Die verband tussen haatspraak en plaasmoorde

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum reik Donderdagoggend ’n verslag uit waarin ’n verbintenis tussen haatspraak deur politici en plaasmoorde vir die eerste keer onthul word.

Verskeie prominente voorvalle waarin geweld teen boere aangehits is, sowel as die gevolge wat daaruit gespruit het, word in dié verslag ontleed.

Die verslag bied na verwagting ’n antwoord op die bewering dat die oorgrote meerderheid van plaasmoorde slegs deur misdadige motiewe eerder as rassistiese of politieke faktore gemotiveer word.

Intussen het die landbou-organisasie TLU SA die VF Plus bedank vir die feit dat hulle die probleem van plaasmoorde in die parlement ter tafel gelê het, “sodat Suid-Afrika en die wêreld kan weet onder welke omstandighede Suid-Afrikaanse kommersiële boere moet werk”.

ʼn Debat oor plaasmoorde het Dinsdag vir die eerste keer in die parlement plaasgevind.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het gesê dit is egter teleurstellend, selfs skrikwekkend, dat ʼn ANC-LP, Duduzile Manana, tydens Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, se toespraak ʼn tussenwerpsel kan maak, “begrawe hulle lewendig” met verwysing na die boere, en dat so iets nie deur die Speaker onmiddellik aangespreek word nie.

“Netso skrikwekkend is dit dat parlementslede, veral van Agang en die [Ekonomiese Vryheidsvegters] EFF, hulle parlementêre privilegie kan misbruik om vaaghede, veralgemenings en selfs vermoedelik flagrante onwaarhede te verkondig, sonder dat hulle ook daaroor aangespreek word,” het Van Zyl bygevoeg.

“TLU SA daag enige politieke party of vakbond om met konkrete feite vorendag te kom waar daar algemene bewerings gemaak word van boere wat werkers slegter as varke behandel, waar boere hulle arbeiders met alkohol betaal en dat boere hulle verlekker in die ellende van werkers. Daar is tans meer as genoeg regeringsinstellings wat met graagte sal optree teen enkelinge wat hulle aan sodanige optrede sou skuldig maak,” het hy bygevoeg.

Van Zyl het gesê die meerderheid van kommersiële boere het oor geslagte heen ʼn uitstekende verhouding met hulle werkers opgebou. “Hulle weier derhalwe om met wetsongehoorsame uitsonderings oor dieselfde kam geskeer te word deur opportunistiese politici wat ʼn regverdiging vir die moorde en martelinge op die plase probeer soek.”

Hy het bygevoeg net soos boere weier om beskuldig te word van diefstal van grond, weier hulle ook om vals beskuldig te word van swak arbeidsverhoudinge. “Sou dit wel plaasvind, is dit omdat die departement van arbeid dan nie sy werk doen nie. Daarom daag TLU SA vir Agang en EFF om hulle bewerings met konkrete feite te ondersteun. Tot dan behoort die Speaker hulle aan te spreek oor hulle ongegronde en ongetoetste aansprake.”

Maroela Media het vroeër berig dr. Eugene Brink, politieke ontleder verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, het gesê hierdie soort uitlatings, met verwysing na die ANC-LP tekenend van die anti-wit rassisme wat ʼn vastrapplek in die ANC gekry het. “Hoe meer bedreig die ANC voel en hoe meer hulle andersins misluk, hoe feller raak hierdie soort rasseretoriek,” het Brink gesê. “Ons vermaan dus die regerende party om streng teen Manana op te tree en hulle in die openbaar van sy uitlatings te distansieer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

snoefie ·

het pieter groenewald n aanklag van haatspraaj, rassisme en aanhitsing tot geweld teen duduzile manana gelê?

Ampie ·

In die parlement kan jy aantuigings maak, beledig ens. Volgens SA wet kan jy nie daarvoor vervolg word nie, m.a.w. die lede van die parlement word beskerm teen vervolging vir wat hulle daar kwytraak. Die Speaker moet wel optree teen diegene, maar uiteraard het sy nie haar werk gedoen nie.

Johan ·

Het iets gekom van minister van sport se verteenwoordiger…..?

Jordaan ·

Jy weet reeds wat die antwoord is …. niks en daar sal ook niks gebeur nie.

Ada ·

Ja, ek wil weet of daar ‘n klagte gele is. Die ouens in die parlement kan nie net praat en kla en niks doen nie. Kla die man aan anders gaan hulle volgende keer nog erger goed se en ons sal maar net OK wees daarmee. Dit is onaanvaarbaar.

nel ·

Wys rugraat en kla die skepsel aan vir haatspraak.En aanhitsing om boere en blankes te vermoor. Dit is ‘n ernstige saak.

