Dié strate môre in Pretoria gesluit

Die Uniegebou (Foto: Wikipedia)

Die Tshwane Metropolisie (TMPD) het motoriste gewaarsku dat talle strate in Pretoria Donderdag gesluit sal wees as deel van die Gautengse regering se Vrouedagvieringe.

Die Gautengse provinsiale regering en talle ondersteuners sal ter ere van die 62ste herdenking van die historiese 1956-vroueoptog ’n optog in die Pretoria-sakesentrum hou.

Volgens sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, sal optoggangers Donderdag vanaf 07:00 by die Lillian Ngoyi-plein op die hoek van Lillian Ngoyi- en- Helen Josephstraat bymekaarkom waarna hulle in Stanza Bopapestraat na die Uniegeboue sal stap.

David Makhura, die premier van Gauteng, en Faith Mazibuko, die LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, sal die sowat 2 km-optog lei wat die einste spore van die 1956-optog sal stap – vanaf die Women’s Living Heritage-monument by die Lillian Ngoyi-plein – na die Uniegeboue, bevestig ’n verklaring deur die Gauteng departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning.

Die volgende kruisings langs Stanza Bopapestraat sal deur dié optog geraak word:

  • Sisulustraat
  •  Du Toitstraat
  •  Nelson Mandelalaan
  •  Steve Biko-weg
  •  Hamiltonstraat
  • Leydsstraat

Volgens Mahamba sal die optog na verwagting die Uniegeboue om 11:00 bereik. Optoggangers sal dan later deur busse op die hoek van Hamilton- en Stanza Bopapestraat opgelaai word.

Tshwane-metropolisiebeamptes sal ontplooi word om die optog en alle strate wat deur die optog beïnvloed word te monitor. Motoriste word aangeraai om hierdie strate te vermy en alternatiewe roetes soos onder meer Francis Baard- en Strubenstraat te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mpia le Katse ·

Dit is die BESTE ding om op n vrouedag vakansiedag te doen

Dan het ons ten minste IETS om te doen.

Daan Erasmus ·

Lede van die TMPD wil ook graag ‘n dag by hul gesinne deurbring. Gun hul ook ‘n af dag. Nou moet die arme mense werk.

ANS ·

Hierdie optogte, stakings – ag sommer die hele spul is sooooo vervelig…….. Gaaaaap…… Dis om van siek te word. Tot wanneer moet dit so aanhou??

Paul ·

En wie was die ruiter op die perd, of was dit sommer enige ruiter?

Lerato ·

Vroudag?

Ek dag daar is 365 vrouedae per jaar.

Laat ons die vrouens in ons lewens elke dag op die hande dra

Oom Kalahari ·

Sovele mense en kindertjies sterf van honger of het geen heenkome, maar hier word weer fees gevier en miljoene belasting betalers geld spandeer t.o.v vervoer en die elite wat weer alles verniet wil geniet. ‘N land wat gebuk gaan onder swak toestande, finansieel op sy kniee en diehoogste gewels syfers…….waar is die ware prioriteite. Alle vroue en Moeders is belangrik tuis vir hul families en kan in alle eer en rustigheid tuis met hul families hierdie dag geniet en gepamperlang word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.