Dié SA bank hou kliënte meeste tevrede

bankkaart-banke-transaksie

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

2019 kan ’n waterskeidingsjaar wees in die bankbedryf: Daar is toenemend strawwe mededinging tussen tradisionele banke en nuwe rolspelers soos Discovery Bank, Bank Zero en TymeBank gaan Suid-Afrika se groot ses handelsbanke – Capitec, FNB, Nedbank, Absa, Standard Bank en African Bank – op hul tone hou.

Die jongste SA-csi-verslag (kliëntetevredenheidsindeks) oor bankprodukte dui aan Capitec se kliënte troon weer uit as die kliënte met die hoogste vlak van tevredenheid met hul bank se diens. Kliëntetevredenheid het effens gedaal van die vorige telling in 2018, maar is steeds vir die sesde agtereenvolgende jaar die beste.

Capitec word gevolg deur FNB, ook ’n voorloper, en dan deur Nedbank en African Bank wat as “op standaard” met die bedryfgemiddeld vir 2018 beskryf word. Absa en Standard Bank volg in ’n kategorie wat hulle net onder die gemiddeld plaas.

Consulta se bevindings in die 2018 SA-csi-verslag dui daarop dat die diens wat kliënte ontvang in ’n hoogs mededingende omgewing die deurslag gaan gee oor hoeveel markaandeel aan nuwe toetreders afgestaan gaan word.

Die SA-csi is die grootste en omvattendste opname van sy soort vir die bankbedryf en meer as 15 000 kliënte in die laer-, middel en boonste segmente is oor hulle bankervarings uitgevra.

Die navorsing het bevind Capitec se kliënte is oor die algemeen hoogs tevrede. “Die Capitec-belofte van eenvoudige, maklike en bekostigbare bankdienste word sterk gesteun deur sy vermoë om met sy handelswyse, mense en stelsels ’n diens te lewer,” het die navorsing aangedui.

Capitec is ook die onbetwiste leier wat betref die waarde wat kliënte glo hulle by ’n bank kry. Absa is tweede in dié kategorie.

Luidens die navorsing beteken dit nie Capitec se bankkoste is noodwendig die laagste nie – ander banke het ook met soortgelyke kostestrukture vorendag gekom – dit beteken wél Capitec spaar kliënte koste danksy verminderde administratiewe rompslomp, minder dokumentasie, meer spoed, doeltreffendheid en gerief. Kliënte beskou dít as goeie waarde. Volgens die navorsing word African Bank om dié redes ook beskou as ’n bank wat goeie waarde vir geld bied. Nedbank het die grootste vordering op dié gebied getoon.

Die navorsing dui verder daarop dat Capitec ook die laagste klagtesyfer (10%) het, wat in ooreenstemming met internasionale standaarde is. Die bank los klagte ook suksesvol op, wat sy eenvoudige en doeltreffende werkswyse weerspieël. Al die ander groot banke se klagtesyfers is vér bo die internasionale standaard. Die redes vir klagtes handel boonop dikwels oor eenvoudige banksake soos rekeningnavrae, debietorders en betalings, of kaartnavrae.

FNB het ’n styging van 4% in klagtes gehad sedert die vorige jaar. Navorsers sê hoewel FNB homself geposisioneer het as digitale bank, het sy stelsels nie met die skuif bygehou om die oorskakeling vir kliënte te vergemaklik nie.

Absa, Nedbank en Standard Bank het uitgeblink in vanjaar se indeks oor kliënte se lojaliteit, maar Capitec is die bank wie se kliënte die handelsmerk die meeste aan ander voorstel.

Capitec word bestempel as die bankleier wat betref kliëntetevredenheid, gevolg deur FNB. Nedbank en Standard Bank het albei goeie vordering getoon danksy beduidende beleggings in infrastruktuur. Ná jare van agteruitgang het Absa goeie vordering getoon met sy “Africanacity”-veldtog, dui die navorsing aan.

Volgens die verslag is een uit elke vier kliënte reg om na ’n ander bank oor te loop en navorsers sê dit behoort ’n groot bron van kommer vir gevestigde banke te wees.

Prof. André Schreuder, stigter van SA-csi, het gesê die navorsing wys die groot banke is nie so gefokus op kliënte as wat hulle self wil glo nie en dat hulle vinniger kliënte kan verloor as wat aanvanklik gedink is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Sak ·

Stem. Nou al 3 jaar by Capitec. Nie een dag se problem ervaar nie.

