Die Springbok ‘Beast’ tree af

Beast Mtawarira op sy mooi lopie in sy 100ste toetswedstryd,(Foto GB Jordaan)

Die rugbylegende Tendai “Beast” Mtawarira het Donderdag sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.

Dié 34-jarige stut het die aankondiging gedoen enkele dae ná Suid-Afrika se oorwinning oor Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd Saterdag. Beast, ook bekend as die sagmoedige reus, is in Zimbabwe gebore en het reeds 117 toetse vir die Bokke gespeel.

“Ek was so bevoorreg om hierdie wonderlike spel te kon speel en soveel doelwitte te kon bereik in die 12 jaar wat ek senior rugby gespeel het,” het Mtawarira met sy aankondiging gesê.

Mtawarira het sy debuut as rugbyspeler vir die Sharks in 2006 gemaak en in 2008 vir die eerste keer vir die Springbokke uitgedraf teen Wallis. Hy is die rugbyspeler wat naas Victor Matfield en Bakkies Botha die meeste kere vir die Springbokke gespeel het. Hy het ook 159 keer vir die Sharks uitgedraf, die meeste nog ooit vir ʼn Suid-Afrikaanse Vodacom Superrugbyspan.

“Ek was geseënd om deel te wees van spanne wat soveel sukses behaal het oor die jare en ek het talle herinneringe wat ek vir ewig sal koester. Maar ek kan eerlikwaar sê dat die Rugbywêreldbeker die perfekte einde van my beroep as rugbyspeler is,” het Mtawarira gesê.

Hy het sy dank aan sy verskeie afrigters en spanmaats oor die jare uitgespreek en sy vrou, Kuziva, en sy twee kinders, Talumba en Wangu, uitgesonder vir die opofferings wat hulle gemaak het om hom toe te laat om sy drome na te jaag.

Mark Alexander, president van Suid-Afrikaanse rugby, het gesê Mtawarira is iemand wat nooit kla nie, nederig is en altyd harde werk insit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frank ·

Een keer langs hom in die vliegtuig gesit. Hyt gesit en swot, baie nederig en saggeaard. Moes heeltyd halfpad in die paadjie inhang sodat ek ook kan sit. Sy bene is maklik twee keer so dik soos myne!!

Hein ·

Wat ‘n legende is die nie ek sal hom in dieselfde klas as Matfield ens sit. Soos hulle Engels sal se Humble

SjN ·

Hein, die legende was nie van die bestes aan die begin nie, drie tree en dan val hy, hy het baie kanse gekry en was gekies ten koste van ander beter spelers op daai stadium. Indien dit iemand anders was sou hy gedrop gewees het . Hy het gelukkig op n hoogtepunt afgesluit.

sdp ·

Hy sou n goeie bok kaptein gewees het. Het die eienskappe vir so iets

stem! ·

Ek stem! The beast, was definitief my gunsteling speler gewees, en sou n fantastiese kaptein gemaak het! Definitief n loss vir ons span!

Gesiggie ·

Ag ou Beast” ons sal jou mis, jy het jou hart uitgespeel en ja altyd sagmoedig en nederig” sterkte met jou toekoms mag als goed gaan… en dankie vir al jou harde werk … jy is n yster.

Feite ·

Mooi Beast, jy het gewys dat jy op meriete gekies was en daarom deel kon wees van n ongelooflike wenspan. Jy het baie waarde toegevoeg met jou nederige benadering tot die spel, op en van die veld af en daarvoor sal jy geliefd bly by alle Suid Afrikaners en nie net by rugby ondersteuners nie. Geniet jou uittrede, jy verdien net die beste!

J van Rustenburg ·

Sy pa is Felix Mtawarira n property manager in Zimbabwe

F ·

Kyk net watse goeie seun het hy groot gemaak. Wel gedaan. Ek moet sê: Alle Zimbabwiërs met wie ek in my lewe te doen gekry het, was so nederig soos Beast. Baie goeie mense. Opgevoed. Jammer politici kan nie soos dié mense wees nie. Moet ook net sê: Ek dink in elk geval nie baie van enige politikus nie. Vir my is hulle almal maar afskuwelik.

AV ·

Sowaar die Bok trui met trots verteenwoordig. Een van my absoluut gunsteling spelers. Gaan jou goed ou grote!

NET EK ·

Jy se jy wil nie maar tog het jy want jy het n remark gelos???? Beast gaan jou mis. Dankie vir al jou harde werk. Sterkte vir jou toekoms wat ookal jy gaan doen

Rupert Ashford ·

‘n Grote. Gaan jou goed, Beast. Jy sal gemis word.

Beast ·

Ek sê soos Rupert, Grote gaan jou goed, jy was werklik ‘n ambassadeur op en van die veld af!!!!!

LOL ·

@SjN: noem die name van die spelers wat beter as hy was dan kan ons debat voer.

Carel ·

Party mense moet maar net altyd n negatiewe gedagte deel
LOL jy is sooooo reg

Niklaas ·

Bye bye Beast !! Selfs in sy laaste toetswedstryd , (teen Engeland) het hy sy opponent swaar laat leef. Kragreus tot die laaste. Blykbaar nou gekies vir Barbarians alweer. Dis nou een speler wat sy Bokkleure altyd verdien het. Ons sal hom mis…

Anne ·

Thank you very much for your contribution to SA rugby. Beast, you were one of my favourite players of all time. You knew how to behave on and off the field. You’re a true legend. I hope everything goes well for you in future. Thanks for all the tough scrums and penalties you won to secure the World Cup for the Boks. We’re proud of you and everyone involved who brought this trophy home. Take care big guy.

Smiley ·

Kyk net hoe het hy nou weer twee engelse stutte gebruk laat hulle ore bloei.
Lekker rus yster.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.