Dié strate geraak vir Molewa-begrafnis

Edna Molewa (Minister van omgewingsake) Foto: GCIS

Die interministeriële komitee (IMC) oor staatsbegrafnisse het reëlings bekend gemaak vir die begrafnis van dr. Edna Molewa, die gewese minister van omgewingsake, wat sowat twee weke gelede in die ouderdom van 61 oorlede is.

Molewa se amptelike gedenkdiens sal vandag om 10:00 in Saal J by die Tshwane Events-sentrum gehou word.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, sal die hooftoespraak lewer en daar sal ook huldeblyke van familie, vriende en verteenwoordigers van die omgewingsektor wees.

Molewa se amptelike begrafnis sal Saterdag om 08:00 plaasvind, ook in Saal J by die Tshwane Events-sentrum en sal van daar oorskuif na die Zandfontein-begraafplaas in Pretoria-Wes.

“Die gedenkdiens en die begrafnis sal oop wees vir lede van die publiek,” het die IMC gesê. Die publiek word ook aangemoedig om die boeke van medelye wat op verskeie punte reg oor die land beskikbaar is te gaan teken.

Dié boeke is te vinde by:

  • Molewa se huis
  • Die Uniegebou
  • Die departement van omgewingsake se kantore in Pretoria en Kaapstad
  • Die premierskantore in alle provinsies
  • Die Sefako Makgatho-universiteit
  • Die Vaal Universiteit van Tegnologie
  • SANParke
  • Die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut
  • Die Suid-Afrikaanse Weerdiens

Die volgende strate sal Woensdag tydens die gedenkdiens en Saterdag tydens die begrafnis geaffekteer word.

Woensdag:

  • WF Nkomostraat / Hezekia Mphahlestraat
  • WF Nkomostraat / Maltzanstraat
  • Christoffelstraat / President Burgerstraat
  • Christoffelstraat / Luttigstraat
  • Christoffelstraat / Retiefstraat

Vrydag sal die volgende strate ook geaffekteer word:

  • Visagiestraat
  • Bosmanstraat
  • Nana Sitastraat
  • Sophie de Bruynstraat

Saterdag:

  • WF Nkomostraat / Hezekia Mphahlestraat
  • WF Nkomostraat / Maltzanstraat
  • Christoffelstraat / President Burgerstraat
  • Christoffelstraat / Luttigstraat
  • Christoffelstraat / Retiefstraat

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het ʼn amptelike begrafnis (kategorie 1) vir Molewa verklaar. Dié kategorie-begrafnisse is vir dienende ministers, die speaker van die Nasionale Vergadering, die hoofregter, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, die premiers van die onderskeie provinsies en vir persone wat deur die president aangewys is.

Molewa het in verskeie regeringsportefeuljes gedien en onlangs die Legioen van Eer, Frankryk se hoogste toekenning, ontvang. Molewa is vereer vir haar toewyding tot Suid-Afrika, die stryd vir vryheid en demokrasie, vroueregte en die stryd teen die effek van klimaatsverandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Ek sal amptelik verskoning moet aanteken dat ek weens uiters dringende verpligtinge nie die staatsbegrafnis van ‘n goeie kameraad van die stryd sal kan bywoon nie.

Ek moet ‘n broek by die droogskoonmaker gaan haal en daarby moet ek by die winkel om die hoek stop om brood en melk te gaan koop.

Willie ·

Ek myself moet ook verskoning vra, sal dit nie kan maak nie…

Johann ·

Ons sal seker mag “long distance” ween en huil? Wil tog nou nie die spesiale kommitee. oor staats begrafnisse se harde werk verniet maak nie? RERIG?

Ekke ·

Ek sou dit ook graag wou by woon, maar nie n idee waar die strate is nie.

Frans ·

so na saterdag se plant sessie gaan daar seker nie veel oor wees van Zandfontein nie. Een van die dae kan hulle n ondergrondse beweging stig!!

Cta student ·

En eks perongeluk hier want ons skryf CTA op dieselfde perseel. Rekeningkunde en die gekerm oor luidsprekers werk nie lekker saam nie… :(

Elsa ·

2 weke al oorlede en nog nie begrawe nie?

Ek lees van al die strate wat gesluit word. Gaan hul alweer band brand?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.