Dié sportliggame mag weer oefen, wedstryde hervat

Nathi Mthethwa (Foto: Twitter)

Nathi Mthethwa, die minister van sport, het nog sportliggame geïdentifiseer wat in ’n professionele hoedanigheid mag terugkeer na die oefenveld te midde van die algehele landwye afsondering.

Dít nadat die minister vroeër vandeesweek ’n vergunning vir sokker gemaak het.

Mthethwa het Vrydag in ’n verklaring gesê Krieket Suid-Afrika, die South African Sport Anglers and Casting Confederation, die Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie, Tennis Suid-Afrika, SA Nasionale Klimfederasie, Kanovaart Suid-Afrika en Swem Suid-Afrika word nou ook weer toegelaat om te oefen én aan wedstryde deel te neem te midde van die Covid-19-pandemie.

Die minister het vroeër vandeesweek die hervatting van die Premiersokkerliga (PSL) goedgekeur nadat dié liggaam verskeie maatreëls aan die regering voorgelê het.

Volgens Mthethwa het die bykomende sportliggame intussen ook hul maatreëls ingedien met ’n aanduiding van hul gereedheidsgraad.

Maroela Media het vroeër berig Mthethwa het einde Mei gesê deelnemers aan nie-kontaksport sowel as kontaksport mag weer oefen. Wedstryde vir kontaksportsoorte sal na verwagting eers tydens vlak 1 van die afsonderingstydperk toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Rolbalowerhede wil die dra van maskers afdwing. Sport met maskers is belaglik. Almal dink dat ‘n monstervirus ontstaan het. Daar is egter steeds géén bewys dat covid-19 soveel gevaarliker is as seisoenale griep waarmee ons elke jaar saamleef dat dit sulke radikale maatreëls regverdig nie.

Verwagte covid sterftes vanjaar in SA is ongeveer 10 000 maar hoogstens 18 000. Volgens Stats SA PO309.3 Bl. 33 het daar in 2014, 2015 en 2016 onderskeidelik 22 878, 21 001 en 19 638 persone weens griep omgekom, nog 14 547, 16 475 en 16 577 aan ander virusse en ook nog 39 695, 34 042 en 29 513 weens tuberkulose.

Die inperking is deur bewerings van honderdeduisende sterftes gemotiveer. Noudat dit blyk slegs 10 000 te wees word ander redes gesoek om dit te handhaaf en die pers loop voor deur die skewe persepsies aan te blaas en te versterk.

Die Wolf ·

Moet nie jou bloeddruk verder opjaag nie. Ons weet dat onbevoegdheid hier n groot rol speel. Volgens hulle is alle sterftes Covid gevalle, tot mes steek. Neem baie van die verslae maar met n knippie sout.

marius ·

As sokkerspelers sonder ‘ n dubbelaag masker speel en nader as 1. 5 meter van mekaar beweeg moet hulle onmiddelik toegesluit word . Dwing dit af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.