Dié strate in Pretoriase middestad geraak deur konvooi

Argieffoto

Talle strate in die Pretoriase middestad sal Dinsdag geraak word deur ʼn taxi-konvooi.

Die taxiverenigings Santaco en NTA het die konvooi gereël om hul stem dik te maak teen dwelms by taxistaanplekke en xenofobiese en geslagsgebaseerde geweld.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die taxiverenigings sal om 09:00 by die ou Putco-depot bymekaarkom.

Van 10:00 af sal die konvooi na die Bosman-taxistaanplek en dan na die Melyn-taxistaanplek in die middestad beweeg.

Die konvooi sal in die volgende strate beweeg: Van Cowiestraat sal hulle links in Strubenstraat draai en dan regs in Sophie de Bruyn-straat. Die konvooi sal dan links in Jeff Masemola-straat draai en tot by die Bosman-taxistaanplek ry.

Van hier sal die konvooi weer in Jeff Masemola-straat ry en by Rissikstraat aansluit. Hulle sal dan links in Steve Biko-straat draai en dan weer links in Soutpansbergweg. Die konvooi sal dan reguit beweeg om by Dr. Savage- en Boomstraat aan te sluit. Hulle sal dan in Sisulustraat ry en regs draai in Johannes Ramokgoase-straat. Van hier sal hulle regs draai in Lillian Ngoyi-straat en dan links in Bloedstraat om terug te beweeg na die ou Putco-depot.

Volgens Mahamba sal die konvooi omstreeks 15:00 by die ou Putco-depot uiteengaan. “Motoriste word aangeraai om die betrokke strate te vermy en eerder alternatiewe roetes te gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

potlood ·

Nee grond, teken asb vir ons ‘n prentjie hier want ekt geeeeeeen idee waar hierdie strate is nie en ek bly al 15+ jaar hier in PTA…

Trinity ·

Potlood, ek werk IN die stad – ek het twee strate “opgespoor”, maar vir die res soek ek ook ‘n prentjie asb…

Frik ·

Hul is juis een van die grootste katalisators van wanorde, wetteloosheid en poging tot moord.

Lynette schultz ·

“Motoriste word aangeraai om dié betrokke strate te vermy…”
Kom ek vertaal dit: Wetsgehoorsame, belastingbetalende landsburgers – hou julle bekke en laat chaos gedy. Julle is onder verpligting om die volgende IN STILTE te verdra: moord, verkragting, moord, diefstal, staatskaping, afbreek brand en vernietiging. Op las van die regering.

Jacqui ·

Mors ek amper my oggend koffie. Nou maak hulle soos die ANC wat protes teen swak diens en korrupsie wat hulle sélf die oorsaak van is.

Vintcent ·

Die ANC se “mobiele brigade” word nou ingespan om simpatie te melk vir die terreur en wanorde wat hul daagliks skep. Die sirkustent raak nou te klein om hierdié land te huisves.

Jerry ·

Alles wat misdadig is waarteen die taxis die optog hou is presies dit wat hulle bedryf vir ekstra geld. Taxi bestuurders is mense wat absoluut geen verdraagsaamheid toon teenoor ander motoriste, taxi passasiers en teenoor ander taxi verenigings, asook UBER met wie hulle in kompetisie is. Die taxi bestuurders het gesien hoe maklik en hoe baie geld die Nigeriers met dwelmhandel maak en nou het die taxi bestuurders die Nigeriers se besigheid en dwelm monopolie oorgevat. Vir taxi verenigings en die bestuurders gaan dit alles oor roetes en areas wat hulle hulself toe-eien vir geld en wee die een wat dit sou waag om besigheid in hulle areas te doen! Taxi bestuurders sal nie skroom om n bestuurder van n ander taxi vereniging trompop dood te skiet nie, soos wat reeds talle male gebeur het, hulle het hulself ook aan vieslike xenofobiese geweld skuldig gemaak, gemoor, geplunder en gebrand en nou ry hulle ewe skynheilig deur die strate. Ek reken dat die taxi optog eerder n verdere magsvertoon is, dat niemand, maar niemand, nie eers die polisie, met hulle in hulle geannekseerde areas moet lol nie. Alles, maar alles gaan vir Suid Afrikaners oor geld, oor mag en om daardie geldput te nasionaliseer en te beheer. Die kompetisie tussen taxi verenigings het vinnig die kwaad, die boosheid waartoe taxi bestuurders in staat is, ontbloot en die skynheilige, gewetenlose onheil wat dit voortgebring het, gaan vir hulle volg, dis Virseker!

Dr Phil ·

Dis soos in die verhaal “Animal Farm” : waar die plaasdiere na die mense en die varke kyk en dit nie vir hulle moontlik is om te onderskei Wie is Wie nie. Net so is dit vandag moeilik te onderskei wie nou eintlik teen wie betoog…

Swanna ·

“Mense “hou hiedie dinge dop. Ons neem dinge net aan dat dit gebeur en mor daaroor maar wees wakker. Hoekom begin dit op ‘n gereelde basis plaasvind en in korter tydperke uit mekaar, sodat ons kan dink dit is maar weereens een van daardie dae. WORD WAKKER sodat jy nie met jou broek onder jou knee gevang word terwyl jy lekker op witbank sit nie.

NET EK ·

Ag dit beteken die busse – Tshwane – sal ook nie ry nie!!! Tipies

jakes ·

As die polisie net Boomstraat in Pretoria gaan fynkam vir dwelms, voortvlugtiges en ander misdaad sal hulle nog 2 nuwe tronke moet bou. Pretoria het die hool geword vir allerlei kokkerotte wat daar skuil. Sal graag wil weet hoeveel taxi drywers op enige gegewe tyd hoog is in Pretoria.

Nats ·

Ai beteken dit nou the Tshwane busse ry ook nou nie weer vanmiddag nie

NET EK ·

So ver ry hulle maar jy weet mos enige iets na 3 besluit hulle mos ook om ons die wat betaal om te ry – ons te drop!!!

Daleen ·

Ag, hierdie is tog sooooooooo ‘n lekker land! Geen vervelige oomblik nie! Dis te lekker, al die opwinding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.