Dié twee gesoek ná hulle uit hof ontsnap

Mongezi Mcunukelwa. Foto: SAPD

Die polisie in Gauteng is steeds op soek na twee verhoorafwagtende gevangenes wat Woensdag uit die hooggeregshof in Johannesburg ontsnap het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee het omstreeks 14:00 ontsnap. Volgens berigte het die polisie die hofgebou afgesper en enige beweging in en uit die hof verbied.

Volgens Masondo is die twee gevangenes wat ontsnap het as Mongezi Mcunukelwa (31) en Sbonelo Nkosingiphe Thwala (25) geïdentifiseer.

Mcunukelwa het in die hof verskyn op twee aanklagte van moord rakende ʼn voorval in Katlehong in Julie 2017. Volgens berigte word hy egter met talle ander moorde verbind. Thwala het ook op twee aanklagte van moord verskyn in verband met ʼn voorval in Jeppe in April vanjaar.

Sbonelo Nkosingiphe Thwala. Foto: SAPD

Volgens Masondo sal albei gevangenes ook op ʼn bykomende klag van ontsnapping uit aanhouding tereg staan wanneer hulle weer in hegtenis geneem word.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en die polisie het ʼn span senior speurders aangestel om die verdagtes te probeer opspoor en die omstandighede rondom die ontsnapping te ondersoek.

Enigiemand met inligting oor waar die twee verdagtes hul moontlik bevind of wat inligting het wat met die ondersoek kan help, word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak of Stop Misdaad te bel by 08600 10111.

Masondo het gesê die polisie kan moontlik ʼn beloning uitloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes. “Die publiek word versoek om nie self die verdagtes te nader nie aangesien hulle as baie gevaarlik beskou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

LOL ·

Nou maar hoe gebeur so iets dan nou, en dit by die hooggeregshof. Ai ek kan maar net sit en lag vir hierdie spul wat afspeel.

zoom zoom ·

Het so pas Groot Marico kruis en dwars per fiets gepatrolleer en die 2 is nie hier nie en my vriend in Sannieshof bevestig ook hulle is nie daar nie. Sorry julle moet maar elders gaan soek

Joe ·

Groot Marico is darm maar klein as jy per fiets, by elke liewe huis, wendy, bos, gebou kon kyk, en daai vriend van jou, sjoe jul is ysters!

Attie Koster ·

Nee kyk selfs Binnelanders se ontsnapping was moeiliker as in werklikheid.

Leeutjie ·

Ek is besig om met n oefenfiets Pretoria te deurkruis…tot dusver nog niks!!!

Willie ·

Dit wys weereens hoe korrup en bekwaam die SAPD is…skokkend!

Nadia ·

@Attie koster – ek nou lekker gelag vir jou skuil naam “Feite” haha

Marlene Bothma ·

Dis maklik … ontsnap net… maar niemand se is die polisie of tronkbewaarders verantwoordelik nie. Wonder wat kos so ontsnapping veral moord verdagtes

Lourie ·

@Marlene, seker nie meer as R2-3000 nie. As n hit jou minder as R10 000 kos in die land, gaan n maklike ontsnapping jou nie veel terug sit nie.

Daan Erasmus ·

Weet julle watse chaos is daar in die aan houding selle. Geen van die gevangenisse dra ‘n naam kaart om sy nek nie. Jy roep ‘n naam en hoop die regte ou antwoord.

Kraan ·

@Daan, dit is so, maar die ontsnapping was by die hoogeregshof, waar dit nie chaos is nie.

Alida ·

Hulle is gehelp. Julle wat so spot gaan nie dink dit is snaaks as hulle op jou voorstoep staan nie.

Toek ·

Ja dan vergeet hulle van al die spottery,maak sommer broek nat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.