“Die Rok” ingespan teen huishoudelike geweld

“Die Rok” is terug, maar dié keer as deel van ʼn kragtige bewusmakingsveldtog teen huishoudelike geweld.

“Die Rok” het vir ʼn ontploffing gesorg op sosiale media aangesien party mense dit as blou en swart gesien het terwyl ander dit as wit en goud gesien het.

Die Suid-Afrikaanse Heilsleër (Salvation Army) het “Die Rok” nou egter ingespan om bewusmaking te kweek oor huishoudelike geweld. “Waarom is dit so moeilik om swart en blou te sien?” lees die advertensie. “Die enigste illusie is as jy dink dit was haar keuse. Een uit elke ses vroue is die slagoffer van mishandeling. Stop geweld teen vroue.”

rok-geweld-salvation-army

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Fantastiese en slim gebruik van DIE ROK! Ek hoop dit versprei oral op sosiale media en maak mense oor en oor bewus van hierdie aaklige dade teen vroue. Vroue: Staan op! Moenie dat hierdie met julle gebeur nie. Soek hulp – daar is ALTYD iemand/organisasies wat sal help. DOEN DIT. En die wat bewus is van sulke gevalle HELP die slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.