Dié verdagte word gesoek

James Prinsloo (Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap)

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in Muizenberg versoek die publiek se hulp om James Prinsloo op te spoor wat gesoek word in verband met die verkragting van drie minderjariges in die Ocean View-gebied.

“Hy is laas op 21 Februarie 2019 in Ocean View opgemerk. Hy is tans voortvlugtig en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hy is na bewering oorspronklik van Pretoria en dit is moontlik dat hy na Pretoria teruggekeer het.”

Enigiemand met inligting oor waar Prinsloo hom bevind word versoek om die ondersoekbeampte speurdersers. James Isaac Smith te kontak by 021 784 2736 of 082 701 0193. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Z ·

Waaraggies verkeerd wat hy doen!
MAAR…
Waarom word ander se foto’s nie geplaas nie? Wie moet/mag beskerm word en wie nie?

Pap G ·

Die kinders se identiteit moet beskerm word. Indien die kinders geïdentifiseer kan word deur hulle met die foto in verband te bring, bv. hul eie pa, mag die foto nie gepubliseer word nie.

Pop ·

Z, in hierdie geval moet ander kinders beskerm word. 3 kinders is alreeds sy slagoffers gewees, so hys n gevaar vir elke liewe kindjie.

fourie ·

Dieselfde met moordenaars,motor kapers ens almal wil gelyk wees almal moet dieselfde behandel word…NEEM KENNIS MEDIA

willem botha ·

As hy skuldig is moet hy gevang en betaal vir sy dade ,ek hoop ek sien ook foto’s van swart verdagtes sodat alle verdagtes opgespoor kan word.

Elna ·

My kommentaar sal seker weer nie geplaas word of verwyder word. Hierdie man se foto is gepubliseer omdat die SAPD opsoek is na hom. Daarom het hulle sy foto gepubliseer ek stem saam dat die kriminele se fotos ook so gepubliseer moet word maar jys eers skuldig as die hof jou skuldig bevind het. Krimenele in die land het meer regte as die slagoffers maar as dit by kinders kom wat betrokke is dan het die kinders meer reg as die krimeneel. Kinders is staats kos soos die oumense dit genoem het destyds.

Liezl ·

Exactly, gewoonlik mag hul nie fotos plaas tot die beskuldigde gepleit het of skuldig bevind word nie. Ek soek fotos van alle misdadigers wat hulle dink het n daad gepleeg

Gerrit ·

Die beste van alles hulle is te sleg om hulle werk te doen dan moet ander dit vir hulle doen, maar alles pas hulle en kom net weg daar mee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.