Dié staatsrede Ramaphosa se ‘rubikon-oomblik’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/ GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal volgende week sy staatsrede lewer en volgens die DA sal dit sy rubikon-oomblik wees.

“Die pad wat Ramaphosa in sy staatsrede vir Suid-Afrika kies, sal sy nalatenskap definieer,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

FW de Klerk het op 2 Februarie 1990 die ontbanning van die ANC, SAKP en ander organisasies aangekondig en volgens Steenhuisen sodoende Suid-Afrika se “herstelknoppie” gedruk waarna ʼn era van politieke vryheid ingelui is.

“Ekonomiese vryheid het egter nie gevolg nie en in plaas daarvan het die getal werkloses van 3,7 miljoen tot 10,3 miljoen toegeneem. Dit is ʼn reuse- nasionale krisis en die ergste lê nog voor met Eskom wat in die doodspiraal van die SAL [Suid-Afrikaanse Lugdiens] volg, gehawend deur ʼn korrupte, onbekwame staat. Ons ekonomie is op die rand van ineenstorting.”

Volgens Steenhuisen het plundering, reddingsboeie en wanbestuur staatskuld buite beheer laat tol en tog hou die regering aan om amper R1 000 miljoen meer per dag te bestee as wat hy verdien.

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

“Dit is die rede waarom mense se eiendom, pensioene en inkomste geteiken word, wat tot gevolg het dat al hoe meer kapitaal en vaardighede landuit gaan. Suid-Afrika benodig dit dat die herstelknoppie dringend weer gedruk word.”

Steenhuisen sê dít moet lei tot strukturele hervorming – ʼn radikale verandering aan die “spelreëls”.

“Die DA is nie alleen in sy beroep vir hierdie verandering nie. Die minister van finansies, Tito Mboweni, het verlede maand gewaarsku: ‘As jy nie diepgaande strukturele ekonomiese hervormings kan bewerkstellig nie, dan is dit verby.’”

Volgens Steenhuisen staan Ramaphosa voor ʼn kruispad.

“Hy kan aanhou huiwer oor beslissendheid en aanhou om volgens die huidige reëls van die spel te speel – waarin die regering ʼn al hoe groter rol in die ekonomie speel en ‘transformasie’ bereik deur swart ekonomiese bemagtiging, gelyke indiensneming, onteiening sonder vergoeding en politieke patronaatskap – of hy kan die spelreëls verander om private ondernemings en ondernemerskap te laat ontluik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Leon ·

Moenie bekommerd wees nie. Ace Magashule en sy trawante sal weer vir Cyril sê dat hy moet onthou die ANC is belangriker as stabiliteit en ekonomiese vooruitgang en werkskepping en om korrupsie te teiken en om staatskapers te vervolg. ulle sal vir hom mooi laat verstaan dat die ANC is belangriker as krag en paaie en huise en hulle will plase hê en hy moet sorg dat hulle spogplase verniet kry sodat hulle dit kan laat tot niet gaan. En Jessie sal dit alles beaam.

SwartBees ·

Elke jaar is dieselfde….Die verspotte klere, die verspotte gedrag en al die lieg stories wat gebrabbel word.

Wilhelm ·

Ag asseblief… enige iemand wat dink Cyril gaan hierdie jaar die land probeer reg ruk ?

marius ·

Dit is ‘n gekrapte plaat wat vashaak op ‘n begrafnis gekerm …

Michiel ·

Solang jy witmense logika toepas bereik jy niks.
Die enige, strukturele oplossing is ons eie landje, so klein soos Swaziland is al genoeg.
Kon jy jouself in 1960 voorstel dat 30 jaar later in 1990 terroris Mandela vrygelaat is..?

Ons het 30 jaar nodig om ons Republiek te bou.

Diva ·

Net weer dieselfde ou herhalings maar hy.. Die staats president wat heuning om ons blankes se monde smeer… Draai n ander wang as dit kom by ons…..Misdaad, plaas moorde, uit ons werk kry… Seker nie nodig om nog te noem nie… SA ons is in ons moer.

Cherokee ·

FW de Klerk en 2 Februarie 1990 is ondersteun deur die Steenhuisens wat Afrikaanse name ten spyt, waarskynlik geen Afrikaans magtig is nie. Steenhuisen en 63% van die kommentators het De Klerk gevolg in die gange wat na donker gelei het, ten spyte daarvan dat FW geen flitslig gehad het nie. Daar is kunstenaars wat hulself nou verwyt dat hulle De Klerk blindelings gevolg het. Daar is leiers van konserwatiewe partye wat bygedra het om die konserwatiewes lyers te maak en nou daarteen veg. Wat ‘n klaaglike mislukking is die land. Suid Afrika kan herdoop word na The Eskom Country.

Strandloper ·

Mmmmm die ou is nie meer so regop nie onthou hy is siekies. Die dok het mos bike ry voorgeskryf…

Oujongvrou ·

Daar sal niks van kom nie. Ons presedent is bang vir sy kamerade. As mense nie kan landuit nie, moet hulle maar elke dag bid vir genade in hierdie duiwelse plek.

Louis ·

Die tyd van waarheid of die leuen het vir Suid-Afrika aangebreek. Na hierdie geleentheid sal daar nie meer ‘n volgende kans wees nie. Ons hoop en vertrou dat die President dit ook so ervaar. Sal hy vir ‘n slag vreesloos se wat hy moet se of gaan hy hom laat intemideer deur sy vyande en agtervolgers, wat hulle spore wil doodvee.

Henk ·

Nee wat, hou op om vir CR te wag, en slaan maar liewer self die hand aan die ploeg waar jy kan. Die probleem was nie maar net Zuma nie, en tans is dit nie maar net CR met sy huiwering nie. Die probleem is die ANC.

Werner ·

Dit Sal soos al sy toespraken en planne en vorige staats rede n nikssegende klomp nonsens wees moenie te veel verwag nie

Wiehan ·

Die regering wil so graag ‘n sosalistiese bestel implementeer maar mense in die ANC, EFF, COSATU en ander sogenaamde sosialite weet duidelik nie wat dit be teken nie. Weet hulle die volgende:
1. Geen meer unie
2. Geen meer munimun salarisse nie.
3. As jy nie wil werk nie, gaan jy na wwrkskamp.
4. “Kampe” vir misled en ander groepe om hul “her op te lei”
5. Jou vry spray word be perk.
6. Internet toe gang word be perk.
7. Wat jy mag kyk op TV word deur staan be paal.
8. Geen ander politeness party word toe gelaai.
9. GEEN STAKINGS

Dis reg, kom ons volg China. Maar doen dit dan soos hulle.
En kyk wat gebeur
Eureka.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.