Hierdie nuusstories is in 2016 die meeste gelees op Maroela Media.
ʼn Ouerpaar van Lephalale (Ellisras) in Limpopo is in rou gedompel nadat hul 11-jarige seun, Roelf Uijs, onverwags oorlede is.
Die oorsaak van Ettienne de Villiers (19), die eerstejaar-Puk-student wat dood aangetref is in sy woonstel, is bekendgemaak.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vir die eerste keer besonderhede beskikbaar gemaak van wat glo presies die aand gebeur het toe ʼn egpaar en hul seun vermoor en hul dogter aangeval is.
ʼn Familie is in rou gedompel nadat ʼn 28-jarige vrou van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, wat vyf maande swanger was met haar en haar man se eersteling, skielik gesterf het.
Oudbrigadier Piet Byleveld, wyd geag as een van Suid-Afrika se topspeurders, het glo die geliefdes van verskeie moordslagoffers met derduisende rande ingedoen.
Die land is geruk deur die dood van ʼn driejarige dogtertjie van Noordwes, wat na bewering deur haar stiefpa vermoor is.
Die familie van Annatjie Myburgh (58), die vrou van Witrivier wat dood gevind is nadat sy vier dae lank vermis was, het die uitslae van die nadoodse ondersoek bevestig.
“My seun is soos ʼn hond in die straat doodgeslaan,” het ʼn gebroke pa gesê wat die nuus moet verwerk dat sy seun, Pierre de Necker (24), so erg aangerand is deur ʼn groep mense wat hom glo van diefstal beskuldig het, dat hy aan sy beserings beswyk het.
Annatjie Myburgh se liggaam is in die vroeë oggendure gevind.
Gemoedere het hoog geloop in die Brits-landdroshof waar Kobus Koekemoer verskyn het in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.
Lees alle soortgelyke stories oor die Terugblik op 2016 op Maroela Media.
is Pierre de necker semoordenaars ooit aangekeer?
Ek het ook al gewonder. Lyk na een van daardie sake wat net doodgeloop het.