TDW ·

Die waarheid is dat meeste boere te goed is vir hul werkers. Daar word vir hulle saam hul salaris, huise gebou, kos gegee en klere en dan is die werkers dankbaar, maar die goedheid word gou vergeet as die boer nie nog ook hul huise in stand hou en die volgende dag ook vir hulle kos en klere gee nie, dit word dan aanvaar as die norm. Ek voel ons boere moet ophou met hul liefdadigheid (ek weet julle dink aan die 5 kinders) en liewer net die ooreengekome lone betaal. Dan word daar geen verwagting geskep nie. En ‘n ander ding, moet nooit geld vooruit leen nie, ek weet dis moeilik gesê vir ons mense met ons klein hartjies, maar die werkers vergeet maklik van die leen en skree dan hard dat jy hulle tekort betaal het. Ons moet maar ons harte bietjie meer verhard. Boere moet ook daaraan dink om al die werkers te vra om bankrekenings oop te maak en altyd die geld daarin te eft, reël dan vir die werkers vervoer dorp toe aan die einde van elke maand. So is daar altyd bewyse van die geld wat betaal is.

John ·

Die vlaag van moordadigheid verwys terug na soortgelyke gebeure rondom 1830-50, toe sendelinge boere agterna gesit het wat in die Oos-Vrystaat in die somermaande op plasies landerye en huise begin vestig. Mosjesj en’n paar ander uitgeweke Zoeloes het later op die Lesotho-hoogland (eintlik San-gebied) in grotte begin vestig. Franse Sendelinge het op aanbeveling van dr Philip Mosjesj bevriend en hul opgerui om wit boere aan te val en uit te dryf en aan te voer dis hulle grond. Baie boere-opstalle is afgebrand of beset en vee weggevoer met perde en gewere verskaf deur die sendelinge. Beerseba, ‘n waterryke plaas van ‘n sekere Botes (met warm bron), is so bekom en beset deur ‘n Franse sendeling. Die boer sterf onder vreemde omstandighede. ‘n Paar duisend Basoetoes vestig daar en werk op die glo skool cum sendingstasie. Pres Brandt ea het die plaas later bevry toe ‘n millitere mag begin opgebou vir verdere besettings. (Opgetekende geskiedenis.)

Cheanie ·

Ek het groot geword op n plaas, is self n boer, en ken honderde boere. Plaas werkers oor die algemeen leef in BAIE beter kondisies as in plakkerskampe. Ons werkers het komplete badkamers, warm water, krag en selfs tv met toegang tot DSTV kanale. Hul kry maandeliks vleis verniet en word aangery dokters toe soos wat verlang. Self op plase wat dit nie alles kan bied nie bly die werkers steeds in baksteen huise met toegang tot baie geriewe. So as dit is hoe n vark lewe weet ek dan nie…..

Uvonka ·

Ja nee kyk, dan wil ek ook ‘n vark wees! Ai ongelukkig kan ek nie dieselfde voordele ens van my werkgewer eis nie want ek is mooi groot gemaak, NIKS IS VERNIET NIE!!!!

Christo Visagie ·

Ek glo daai dag is nie meer ver weg nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Miskeiding ·

Gee hulle gas! Hulle jok so dat hulle wil he ons moet beginne glo dat ons gesteel het,so misleidend is hulle. Ons is nie diewe nie,ons het almal gesweet en geswoeg vir wat ons het,en om dit sommer nou net te moet gee vir hulle,gaan nie maklik wees nie. Die regering mislei sy ondetsteuners en maak dat hulle so geweldadig teenoor ons optree. So jammer hulle hou hulle besig met witchcraft…… discusting…sterkte met wat julle doen Afriforum. En ons moet bid teen al hierdie bose magte in die lug,veral die misleidende geeste. Bind en onbind.

Zelda hygo ·

God se volk het net meer versleg…..verbaster. daarom is dit vir Sy volk voorspel…. deut 28: 49. jes 5. Joh 15:16. 2 kor4:2 num 25…psam 106. As u die tud het om dit te lees…… God se volk gasn uit verdelg word. Maar n klein bietjie sal oorbly. Jes 10:22……! Wie is God se volk? SY volk? Dit sluit nie alle rasse in nie. Vat n bietjie die bybel aan en vergeet van die kerk………die ou vertaling. Jy kan nie God se woord weg skryf om die nuwe mens te pas nie. Die mens verander maar God se woorde nooit….

bogale ya mpya ·

Dit word nodig dat VF+ sy stem dik maak in Parlement en elkeen van die aantygings stuk vir stuk te weerle met die.hoogs moontlike aanspraak om die leuens deur ANC uit te daag om elkeen met bewyse te staaf.

Het juis die naweek gehoor van n betroubaarder vriend van n aanval in n huis slegs ENKELE meters van hom af. Die aanduiding is dat daar n beplande MOORD plaasgevind het ongeag wie die slagoffers was. Twee is doodgesteek en drie gehospitaliseer en in ” ICU”
Daarna is op oppertunistiese wyse n TV en die eienaar se VW Pool gesteel was

STAAN BY ·

hiers ek weer. onthou 6 april riebeeckdag, eff wil grondgryp. praat met jul buure, vriende, en vriende in die dorp ook, daai dag as ons hoor van ‘n grondgryp in ons/julle distrik STAAN BY en ons daag in ons duisende op, ver van hul af als binne die wet en ons kyk toe op ‘n afstand wat doen die wetstoepassers daai dag, wil graag sien wat word gesê die volgende dag in die nuus en hul reaksie oor die boere wat opgestaan het, jul vra mos almal ons moet iets doen, nou toe dis tyd, en kyk daai dag om jou waar is jou buurman, as hy nie daar is nie, moet hy ook nie om hulp vra nie, nou kyk ons na ons self en na mekaar. STAAN BY.

