Dié selfoonnetwerk kraai weer koning

Argieffoto

MTN is weer in MyBroadband se selfoonnetwerk-kwaliteitsverslag as die beste selfoonnetwerk in die land aangewys.

In die jongste verslag vir die vierde kwartaal van 2019 het MTN, soos in die drie ander kwartale van 2019, weer geseëvier.

Die verslag is gegrond op meer as 310 000 spoedtoetse wat deur duisende gebruikers gedoen is tussen 1 Oktober en 31 Desember 2019. Die navorsing wys Suid-Afrika het ʼn gemiddelde selfoonaflaaispoed van 26,73 megagrepe per sekonde en ʼn gemiddelde oplaaispoed van 9,53 megagrepe per sekonde.

MTN het volgens die jongste verslag die hoogste gemiddelde aflaaispoed, naamlik 40,64 megagrepe per sekonde, gevolg deur Vodacom se 32,23 megagrepe per sekonde, Telkom se 21,63 se megagrepe per sekonde, Rain se 16,44 megagrepe per sekonde en Cell C se 16,48 megagrepe per sekonde.

Om die beste selfoonnetwerk in Suid-Afrika te bepaal word ʼn netwerkkwaliteit-punt vir elke netwerk uitgewerk deur die aflaaispoed, oplaaispoed en vertragings (latensie) in ag te neem.

Die telling uit 10 toon dan hoe die netwerk in verhouding tot ander netwerke vergelyk.

SelfoonnetwerkAflaaispoed in megagrepe per sekondeOplaaispoed in megagrepe per sekondeLatensie in millisekondesTelling
MTN40,6414,65329,85
Vodacom32,2311,76368,01
Rain16,448,44305,58
Telkom21,634,61405,32
Cell C16,488,13444,91

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ig ·

Wat netwerk dekking aan betref is hulle definitief onder aan die lys, veral in die platteland. Ek het spanne wat reg oor die land werk en my grootste probleme met komunikasie is my mense wat Mtn het, gevolg deur Cell C.

Ria martins ·

Mtn se data en oproepe is baie duurder as vodacom of telkom sin .ek oorweeg om na ander net werk te gaan
Die sein is ook bieki swak

JohanR ·

Niks oor hoe duur MTN is nie. Hulle kan jou geld, en onderbroek vat met die spoed van lig!!

Herman ·

Ek het erens gelees MTN word in die VSA verbind met n ondersoek na die Taliban se bedrywighede. Dink daar is n Hofsaak of so iets

bokka ·

Ek is nogal verbaas dat Telkom so laag op die lys is. Vinnigste van almal waar ek is en ook die goedkoopste.

Ann ·

En wanneer maak Vodacom ñ plan. Die lewe is duur mens gaan waar dit die goedkoopste is.

Leon ·

Die standaard wat gebruik word om die beste netwerk te toets is totaal hopeloos. Dit gaan nie om aflaai spoed nie maar waar en hoe goed kan ek dekking kry. Ry vanaf Pretoria na Durban. MTN het 54% dekking. Vodacom het 94% dekking. Vodacom is beter as MTN. Dit is hoe jy ‘n netwerk toets.
Cell C is die enigste netwerk wat die Karoo dek. Dit is weer daar beter as MTN en Vodacom.

Lee Muller ·

Cell C het n pakett wat eers na n jaar verval dit is mos amazing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.