros Oros….plaas n wag voor jou mond want jy maak jou naam rerig gat en mense sien en hoor hoe stupid is jy

Ruby ·

Ja Collen, hoe erg kan dit nou raak, ons kan mos net nog geld print!

Connie ·

Die armes nog armer maak. Daar is nie pille vir domgeit nie.

vonnie ·

Kan die mense nie leer uit die voorige verkiesing nie. Nie almal val meer vir ras polotiek speletjies nie.

sarie van heerden ·

Suid-Afrika het beslis die domste spul siele aan bewind wat jy kan saamkry. Het nie een van hul al agtergekom dat die hele wereld met ons spot en vir ons lag nie. Hierdie land is “beyond hope” en net ‘n wonderwerk sal ons kan red.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.