Dié strate in Centurion môre gesluit

Beamptes van die Tshwane-metropolisie. Argieffoto: Facebook

Die Tshwane Metropolisie (TMPD) het motoriste gewaarsku dat talle strate in Centurion Sondag gesluit sal wees wanneer die Medihelp Trapnet-fietswedren by SuperSport Park gehou word.

Die gewilde fietswedren word oor drie afstande gehou, naamlik 30 km, 60 km en 85 km. Talle verkeersbeamptes is ingespan om verkeer rakende die geleentheid te herlei en te reguleer.

Volgens senior supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, sal die meeste strate eers van Sondag af vir verkeer gesluit wees, maar Westlaan reeds vanaf 16:00 vandag. Die strate wat môre vanaf 04:00 tot 18:00 gesluit sal wees, is soos volg:

  • Westlaan by Suidstraat, Lenchenlaan en Centaurusstraat
  • Centaurusstraat by Westlaan en Olievenhoutboschweg
  • Nellmapiusrylaan tussen Olievenhoutboschweg en Lutonstraat
  • Irene Farmweg tussen Nellmapius en Glenweg
  • Glenweg tussen Midstream Ridge en Nellmapiusrylaan
  • Mainweg tussen Nellmapiusrylaan en Alexandraweg
  • Bothalaan tussen Alexandra- en Hofmeyerweg
  • Die N1-Bothalaan-afrit
  • Die N1-Polokwane-afrit
  • Hofmeyerweg tussen Botha- en Krugerlaan
  • Trichardtweg tussen die N14 en Ou Johannesburgweg
  • Trichardtweg tussen Kruger- en Selbornelaan
  • Wierdaweg tussen Ou Johannesburgweg en die R55
  • Die R55/Quaggaweg tussen Wierda- en Mainweg
  • Die R114 tussen die R511 en die R55
  • Rooihuiskraalweg tussen Ruimte- en Hendrik Verwoerdrylaan
  • Rooihuiskraalweg tussen Hendrik Verwoerd- en Lenchenlaan
  • Rooihuiskraalweg tussen Lenchen- en Samrandlaan
  • Samrandlaand tussen Roohuiskraalweg en die N1
  • Olievenhoutboschlaan tussen Nellmapiusrylaan en Witch-hazellaan
  • Olievenhoutboschlaan tussen die N1 en Nellmapiusrylaan
  • Eco Park Boulevard by die Silverbell-sirkel
  • Olievenhoutboschweg tussen Witch-hazellaan en Bauhiniastraat
  • Bauhiniastraat tussen Olievenhoutboschweg en Oaklaan
  • Oaklaan tussen Bauhiniastraat en Witch-hazellaan
  • Witch-hazellaan tussen Oaklaan en Eco Park Boulevard
  • Die N1-afrit by Witch-hazellaan
  • Eco Park Boulevard tussen Witch-hazel- en Lenchenlaan
  • Lenchenlaan tussen Sycamorestraat en Westlaan

“Motoriste word aangeraai om al hierdie strate te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak. Metropolisiebeamptes sal ontplooi word om verkeer op al dié strate te monitor en te herlei,” het Mahamba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lientjie ·

so ek neem aan Centurion Mall is dan more gesluit, want dit is al die strate na en van die Mall.

Cecile ·

Ja what alternative routes? The whole blooming suburb’s routes are closed! Very selfish.

Fietser ·

Julle nie-fietsryers moet meer vir ons afstaan. Ons hou daarvan om in die middel van die pad langs mekaar te ry en verwag van julle om stadig agter ons aan te ry. Ons wil ook laat almeer paaie afgesper word vir ons.

Cecile ·

Ja what alternative routes? The whole blooming suburb’s routes are closed! Very selfish.

Vraagteken ·

Yes Cecille, how does anybody dare interfere with your shopping time???

zoom zoom ·

Nou moet mense in centurion mast geduldig wees om dir fietsryers te goed te kom. Sekerlik kan daar van ander roetes gebruik gemaak word vir die ryers

Vraagteken ·

Gelukkig vir jou, Zoom Zoom, is daar nog 51 weke in die jaar om shopping te doen.

Cecile ·

Thanks vraagteken. I guess I can wait to celebrate my birthday with family in 365 days’ time. Have a lovely day!

Martin ·

Miskien by “Vraagteken” gaan ry. Duidelik bly jy nie in Centurion nie. Sonder die roetes maar n gesukkel om iewers uit te kom. Veral as jy nog op n Sondag moet werk ook. So n ongerief.

zoom zoom ·

Vraagteken. Dit is duidelik dat Jy nie n besigheid bedryf in die gebied nie. Ook nie werkers om te betaal nie. Geen voete beteken geen inkomste.

Vraagteken ·

Zoom zoom, is jy oop op Sondae??? Vir al wat jy weet gaan besigheid verbeter vir jou as gevolg van al die ekstra voete. Terloops, hierdie byeenkoms was al vir maande lank geadverteer.

Laastens, met al hierdie byeenkomste is daar gewoontlik alternatiewes (wat gewoontlik deur die organiseerders duidelik gestel word). Moenie verbaas wees as daar voorsienning gemaak is nie.

Vraagteken ·

Zoom zoom, will jy vir my sê dat jy besigheid bedryf op ‘n Sondag? En is dit werklik jou besigste dag? Indien so, dan sal die ekstra voete net goed vir jou besigheid wees?

Bianca ·

I live on Rooihuiskraal, between Uitsig and Samrand.
What if there is an emergency and i need to rush my small child to hospital?
No way out for me!!

Vraagteken ·

Bianca, are seriously suggesting that they won’t open the roads for you in case of an emergency???

You’re making it sound as if it is a dictatorship. One thing you’re forgetting; the traffic officers are also human. I’m sure they’ll assist you in case of an emergency.

Cecile ·

Thanks vraagteken. I guess I can wait to celebrate my birthday with family in 365 days’ time. Have a lovely day!

Vraagteken ·

Cecille, you remind of the early 90’s near Kyalami where organisers of the F1 events had plenty of troubles with locals because of the noise pollution. The locals were so focussed on letting their voices heard about the situation, that they did not stop to consider the financial implications of the event on the local economy. Now guess what; no more Formula 1 in SA. My point – stop thinking of this as a problem, and consider embracing the event (you never know; there might never be such a race again).

Maybe take your family out as spectators. You’ll be able to support the riders and give them some water. Best of all – it’s all FREE!

Avra ·

@Fietser (is daar so n woord of is dit fietsryer), waarom onderhandel julle en die drawers nie om Kyalami te kan gebruik nie. Dan asem julle nie motor gasse in as julle sport op openbare paaie gebruik nie

Vraagteken ·

Hoe dink jy gaan die logistiek werk??? Hulle gaan mos mekaar ‘lap’.

Pasop vir die gebruik van die woord ‘Julle’! Dalk moet JULLE (nie-aktiewe) mense meer bedagsaam wees teenoor mense wat die samelewing geniet. Jou mentaliteit is baie selfsugtig.

Polla ·

Dis ook n slim idee….ek ondersteun altwee scenarios in elk geval.

LA ·

Dis vreeslik dat ons eerder ‘n fietswedren ondersteun as om in die kerk te sit, waarvoor die Sondag eintlik gemaak is.

B ·

Almal die trauma oorleef?

Dankie aan Kyknet / TrapNet vir ‘n fantastiese wedren! ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.