Juan viviers ·

Kan ons nie almal saam staan en n besluit neem om op ons knee te gaan en GOD om hulp te vra mense word wakker wie is sterker as ons almagtige GOD nou is die tyd om saam as wit blanke saam te bid

AL ·

Dat die Heilige Gees sy beskermengele oor ons plaas en dat die bloed van die Lam aan ons deurkosyne gesmeer word. Amen!

Louis ·

Ek vra vir myself af met die uitspraak van Manana is daar nog plek vir enige blanke in die land ? hoe kan ons as blankes ‘n positiewe rol in die land se toekoms speel in dien daar sulke haatspraak in die parlement en deur die regerende party se lede uit geblaker word. Ek verwag ten minste dat hy sal aangespreek word deur sy eie mense in die parlement. Maar hulle stilswye beaam maar net wat hy gese het. Ons sal nie vorentoe kan gaan totdat die haat van hierdie regerende party en die kompleks van mislukking sal end kry nie. Hulle self sal moet van die minister en lede ontslae raak wat nie hulle werk doen nie

AL ·

Hulle wil hê ons moet stert tussen dir bene die land verlaat. Ons is hier om te bly.
Ons het vir die grond betaal – wie aan God behoort en nie aan die mensdom nie. Ons het nie geroof en geplunder en verkrag en vermoor nie.
Ons voorouers was goeie, godsdienstige mense. Christus sal weer ingryp, ons van die Bose verlos wie plunder, verkrag, martel en vermoor. Nogal op bejaardes. Lafaards.
Skiet klappers broers, hulle hardloop soos lafaards weg – presies wat hulle is.

AL ·

Die Speaker moes dat hy daardie woorde teruggetrek het en om verskoning vra, al kan hy nie wetlik vervolg word soos van die kommentare afgelei word.
Nietemin ons weet waar ons staan en ons ken die vyand.
Hierdie situasie moet op die spits gedryf word internasionaal, menseregte is baie meer dominerend vandag as etlike dekades vroeer.
Weggaan gaan die probleem nie. Ons het nog die 3Enige God, wie die Heilige Gees se beskermengele ons sal beskerm as ons ons sonde bely en Hom opreg dien. Gelofte moet aan Christus hernu word, eerlikwaar ons het skandelik weggedwaal van Hom af.

Hannelie van der Merwe ·

Ons het genoeg gepraat genoeg gemoun die tyd kom dat ons iets doen, trek daai streep in die sand genoeg is genoeg!!.

AL ·

Absoluut! Ons Afrikaners kon nog altyd deur die eeue heen opstaan en sterker en beter word. Ons is dit aan ons voorgeslagte verskuldig en aan ons nageslagte!

Peet J ·

Hierdie debat met die ANC regering het iets nagelaat vir ons witmense ” ‘n Klap in die gesig” male sonder tal is daar gedurende byeenkomste deur die swartmeerderheid klem gelê daarop dat ons wittes die grond moet terug gee wat ons voorouers onwettig van hulle gevat het.
Dit is ook duidelik dat die moordbendes bestaande uit 3,5,8,ens. deur een of ander instansie gefinansier word.
Verder is die regering, soos ek verstaan van plan, alvorens die grondwet gewsig is om padverbouings, herleggings geboue ens. te proklameer en te onteien oor plase en kleinhoewes en alleenlik vergoeding ten opsigte van die grond te betaal.

HEVW ·

Natuurlik stem ek saam dat daar saamgestaan moet word en nog meer saam gebid moet word, maar ek is bevrees dat ons spoedig sal ontdek die probleem om saam te staan is dalk n groter probleem as die voorgenome grondgryppogings. Baie jammer daaroor!!!

STAAN BY ·

HEVW
daarsy HEVW ek voel met jou, ons wil bid, agteroor sit en dit wonderwerk sal gebeur, HEVW ons sal moet, moet, moet uit ons gemaksone kom, en dis hoekom ek se, as ons kan saam staan kyk om jou, waars die ander boere, want ons almal het te veel om te verloor, gaan julle maar ek sal by die huis bly en bid. Natuurlik moet ons bid, glo en vertrou, hoe het ons voorouers gemaak, gebid voor hul die vyand vat. Ons idee is mos nou nie om roekeloos en agresief daar aan te kom nie, vreedsaam, en obserweer die situasie, daar is mos wetstoepassers, en as hul ons dan nou te lyf gaan kan die boer wat baie het om te verloor terugkeer huistoe, dan was jy tenmiste daar, en ons ander sal vas staan.

Paling ·

Waar is Gerrie Nel se affeling? Hulle kan mos nou n klag le?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.