Pote ·

Nedbank “op standaard” what a joke!! Betaal R450pm vir privaat bankier, en wag nou al 3weke vir n antwoord, laas jaar meer as n maand gewag op bedrog op rekeninge. Kry beter diens by FNB al is ek nie n privaat klient by hul nie.

Tino ·

Net jy het die krag om hierdie te verander en dit summier te kanseleer en te skuif. Suksesvolle mense voeruit!

marous ·

vbs bank ( VIVA! Spaarplan )is die beste bank in die wereld !

Koos de Meyer. ·

Ek is ‘n Capitec kliënt, by enigeen van die takke is hulle altyd vriendelik, behulpsaam en hulle bankkoste vir my die goedkoopste as pensioenaris.

Anoniem ·

Ek het ook al gehoor dat Capitec so goed doen. By Nedbank Clearwater bedank die mense by die dag! In ‘n land soos SA waar mense vir werk smeek, is ek absoluut geskok om te sien dat die mense wat by hierdie bank bedank, daarna uitsien vir hulle laaste werk dag. Daar’s groot fout by Nedbank!

Arsène Lupin ·

Ek het self ‘n rekening by Capitec – en ja, die personeel binne-in die bank is altyd vriendelik, en behulpsaam. Ek vind met Capitec dat daar nie orals OTM masjiene isnie, en waar daar gewoonlik 2xmasjiene langsmekaar by winkelsentrums is, is daar maar altyd ‘n masjien buitewerking.
Ek reken ook dat 2 masjiene ooknie altyd genoeg isnie – elle lange toue word gestaan in die gange by winkelsentrums.

Francois Le Cochon ·

As jy baie Capitec OTM’s wil sien, gaan na Ceres. 11 Net in die hoofstraat oor ‘n afstand van ‘n paar honderd meter . Op ‘n Saterdag oggend toue van ongeveer 200 mense (plaaswerkers) konstant by elke Capitec OTM. Dit is ook ‘n bewys dat boere dorpe aan die lewe hou.

Vra net ·

Ek weet nie hoe die peiling gedoen word nie, maar FNB is baie gelukkig om so hoog aangeskryf te word. Die diens wat ek van hul hier op die platteland kry, is swak verby. Om nie te praat van die traak- my- nie- agtige houding as jy kla nie!!!

Ronel Nortje ·

Ja nee kyk, Capitic is verseker die beste. Jy kry nog by hulle persoonlike diens en nog elke keer wat ek daar was was die mense so vriendelik en behulpsaam, jy is amper jammer as jy klaar is. Hulle diens is regtig stunning. Sal hulle aanbeveel vir enigeen. Ek was al klient by FNB en Standard Bank en moet se FNB was fantasties maar deesdae kan jy nie eers meer ‘n telefoonoproep na ‘n tak maak nie. Dit het my onlangs amper ‘n uur gevat om die plaaslike tak te probeer bel net om ‘n epos adres te kry vir dokumente wat ek wou stuur. Dit is uiters pateties!

Willie van Heerden ·

Hierdie plaas Ek met graagte. Moes net gister met 3 van van die groot banke werk en ja ek plaas hulle van die slegste tot die hopelooste.
1, Absa kon my die vinnigeste help vir ‘n slag, maar het nie genoeg personeel nie.
2. Standard Bank was dit weerens ‘n gemors het halfpad deur my navrae liewer geloop.
3. Nedbank dink nie hulle funsioneer enige sins nie, het ook maar geloop anders het ek vandag nog daar gestaan.

Dan het ek vandag met Capitec gewerk. Mense dit was 5 minute en alles is gereel deur ‘n persoon wat my wou help, vriendelike en het die kennis gehad.

GRIET ·

BAIE tevrede en baie gelukkig steeds by CAPITEC afg 6 jaar ???

Naas ·

FNB is pateties. Later vanjaar as ek ‘n groot transaksie gedoen het groet ek hulle. Capitec, hier kom ek.

