Die Solidariteit Beweging se plan vir universiteitskrisisse

0G0A0377

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die Solidariteit Beweging het vandag tydens ’n dringende mediakonferensie in Centurion daarop aangedring dat die universiteite so spoedig moontlik heropen word.

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit Helpende Hand insluit, verteenwoordig duisende studente, universiteitspersoneel en ouers wat hard werk om hulle kinders op universiteit te hou, en wil sien dat die akademiese program dringend hervat word.

 

Die Beweging het ’n tienpunt-aksieplan vir die krisis in die universiteitsektor aangekondig:

  1. Skakeling

Skakeling met die universiteite, die regering, politieke partye, studente-organisasies en die polisie om die situasie te normaliseer en ’n veilige akademiese omgewing te verseker. Ons gaan ook met alumniverenigings, universiteitsrade en konvokasies skakel en hulle vra om druk op universiteitsbesture uit te oefen om kampusse spoedeisend te normaliseer. Ons streef na goeie betrekkinge met alle groepe, en ons glo dat formele of informele vennootskappe oor politieke grense heen nodig is om die toekoms van universiteite te verseker.

  1. Regstappe

Ondersoek moontlike regstappe teen universiteite wat nie die reg van die meerderheid studente wat vreedsaam wil studeer, beskerm nie.

  1. Studenteraadverkiesings

Ons dring daarop aan dat die uitgestelde studenteraadverkiesings by Tukkies, Stellenbosch en Kovsies dadelik plaasvind. Dit is noodsaaklik om te verseker dat demokraties verkose verteenwoordigers van studente namens die studente praat, en nie selfaangestelde aktiviste wat net hulle eie belange dien nie. AfriForum Jeug sal aan hierdie verkiesings deelneem om te verseker dat prostudiestudente se stemme ook gehoor word.

  1. Dosente en ander personeel

Dit is noodsaaklik dat universiteite spoedeisend genormaliseer word sodat die werk van dosente en ander personeel nie verder ontwrig word nie. Solidariteit sal met universiteitsbesture vergader om te verseker dat sy lede wat by universiteite werk, se diensvoorwaardes en werkomstandighede nie verder deur die krisis benadeel word nie.

  1. Studiekoste

AfriForum Jeug sal deurlopend deelneem aan gesprekke om oplossings vir die kostekrisis te vind, om te verseker dat verdienstelike behoeftige studente kan studeer. Ons sal studente wat deur Helpende Hand met studiekoste bygestaan word, aanmoedig om die kans wat aan hulle gebied word, aan te gryp om hulself vir hulle toekoms voor te berei. Gratis universiteitstudies is ongelukkig nie moontlik nie, en die 80% disfunksionele gratis skole het reeds bewys dat studente by gratis instellings kry waarvoor hulle betaal.

  1. Vergroting van Helpende Hand se Studiefonds

Solidariteit Helpende Hand gaan sy Studiefonds drasties uitbrei, en planne hiervoor sal binnekort bekend gemaak word. Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum het reeds meer as 5 000 studente met rentevrye lenings gehelp om te studeer, waarvan 1 250 in 2016 bygestaan is. Ons doen ’n beroep op sakelui en die publiek om verdienstelike studente wat wil studeer, by te staan deur ’n studiefonds te stig of te ondersteun. Helpende Hand kan vir meer besonderhede gekontak word.

  1. Afrikaans

AfriForum en Solidariteit voer tans regsaksies teen die universiteite van Pretoria en die Vrystaat en Unisa oor studente se reg om in Afrikaans te studeer. Hierdie sake sal voortgesit word met die hulp van sommige van die land se voorste regslui, omdat ons glo dat universiteitsbesture se minagting van grondwetlike regte bydra tot die klimaat van die minagting van die prostudiemeerderheid deur klein groepies aktivistiese studente. Die hooggeregshof in Bloemfontein het reeds bevind dat die aanbied van Afrikaanse onderrig die toegang vergroot en nie daarteen werk nie. Dit ontbloot dus die leuen van die protesteerders dat aksie teen Afrikaans daaroor gaan dat nie-Afrikaanse studente toegang ontsê word.

  1. Uitnemendheid

Die Beweging glo dat universiteite internasionale instellings van uitnemendheid in Afrika moet wees, en is bekommerd oor die daling van verskeie Suid-Afrikaanse universiteite op wêreldranglyste. Ons verwerp politieke projekte wat universiteite verder sal verswak onder die dekmantel van “dekolonisasie”, en sal waak oor akademiese standaarde wat bepalend vir die studente en die land se toekoms sal wees.

  1. Prostudiebyeenkomste

AfriForum Jeug beplan om waar nodig vreedsame prostudiebyeenkomste van studente, ouers en universiteitspersoneel te organiseer as demonstrasie van ons solidariteit met universiteite. Ons sal alle prostudiegroepe uitnooi om saam met ons vreedsaam vir die toekoms van universiteite te betoog.

