Soorte resepte:

Dié SA-brannas die beste ter wêreld

Klipdrift Premium

Klipdrift Premium

Die World Brandy Awards het ʼn Suid-Afrikaanse brandewyn as die beste ter wêreld vir 2016 bekroon.

Klipdrift Premium spog nou amptelik met die 2016-titel as die wêreld se beste brandewyn, het Genius Mnywabe, Klipdrift se bemarkingsbestuurder, Donderdag gesê.

Die beoordelaars van dié gesogte toekenning beskryf Klipdrift Premium as ʼn brandewyn met “geure van melksjokolade, sponskoek en karamel”, ʼn “sagte houtagtige” smaak met ʼn “soet, vrugtige” afronding.

Klipdrift, wat gesetel is in Robertson in die Wes-Kaap, maak drie soorte brandewyn. Dit behels Klipdrift Export, Premium en Gold.

Hierdie toekenning is net die jongste in ʼn string internasionale toekennings wat dié handelsmerk die afgelope jaar gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johann ·

Nog altyd geweet ek drink net die beste, nou het die res van die wereld dit ook uitgevind.

DPJ ·

Met so baie smake sal ek nie weet wat se drank dit is nie.
Geniet maar al die smake.
Ek hou Gin wat suiwer is.

Dirk ·

Ja. Ek stem vir Gin. Suiwer sonder water of ys, nadat bottel 1 dag in vrieskas gelê het. Sip dan soos n liquer. Net n bietjie. Jummy!

Hennie de Beer ·

Dit klink asof die talentvolle persoon wat al die eksotiese geure geidentifiseer miskien al klaar `n klippie of drie agter die blad gehad het.

Lindie Lourens ·

Bespeur ek ‘n tikkie jaloesie of “ek gun niemand iets nie”?
Baie geluk, Klipdrift! Robertson! Wes-Kaap!

humor ·

Julle ou klomp gereelde fynproeers en deurweekte kenners. Dankie vir jul humor

Griki ·

My maggies, en daar het ek gedink dis die geur van (‘n goeie) brandewyn! Hartlik geluk, Klipdrift. (Stuur asb vir Moody’s ‘n afskrif van hierdie artikel met ‘n foto van die toekenning.) Jip, SA kan nie ondergekry word nie.

Liza ·

Well done! Besoek gerus die Klipdrift kelders in Robertson, BAAAIIEEE lekker! Baie geluk!

Kaspaas ·

Brandewyn is nie vir my dankie maar as jy ooit in Robertson is, is n besoek aan Klipdrift n moet regtig ongelooflikke ondervinding.

Hettiebriekenie ·

Ek is nie ‘n ou wat drink vir die smaak nie. Werk die goed darem?

Alex ·

n Gewoonte, n leefstyl, n ervaring, n reis as hy skoonkom op ys. Betower, verwonder, ge – eik as so so vir hom in die glasie kyk. Vat hom, jy vat nou vir hom, vat hom – Skoon. Hy laat jou drome droom, jy praat dan sonder om te skroom. Die waarheid , wragtig die waarheid. Vra my vrou. Eish.

Willie Schutte ·

Hartlik geluk met hierdié toekenning, dit wil gedoen wees!
Desnieteenstaande woelige- en moeilike omstandighede wat ons landbou- en veeboere moet trotseer in hierdié moeilike tye…
Wees verseker dat daar altyd mense “daarbuite” sal wees wat julle harde handewerk- en vermoëns waardeer, maar óók julle opdra aan Onse Hemelse Vader wat beskikker is van ons-lewens-en-ons-lot!

Willie ·

Dit het nie net ń smakie of verskeie geure nie, maar is ook ń uitstekende verwyderaar. Dit verwyder vlekke van klere, dit verwyderaar jou goeie denke, dit verwyder jou kar en meubels. Dit verwyder jou van jou vrou en kinders. Dit verwyder jou van jou werk, en self respek. Ja , en op die end verwyder dit jou ook van jouself. ?

Willie Schutte ·

Willie, ek stem volmondig saam met jou oor die positiewe sowel as die negatiewe…!
Soos meeste van dit wat met “dié goed” in die lewe gaan, moet daar altyd matigheid-voor-oë-wees en is één-tót-klippies-brandewyn nie sleg per geleentheid nie.

Paul dB ·

Willie,
Brandewyn kan nie iets doen nie. Dis ‘n dooie ding! ‘n Wapen wat net daar staan, kan niemand iets aan doen nie, en gif wat veilig gebêre is het nie die mad om dood te maak nie! Net so is die Brandewyn in die hande van die verbruiker!! Moet nie die dooie goed beskuldig vir die swakhede van die verbruiker nie! Daar is potensieel goed en sleg in bykans alles om ons. Meer mense sterf in motors as met enige iets anders! Tog redeneer ons die motor nie as iets wat sleg is nie?! So, hoekom nou die Brandewyn sleg maak as dit die gebruiker is wat eintlik die sleg doen?

Pappa Beer ·

Ai tog willie, ek drink al donkie jare lank Klipdrift, ek het nog nooit enige van my besittings daardeur verloor nie, ek het nog nooit n werk daardeur verloor nie en ek het nog nooit ooit my huwelik in gedrang gebring daardeur nie. Kom die naweek na my huis toe dan sit ons n vleisie op die vuur en dan skink ek vir jou n dubbeltjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.