Lina Smit ·

Ek is by Enb, en het nog nie klagtes sover nie. Ek en my kinders was by capitec, maar die spoed waarteen hul ons geld uitgeleen het aan mense wat dit baie waarskynlik nie sal kan terugbetaal nie het ons baie bekommerd gemaak. Ons is nie spyt ons is daar weg nie

Asjas ·

Oor Capitec toe in 2007, was net eerkeer ongelukkig toe my kaart gekloon was. Hulle het baklei maar ek het harder baklei toe betaal hulle binne 24 uur.
Dis seker die enigste Bank wat jy ‘n tak sien en dink “Ek gaan sommer gou in en uit skiet …” In die verlede het Bank toe gaan soos ‘n berg voor my gele, afgestel, uitgestel en dan moet jy ook ‘n hele dag se verlof gevat het.

Sandy ·

Het dit nog al die tyd geweet. Capitec is ‘n bobaas bank. Vra my. Ek was al by ‘n paar banke, en ‘n mens se geld verdwyn soos mis voor die son met bank kostes ens. Dit is ‘n gatslag vir mense wat net ‘n salaris verdien. Capitec is what you see is what you get. En dis maklik om te verstaan. Doen so voort Capitec.

Mark Condor ·

Capitec: As hulle besluit om besigsheids rekeninge oop te maak is ek voor in die ry! Baie goeie bank en vriendelike diens. By ons is FNB met ń klomp hokkies maar daar is net een beskikbaar. Maar ons bank koste betaal maar vir spasie wat nie gebruik word nie. Gebruik maar die leë spasie en maak sjebeens oop!

Bietjie baie ·

As mens tevrede is met jou bank dan sê jy so. Maar as jy ontevrede is met ABSA se diens het jy beslis n rede.
Ons het die 16 e September 2018 in ABSA Langeberg mall Hartenbos Mosselbaai aansoek gedoen vir n Supplementere Kredietkaart wat ek kan gebruik op my man se ABSA Kredietkaart. Ek was al 8 X terug na ABSA toe en ek wag nog steeds. Die Bank Bestuurder het my NIE gehelp nie, want sy het my letterlik net probeer “tevrede” stel deur te sê sy kan op die stelsel sien dit is uitgereik. Die Konsultant het binne 6 minute daarna weer probeer om n aansoek in te sit vir n kaart. ABSA het Patetiese Bank Bestuurders. Ek was nou-al so baie daar oor dieselfde probleem dat die Bankbestuurder behoort te weet wie skryf die boodskap. Dame, ek was ook in Bestuur, jy moes lankal hierdie probleem by jou konsultant gevat het en dit self hanteer het. Jy het my meer teleurgestel as wat ABSA bank doen.

Marie de klerk ·

Baie tevrede klient van CAPITEC was klient van Standard bank…maar het al ons goed geskuif na vele klagtes wat niks aan gedoen was nie . Rekeninge gesluit en geen navrae hoekom???? Dit lyk of hulle nie eers bekommerd is as daar kliente loop nie!!!!!!!

Marie de klerk ·

Baie tevrede klient van CAPITEC was klient van Standard bank…maar het al ons goed geskuif na vele klagtes wat niks aan gedoen was nie . Rekeninge gesluit en geen nabvrae hoekom???? Dit lyk of hulle nie eers bekommerd is as daar kliente loop nie!!!!!!!

Piet ·

Ek was 9 jaar by Capitec maar nou verander want Capitec nie meer mense verhouding nie. Jy kan nie met iemand praat en hul verduidelik nie. Hul attitude net “ but the system do not allow “ No thanks stel nie meer belang om met die rekenaar te sit en redeneer nie.

Kosie Kramer ·

Ek wou `n rekening by Capitec in The Glen oopmaak; hulle het geweier, gesê ek is te arm. Ernstig! Ek is toe FNB toe.

Verlede jaar het ek begin om my oorlede broer se boedel af te handel. Ek het vir meer as `n maand `n miljoen rand in my rekening gehad, en nie een sent rente verdien nie. Toe ek die tak gaan sien, sê hulle dis omdat ek `n “armmansrekening” (Easy Account) het. Hulle betaal nie rente nie, ek moet `n afsonderlike spaarrekening skep. En, selfs al sou ek daardie miljoen spandeer (I wish), sou ek geen eBucks ontvang nie. Die reëls vir eBucks is diskriminerend (teen armes), en glad nie `n beloningsprogram soos bv Pick n Pay se Smartshopper nie.

jaco ·

100% regstellende aksie en BEE bank, maar die hoof uitvoerende beampte is n wit afrikaanse man…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.