Die staat het jongmense in die steek gelaat, sê #FeesMustFall-leier

Mcebo Dlamini buite die Palm Ridge-landdroshof (9 November 2016) Foto: African News Agency

Mcebo Dlamini buite die Palm Ridge-landdroshof (9 November 2016) Foto: African News Agency

Mcebo Dlamini, studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand, het Woensdag buite die Palm Ridge-landdroshof gesê die staat het jongmense in die steek gelaat.

“As daar gratis onderwys was, was daar geen jongmense in Sun City [Johannesburg-gevangenis] nie,” het hy aan studente en werkers buite die hof gesê. “Ons mense word gedwing om misdade te pleeg om kos op die tafel te sit, weens ʼn mislukte staat.”

Dlamini (30) staan tereg op aanklag van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer, nadat hy in Oktober in hegtenis geneem is.

Regter Ratha Mokgoatlheng het vroeër tydens die hofverrigtinge borgtog van R2 000 aan Dlamini toegestaan. Volgens Mokgoatlheng het landdros Albertus Roux fouteer in sy uitspraak toe hy Dlamini vroeër borgtog geweier het. Hy het Dlamini egter gewaarsku om nie akademiese aktiwiteite by Wits te ontwrig nie. Hy mag ook nie met getuies kontak maak of by die ondersoek inmeng nie.

Dlamini het gesê die polisie en tronkbewaarders het ook gratis onderrig nodig sodat hulle hul werk behoorlik kan doen. “Die polisie moet gratis onderrig kry om onwettige inhegtenisnemings te voorkom; hulle kan nie dossiere skryf nie,” het hy gesê.

Ongeveer 60 studente en werkers het buite struggle-liedjies gesing en die studenteleier verwelkom.

Dlamini het bygevoeg Wits kan nie van studente verwag om eksamen af te lê indien hulle nie sielkundig gereed is ná die #FeesMustFall-betogings nie.

“Ons rig ʼn versoek, ek weet hy [Wits-visekanselier Adam Habib] luister, want hy weet ek is buite, teen die einde van die dag moet daar ʼn tweede sitting oor eksamens plaasvind, anders sal die poppe dans.”

Dlamini het die studente aangesê om die hof te verlaat om vir ʼn vergadering voor te berei vir die pad vorentoe.

Hy moet op 15 November weer in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

JC ·

Ja, Swazi, en jy is NIE ‘n “jongmens” nie!!!
Gaan terug Swaziland toe!!

Marius Vermaak ·

Hierdie ou droom. misdaad is n keuse en het niks met studeer te doen nie. Om te betoog is een ding maar om te breek en te vernietig sê iets van jou karakter.

Armando ·

Altyd, altyd die die slagoffers. Altyd ” ons jong mense”.

CQ ·

Aggg bollie man!! Die jongmense wat misdade pleeg is MISDADEGERS!! EINDE VAN STORIE!!
Die wat iets van hul lewens WIL MAAK moet nou swaarkry onder Kriminele…..

Jordaan ·

Ons regering weier toegang vir die Dalai Lama en ‘n Amerikaanse pastoor wat homoseksualiteit veroordeel, maar hierdie vent kan maar kwaad stook soos hy wil? Sekerlik is daar genoeg gronde om hom te deporteer.

Lance ·

En hy laat die mense netso ook in die steek deur hulle te se om alles te brand en hulle uit die klasse te hou en n hele jaar van geld , tyd en hulle lewe te mors …hy sien dit nie raak nie ne ….wat n dom stootdent wat niks kon bereik en nou boewery aanhang !

mari ·

Lyk my hy’t niks in die tronk geleer nie. Sluit hom vir altyd toe.

Anoniem ·

Ek verstaan nie hoe sit die betogende studente se wangedrag kos op hulle tafel nie… Hoe sit dit kos op die tafel om bv ‘n polisievoertuig se venster met ‘n stoel uit te slaan? Hoe sit dit kos op die tafel om klippe te gooi? Hoe sit dit kos op die tafel om boeke in ‘n biblioteek aan die brand te steek? Met sy dreigement van “teen die einde van die dag moet daar ʼn tweede sitting oor eksamens plaasvind, anders sal die poppe dans” is hy hopelik weer binnekort gearresteer.

C op C ·

Hy is skaars uit aanhouding dan neem hy sowaar weer ‘n dreigende houding in. Hoe verstaan mens dit?

Hendrik ·

ag nee wat. die stert swaai die hond net waar hy wil. dis belaglik. die man sê die poppe gaan dans. ons sien bykans elke dag op tv hoe dans die poppe.

Annatjie Kruger ·

Hierdie man is ‘n GAS in Suid-Afrika. Hoekom word hy nie teruggestuur na sy land van herkoms nie. Hoekom hou ons aan ons kriminele of aspirant kriminele te huisves. Is hierdie die tipe onderwyser wat ons wil hê moet ons kinders leer?

Daan ·

Dis net oningeligtes en luiaards wat altyd op die staat staatmaak en teer en wat weet dat hulle self nie in staat is om `n bestaan te maak nie wat dink die staat is verplig om vir hulle te sorg.
Trek `n slag jou vinger en jou kamearade se vingers uit jou en hulle agterente en werk sodat almal om jou kan voordeel trek. Dis hoekom Afrika lyk soos hy lyk.

margi johnson ·

Goed gese Jordaan!! Die land het soveel dubbel standaarde!!

JCS ·

Al sy geswot het hom niks geleer nie. Hoekom betoog hy nie by Zuma, Eskom, SAL nie. Hulle verloor die geld. Nou breek julle die universiteite af. Kom na ‘n jaar agter die ataat het hulle in die steek gelaat. Haloooo hulle doen dit nou al vir 20 jaar. Word wakker. Jy het tot nou toe nog nie ‘n sent bygedrae in hierdie land nie, so hou jou mond. If you can’t do the time, don’t do the crime!

