Dié TUT-kampusse steeds gesluit

Argieffoto van die Tshwane Universiteit van Tegnologie

Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se Pretoriase kampusse bly Dinsdag steeds gesluit.

Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, sê in ’n verklaring die bestuur het Maandagmiddag met studenteleiers beraadslaag en daar is besluit om akademiese aktiwiteite op kampusse in Pretoria opgeskort te hou.

Akademiese aktiwiteite op TUT se ander kampusse word wel vanoggend voortgesit.

Volgens De Ruyter sal die bestuur vanmiddag weer met studenteleiers op die Pretoria-kampusse vergader met die oog daarop om akademiese aktiwiteite so gou moontlik op die geraakte kampusse voort te sit.

Akademiese bedrywighede was veronderstel om vandeesweek by alle kampusse hervat te word nadat die bestuur verlede week ’n ooreenkoms met betogende studente gesluit het. Studente het egter Maandag weer begin betoog en TUT se kampus in Pretoria-Wes, eMalahleni en Ga-Rankuwa is weer noodgedwonge gesluit ter wille van die veiligheid van personeel en studente. Dit is nie duidelik waaroor studente nóú ontevrede is nie.

Maroela Media het vroeër berig klasse is verlede week opgeskort en kampusse gesluit weens voortslepende studentebetogings. Van dié betogings het gewelddadig geraak.

Studente was onder meer ontevrede omdat van hulle verwag word om historiese skuld te vereffen voordat hulle kan registreer vir die huidige akademiese jaar. Hulle is ook ontevrede oor die koste van studentebehuising en omdat hulle nog nie geld vanaf die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) ontvang het nie.

Die universiteit het toe ingestem om aandag aan spesifieke kwessies te gee, waaronder die opknapping van koshuise. Daar sal ook gekyk word na probleme met NSFAS en die TUT sal met die skema in verbinding tree oor kwessies wat nie binne sy beheer is nie.

De Ruyter kon nie Dinsdagoggend bereik word om te bevestig waarom die instelling se Pretoriase kampusse vanoggend gesluit bly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Ek verstaan paar dinge nie.Die studente eis dat woongeriewe opgeknap moet word.Wie woon daar en waarom lyk dit soos dit lyk? Indien klasse weer gaan begin,gaan dit gepaard gaan met voorwaardes dat hulle,die studente se slaagsyfer aangepas moet word? Indien nie,brand en verwoes hulle weer daaroor.
Is ons toekoms in die hande van rampokkers? Liewe hemel,wanneer gaan dit nou end kry? Demand,destroy ,demand ,destroy………….

Eragrostis ·

Kan iemand nie asseblief vir hierdie arrogante en verwaande studente vertel watse voorreg hulle het om staatsubsidies en studiebeurse te kry nie, in verhouding baie meer aan die swart studente as aan blanke studente voor 1994 deesdae? Boonop word daar ook nog vergoed vir hulle verblyf en kos. Hoe belaglik. Ouers van studente moes maar sorg vir studiegelde voor 1994, want dis die regte ding om te doen. Dan dink hierdie nuwe generasie dis hul reg om alles te kry. Kry hulle dit nie, ontbloot hulle hul onvolwassenheid met ń vloermoer deur te toi-toi, af te brand en te breek, en mede-studente te ontwrig. Ook as jy jou studiegeld verspil het op ander goed, en jy raak agterstallig, dan is dit jou eie skuld en kan jy nie ander blameer daarvoor nie.

Dan verstout die bestuur van tersiêre instansies ook nog die studente verder deur hulle sagkens te behandel en aan onredelike eise toe te gee nadat hulle alles ontwrig het. Wanneer begin die bestuur drasties optree teenoor sulke studente?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.