Dié SA stede huisves Afrika se rykstes

krediet-kredietkaarte-geld-bank

Johannesburg bly die stad met die meeste rykes en spog met ’n algehele welvaart van $226 miljard. (Foto: Stevepb/pixabay)

Suid-Afrika huisves steeds twee keer soveel miljoenêrs as enige ander Afrikaland ondanks die feit dat die land se algehele welvaart oor die afgelope dekade met 25% (in dollarterme) afgeneem het.

Dié rykes woon hoofsaaklik in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Umhlanga.

Dít blyk uit die jongste welwaartverslag van die navorsingsgroep New World Wealth (NWW) en Afrasia Bank wat vandeesmaand uitgereik is.

Suid-Afrika het teen die einde van 2020 oor ’n algehele welvaart van $604 miljard beskik, die meeste in Afrika.

Die land het vyf miljardêrs wat onderskeidelik in die Wes-Kaap en Johannesburg gesetel is. Egipte is net-net die voorloper met ses miljardêrs in dié land.

Die verslag skryf die afname in Suid-Afrika se welvaart onder meer toe aan die emigrasie van superrykes na hoofsaaklik Australië, die Verenigde Koninkryk en die VSA.

Ander oorsake sluit in ’n steierende eiendomsmark waar huise van meer as R10 miljoen moeilik verkoop word.

Verder het die JSE se indeks vir algehele welvaart met 12% in dollarterme gedaal.

Talle klein- en mediumgrootte ondernemings het ook intussen hulle deure gesluit.

Johannesburg bly die stad met die meeste rykes en spog met ’n algehele welvaart van $226 miljard. Die meeste van die Goudstad se rykes woon in die voorstad Sandton.

Inwoners van Kaapstad se welwaart beloop saam $123 miljard en Durban en Umhlanga $55 miljard. Paarl, Franschhoek en Stellenbosch volg met ’n algehele welvaart van $47miljard en Pretoria $42 miljard.

Daar word ’n groei van 20% in dollarterme oor die volgende 10 jaar vir Suid-Afrika voorspel.

Tesame met Suid-Afrika is Egipte, Nigerië, Kenia en Marokko verantwoordelik vir meer as 50% van die algehele welvaart in Afrika.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Wonder hoeveel van hierdie rykes het hul welvaart op ‘n eerlike manier verdien. Die korrupsie in die land is om van naar te word, terwyl die land agteruitgaan.

Cornel ·

Wie is ryk as gevolg vam werk en wie is ryk agv staatskaping? Daar is ‘n defnitiewe verskil

Tiptol ·

Ryk mense wat gewerk het en nie tenders onwettig gekry het nie. Daar is ook baie rykes in SA wat geen belasting betaal nie. Taxis se inkomste kan glad nie bepaal word nie.

twaalfboor ·

Daar is baie meer miljadêrs in SA, hulle is nog net nie gevang nie.

Nie Verbaas ·

En mens wonder hoeveel van hulle is kaders met gesteelde belastingbetaler se geld.

Cherokee ·

Moet nie jaloers wees nie!
Entrepeneurs wat nie karre met 2 of 4 passasiesr skaak nie, maar ‘n hele land met 60 miljoen passasiers, word nie onder elke bossie uitgeskop nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.