JvS ·

Die staat het ons studente inderdaad in die steek gelaat. Studente op Tuks moet nou eksamen skryf oor werk wat nog nie met hul behandel is nie!!!! En die man is 32. En nog op universiteit! Dit lyk nie of hy van plan is om ‘n sukses van sy lewe te maak nie. Departement betaal mos vir sy studies en verblyf. [Indirek ek en jy.]

Rupert Ashford ·

Nee ou 30 jarige “seun”, die polisie kan nie hulle werk reg doen nie omdat hulle gedekoloniseer is. Kyk en leer…maar kan jy?

Jan ·

Ek sien hy het al klaar vir Wits gedreig dat hulle die gevolge sal moet dra as hulle nie die eksamens na Januarie toe uitstel nie. (Kan ons raai waarom?)

Rupert Ashford ·

Hulle eintlike doel is “#nofees” en daarna “#noexams” – wonder ook waarom? En as hulle lg twee gekry het, gaan hulle aandring op ‘n “#minimumloonvirstudente” wat met inflasie elke jaar hoer kan styg – dan kan hulle vir altyd op die universiteite sit en elke jaar op ‘n afbreek en afbrand veldtog gaan as hulle “salaris” nie genoeg styg na hulle sin nie. Dan is utopia bereik.

Zirk ·

Wat beteken daai Jasser Arafat bont handdoek om sy lyf.? Seker weer ‘n simboliese martelaar wat sal (WIL) sterf vir ( DIE SAAK).
Hy sal nog voortgaan om die polisie en die publiek te tart totdat dit gebeur.

Johann ·

Ek sien die vrou in die voorgrond op die fotot het ook so ‘n doek voorom oor die skouers.

wanda ·

Geen wonder Trump het so n lae dink van ons land nie. Ons kort n Trump hier, stuur almal terug waar hulle vandaan kom

Jan ·

Lyk vir my hierdie ou het nou vir hom ‘n permanente joppie losgeslaan, of eerder beding, so hulle gaan nog laaaank met hom opgeskeep wees. Ek voorsien sy kop staan parlement toe.

John ·

Hoe gouer hy ‘n kabinetspos in sy vaderland kry hoe beter. Daar is baie geld en kos en sy pa woon in ‘n paleis met baie Merc’s. Daar is ook nie nare tronke nie. Wat van Harvard vir nagraads? Het iemand vir hom taxi-geld?

Neewat ·

EN daar gaan hy net voort, almal het voorspel dat die betogings net gaan opvlam en so wragtie word hy weer vrygelaat. Neewat dit is ‘n joke, moenie huil as al die universiteite tot op die grond afgebrand word nie .. dit was die REGSLUI in SA se besluit. Hy is ‘n Swazi burger maar word hier soos ‘n koning behandel en breek alles af wat die belastingbetaler in SA opgebou het oor baie jare. So ja .. die legislation en toepassing daarvan in SA is ‘n JOKE< en al die ou regskennertjies kan my maar aanval, julle ou kindertjies gaan nie meer by Universiteite kan studeer nie want dit gaan tot teen die grond afgebreek wees, maar dalk verniet .. So kry maar vir julle, dit is wat van julle politieke korrektheid kom. Ons kort 'n Donald Trump, nie 'n Dlamini met 'n Isis (of watookal) serp om sy nek nie.

neelsie ·

Skaars uit die tronk en gooi sy gewig rond.
Stel die hof nie voorwaardes met borgtog nie?
Ken van ons mense wat nou ook 30 is en wat al stewig aan die werk is en lonende besighede het.
Hierdie vent is n ‘brat’
Dieselfde stofskoppertjie as Malema!

My tweesent bydrae ·

Dertig en op universiteit ? Hy is seker al besig met sy tweede doktorsgraad .

Dup du Plessis ·

….verstaan nie, hierdie 30-jarige man se studies is gratis, hy kom van ‘n ander land en dan moedig hy studente aan om die instellings wat gratis onderrig aan hom en duisende ander verskaf te verwoes….Afrika mentaliteit – huil vandag oor die bus wat gister uitgebrand is en nie vandag mense kan vervoer nie…..

Aitog! ·

INDERDAAD!
1. Die STAAT het julle kwansuis in die steek gelaat…….nie die onderskeie universiteite nie, maar julle het self gekies om oor te gaan na kriminele aksie en miljarde rande se skade gaan berokken aan die universiteite?!
Hoekom gaan brand julle nie Nkandla af nie….

2. Gaan terug Zim toe.
Daar sal jy presies GEEN “regte” hê nie…

3. Jy is 30 jaar oud.
As jy op ouderdom 18/19 begin studeer het, wat studeer jy dan op die stadium dat jy basies vir 12/13 jaar studeer…..
Sjoh!
Jy gaan darem baie slim daar uitstap.

Willie ·

Al die praatjies oor ‘gratis’ onderwys is mooi – as een van hierdie anargiste net vir die land wil vertel hoe dit befonds moet word. In die ‘ou’ bedeling was daar baie begaafde kinders van arm ouers wat eenvoudig nie kon gaan swot nie – basta en klaar. Deur almal te laat studeer beteken nie almal gaan werk he om uit die tronk te bly nie – dan sit jy met n klomp duur misdadigers op straat/in die tronk.

LTVW ·

Lekker lag ek nou vir die ou jafel…
Hopelik gaan hy ook Sun City toe… hoe gaan hy NOU kos op die tafel sit, met sy semi-geleertheid?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.