Die top 10 nuusstories in 2016

Roelf Uijs. Foto: Facebook

Roelf Uijs. Foto: Facebook

Hierdie nuusstories is in 2016 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. 11-jarige sterf onverwags: ‘Ander ouers moet weet’

ʼn Ouerpaar van Lephalale (Ellisras) in Limpopo is in rou gedompel nadat hul 11-jarige seun, Roelf Uijs, onverwags oorlede is.

  1. Oorsaak van Puk-student se dood bekend

Die oorsaak van Ettienne de Villiers (19), die eerstejaar-Puk-student wat dood aangetref is in sy woonstel, is bekendgemaak.

  1. Stellenbosch-bylmoorde: ‘Dís wat die aand gebeur het’

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vir die eerste keer besonderhede beskikbaar gemaak van wat glo presies die aand gebeur het toe ʼn egpaar en hul seun vermoor en hul dogter aangeval is.

  1. Jong swanger vrou sterf skielik

ʼn Familie is in rou gedompel nadat ʼn 28-jarige vrou van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, wat vyf maande swanger was met haar en haar man se eersteling, skielik gesterf het.

  1. Baasspeurder Piet Byleveld ‘skoonveld’ met geld

Oudbrigadier Piet Byleveld, wyd geag as een van Suid-Afrika se topspeurders, het glo die geliefdes van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingedoen.

  1. Skok ná dood van driejarige meisie

Die land is geruk deur die dood van ʼn driejarige dogtertjie van Noordwes, wat na bewering deur haar stiefpa vermoor is.

  1. Oorsaak van Annatjie Myburgh se dood bekend

Die familie van Annatjie Myburgh (58), die vrou van Witrivier wat dood gevind is nadat sy vier dae lank vermis was, het die uitslae van die nadoodse ondersoek bevestig.

  1. Jongman ‘soos hond’ doodgeslaan

“My seun is soos ʼn hond in die straat doodgeslaan,” het ʼn gebroke pa gesê wat die nuus moet verwerk dat sy seun, Pierre de Necker (24), so erg aangerand is deur ʼn groep mense wat hom glo van diefstal beskuldig het, dat hy aan sy beserings beswyk het.

  1. Witrivier-vrou dood gevind

Annatjie Myburgh se liggaam is in die vroeë oggendure gevind.

  1. Poppie-moord: ‘Jy gaan vrek, boetie’

Gemoedere het hoog geloop in die Brits-landdroshof waar Kobus Koekemoer verskyn het in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Lees alle soortgelyke stories oor die Terugblik op 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Engela ·

Ek het ook al gewonder. Lyk na een van daardie sake wat net doodgeloop het.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.