  1. Akademia uitbou

Die Solidariteit Beweging verbind hom tot die bevordering van die openbare universiteite, maar glo dat privaat universiteite soos in ander lande deel van die oplossing is. In die lig van die toenemende verstaatliking van openbare universiteite glo ons dat onafhanklike privaat universiteite in plaas van gratis openbare universiteite daadwerklik uitgebou moet word. Ons doen ’n beroep op die steun van die publiek. Neem asseblief kennis dat aansoeke vir Akademia reeds oop is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Oud Pukkie ·

Die plan sal slaag as al die partye hieraan toestemming gee. Ek is bietjie skepties of die groep wat juis die toestand veroorsaak hulle hieraan sal steur. Met groot hartseer wonder ek of Solidariteit / Afriforum eerder maar moet ophou veg vir Afrikaans in Universtiteite en laat ons almal eerder fokus om Akademia uit te bou. Ek wil tog nie my kind na n Afrikaanse Uni. stuur wat gereeld gebuk sal gaan onder vandalisme en onrus nie. Ek sê Viva Akademia, vir Privaat Afrikaanse Hoër Onderrig!

JC ·

MOOI SO SOLIDARITEIT/AFRIFORUM.
JULLE IS BEVONK!!!!!!!
VAT HULLE VAS!

Asjas ·

Net Punt nommer 10 klink vir my werkbaar op hierdie stadium.

App ·

Skryf n app vir dosente en studente om tydelike tuisonderrig te koordineer.

JC ·

Goeie idee App, ‘n boer maak ‘n plan, beslis!!
Afrikaners staan op!!

Johanna Botha ·

Goeie planne maar weet nie of die boewwe wat n ander agenda dryf regtig hierna gaan luister of enigsins daarin sal belangstel nie. Dit gaan die massas van studente wat wel wil studeer vat om optestaan vir hulle regte en daarop aantedring met woord en daad.

Tukkie-alumnis ·

Ek lig my hoed vir Solidariteit en weet, al klink dit hoe moeilik, hulle al bewys het dat hulle die onmoontlike op ‘n bedaarde, rasionele en positiewe manier kan regkry. Solidariteit het my ondersteuning. Ek en my kinders het ons kans gehad om te studeer, my kleinkinders moet nog die kans kry.

Jan Jooste ·

Mooi so Solidariteit. Die eerste LEIERSKAP sedert hierdie debakel begin het! Nico Strydom skryf vandag dag die student en die EFF ‘n rewolusionere doelwit het en dus dienooreenkomstig hanteer moet word. Ruggraatlose universiteitsbesture sal dit nooit maak nie, allermins alleen. Voorspoed!

TTh ·

Dit lyk na ‘n uistekende medium termyn strategie, MAAR
1. Daar is reeds in die media gese dat ‘n wit student in ‘n lokval vermoor moet word ten einde die universiteitsowerhede se aandag te kry – hier is die kern van die studente revolusie bekend
2. Akademia sal alles moet oorweeg om so spoedig moontlik die ander basiese fakulteite by te bring en kundigheid van die bestaande universiteite te nader en oor te bring
3. Akademia sal ook moet kyk daarna om die borge van bestaande universiteite oor te bring
4. Voorts begin kampusse ‘n gevaarlike plek te raak waar polisiering traag en ondoeltreffend blyk te wees – dit kort ‘n spoedige oplossing
5. Voorts kan daar beplan word hoe om bestaande studente oor te neem wat NIE in die nuwe voorgestelde Afrika tipe atmosfeer vir SA se universiteite te studeer nie
Hopelik sal Akademia sy beskaafde westerse styl en kultuur behou en nie met enige Afrika invloede heul en verwater nie.
Dank aan Solidariteit vir die moedige en moeilike poging, ons kinders verkeer werklik in gevaar en die’ lyn’ is baie styf gespan.

Q ·

Die app idiee klink vir my baie goed. Alhoewel die dinge nie in die land sal uitgesorteer word nie, tot ons as volk terugkeer na God toe nie. Siener van Rensburg het gese ons gaan gestraf word omdat ons weg van God af beweeg het. Kom ons kry ons lewens reg, en begin hard te Bid sodat God ons kan verlos van die “DINGE”. Sonder dit kan ons maar vergeet om ooit vrede te he. Dis maklik om te se jou lewe is reg met God, maar is dit regtig? Raak ontslae van die aardse se gewoontes wat ons onsself aangeleer het!!!

JC ·

Dis reg Q, kom ons as Afrikanervolk keer terug na God!!
Dit is in elk geval ‘n wereldwye verskynsel dat daar weer teruggekeer word na geloof veral in die lig van die huidige stand van die “siek” samelewing en die ongoddelike dinge wat oral om ons besig is om te gebeur. Dit is ‘n voldonge feit dat daar nie bewys kan word dat daar NIE ‘n God is nie. Dit is waarom dit geloof genoem word en dit is wonderlik!!
DIE FRANSE REWOLUSIE EN DIE VOORAFGAANDE VERLIGTING HET VIR DIE MENSDOM GELIEG, EN IS ons almal ‘n rat voor die oe gedraai tot nou toe! !!Rasionaliteit is toe NIE groter as God nie, want ons is minderwaardige wesens teenor God met vele tekortkominge en die huidige gebeure bewys dit!!
Afrikaners keer terug na God!!

Ahooy ·

Punt 2. Regstappe teen Universiteite wat nie die regte van studente beskerm nie?? Wat is dan die verantwoordelikheid van ons REGSTELSEL???? Die Polisie en Howe?? Het hulle GEEN verantwoordelikheid nie? Hoeveel van hierdie kriminele is al gearresteer en voor die hof gebring? Die meeste word gearresteer en weer vrygelaat?

Johannes Meintjes ·

Dankie AfriForum en kie! Daar is nog te min Afrikaners wie konstruktief probeer doen en te veel wie bloot vermaakerig sit-sit-so kommentaar lewer. Die res daar buite toon geen benul van verantwoordelike pligsbesef nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.