Dié twee gesoek ná kerkroof

Hillsong-kerkgebou in Century City, Kaapstad (Foto: Google Maps)

Die polisie in Kaapstad het foto’s, wat van kringtelevisiebeeldmateriaal verkry is, beskikbaar gestel van twee verdagtes wat gesoek word in verband met ʼn gewapende roof het by die Hillsong-kerk in Century City.

Twee gewapende verdagtes het op 29 Oktober die kerk binnegegaan en personeel beroof kort nadat ʼn byeenkoms by die kerk plaasgevind het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes het toegang tot die kerk gekry deur voor te gee dat hulle ʼn aflewering doen. Hulle het personeel met vuurwapens aangehou en beroof voor hulle met kontant en selfone van die toneel gevlug het.

Traut het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir die persone in die foto’s en die polisie te kontak indien hulle die verdagtes sien.

Indien die verdagtes gewaar word, kan konst. Masande Majikijela by 079 894 1638 geskakel word of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christine ·

Waar gaan ons land heen? Kan jy nie eers veilig voel in ʼn plek van God nie?

Hoofskaap ·

Prys die Here niemand het seer gekry nie. Ons weet hoe maklik dit anders kon wees in die land van ons. Maar ons almagtige God sal niks sleg laat gebeur in sy huis nie!!!
<3

Hoe nou....... ·

Dis belaglik……..dis maar okay by n kerk te gaan roof!

judith ·

Christine jy vra waar gaan ons land heen??? die antwoord IS: die AF-GROND- IN!!!!

Andre ·

God is nie te vinde in ‘n gebou nie. Hy is te vinde in jou as persoon. Daai einste manne wat geroof het mag nie geweier word om toegang te kry nie. Dit is teen die kerk se wette. So hulle moenie kla nie. Pas strenger wetgewing toe. Dan sal jy veiliger voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.