Dié strate gesluit vir Pretoria-optog

pretoria-jakaranda-stad-sa-tourism-flickr-com

Pretoria. Argieffoto: SA Toerisme/Flickr.com

Verskeie strate in die Pretoriase sakesentrum is Donderdagoggend gesluit vir ʼn protesoptog wat vandag in dié stad plaasvind.

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) het in ʼn verklaring gesê die optog sal deur die Private Sekuriteitsforum gehou word. Optoggangers sal na die departement van arbeid en die kantore van die Reguleringsowerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf (Psira) stap.

Volgens die TMPD sal die optog om 10:00 by die Pretoria-treinstasie in Bosmanstraat begin. Optoggangers sal van daar af na Paul Krugerstraat beweeg, regs draai in Francis Baardstraat en tot by die kantoor van die departement van arbeid stap.

Van daar af sal die groep aanbeweeg met Francis Baardstraat, links draai in Nelson Mandelarylaan, regs in Edmondstraat, links in Hospitaalstraat en regs in Belvederestraat. Hulle sal dan reguit stap tot by Psira se kantoor. Die optog sal na verwagting om 14:30 tot ʼn einde kom.

Strate wat deur die optog geraak word, sluit in Steve Biko-, Sisulu-, Lilian Ngoyi- en Thabo Sehumestraat. Motoriste word aangeraai om dié strate te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Volgens die TMPD sal metropolisiebeamptes deurentyd ontplooi wees om die optog te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wollie ·

Het die mense nie werk nie? Dalk moet Ramaphosa vir almal werk gee dan het hulle nie tyd om aan protesoptogte deel te neem nie. Die ANC het mos vir al sy ondersteuners werk en krag en water belowe . o ja en free education .BRING IT ON RAMAPHOSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.