MTN is weer in MyBroadband se selfoonnetwerk-kwaliteitsverslag as die beste selfoonnetwerk in die land aangewys.
In die jongste verslag vir die vierde kwartaal van 2019 het MTN, soos in die drie ander kwartale van 2019, weer geseëvier.
Die verslag is gegrond op meer as 310 000 spoedtoetse wat deur duisende gebruikers gedoen is tussen 1 Oktober en 31 Desember 2019. Die navorsing wys Suid-Afrika het ʼn gemiddelde selfoonaflaaispoed van 26,73 megagrepe per sekonde en ʼn gemiddelde oplaaispoed van 9,53 megagrepe per sekonde.
MTN het volgens die jongste verslag die hoogste gemiddelde aflaaispoed, naamlik 40,64 megagrepe per sekonde, gevolg deur Vodacom se 32,23 megagrepe per sekonde, Telkom se 21,63 se megagrepe per sekonde, Rain se 16,44 megagrepe per sekonde en Cell C se 16,48 megagrepe per sekonde.
Om die beste selfoonnetwerk in Suid-Afrika te bepaal word ʼn netwerkkwaliteit-punt vir elke netwerk uitgewerk deur die aflaaispoed, oplaaispoed en vertragings (latensie) in ag te neem.
Die telling uit 10 toon dan hoe die netwerk in verhouding tot ander netwerke vergelyk.
Selfoonnetwerk | Aflaaispoed in megagrepe per sekonde | Oplaaispoed in megagrepe per sekonde | Latensie in millisekondes | Telling |
MTN | 40,64 | 14,65 | 32 | 9,85 |
Vodacom | 32,23 | 11,76 | 36 | 8,01 |
Rain | 16,44 | 8,44 | 30 | 5,58 |
Telkom | 21,63 | 4,61 | 40 | 5,32 |
Cell C | 16,48 | 8,13 | 44 | 4,91 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Wat netwerk dekking aan betref is hulle definitief onder aan die lys, veral in die platteland. Ek het spanne wat reg oor die land werk en my grootste probleme met komunikasie is my mense wat Mtn het, gevolg deur Cell C.
Mtn se data en oproepe is baie duurder as vodacom of telkom sin .ek oorweeg om na ander net werk te gaan
Die sein is ook bieki swak
Niks oor hoe duur MTN is nie. Hulle kan jou geld, en onderbroek vat met die spoed van lig!!
Ek het erens gelees MTN word in die VSA verbind met n ondersoek na die Taliban se bedrywighede. Dink daar is n Hofsaak of so iets
Ek is baie tevrede met mtn se diens.