Dié voertuie veroorsaak meeste ongelukke – verslag

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Volkswagen Polo, Toyota Hilux en Toyota Quantum is in die meeste van Suid-Afrika se noodlottige padongelukke betrokke. Die bestuurders van dié drie voertuigmodelle ryg boonop die meeste verkeersboetes in.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het in ʼn onlangse studie bevind dat ʼn Volkswagen Polo, Toyota Hilux en Toyota Quantum by 43,2% van die 37 583 noodlottige ongelukke tussen 1 Oktober 2017 en 30 Junie 2021 betrokke was.

Daar moet egter in ag geneem word dat sowat ʼn derde van voertuie op die pad een van dié drie modelle is.

Bogenoemde ongelukke het die lewe van 45 232 mense oor die tydperk van meer as drie en ʼn half jaar geëis.

Volkswagen Polo’s was betrokke by 16,7% van die ongelukke, gevolg deur Toyota Hilux-bakkies (14,2%). Toyota Quantum-minibusse was op hul beurt betrokke by 12,2% van alle noodlottige ongelukke in Suid-Afrika.

Volkswagen Polo’s verteenwoordig 17% van alle motors op die paaie en Toyota Hilux-bakkies verteenwoordig 12,7%.

RTMC wys ook daarop dat hoewel die aantal Toyota Quantum-minibustaxi’s maar 3,3% van die voertuie op die pad uitmaak, dié voertuie op ʼn semi-voltydse grondslag ry en meer kilometers as ander voertuigmodelle aflê.

“Hulle word dus blootgestel aan meer konfliksituasies en/of moegheid op die pad en ʼn mens kan meer noodlottige ongelukke vir hierdie soort model verwag.”

Die hoë aantal boetes is wel “onaanvaarbaar” en behoort aangeraak te word, sê die korporasie.

Altesame 35% (een uit elke drie) van spoedoortredingsboetes is in die oorsigtydperk aan die bestuurders van ʼn Volkswagen Polo, Toyota Hilux en Toyota Quantum uitgereik. Weereens moet melding gemaak word van die feit dat een uit elke drie voertuie op die pad wel een van die drie modelle is.

Ander bevindinge

Argieffoto: https://pixabay.com

Luidens die RTMC se verslag is private tipe voertuie verantwoordelik vir meer as die helfte (52,3%) van alle noodlottige ongelukke, terwyl “ʼn onaanvaarbaar hoë proporsie” (10,5%) van openbarevervoer-voertuie by noodlottige ongelukke betrokke is.

Daar is voorts bevind dat die kleur en ouderdom van ʼn motor ook ʼn rol te speel het.

Meer as die helfte van die motors wat in die betrokke tydperk in noodlottige ongelukke betrokke was, was wit (56,2%), gevolg deur silwer (14,4) en blou (8,1%).

Daar moet egter in ag geneem word dat die meeste minibustaxi’s en vlootvoertuie heel waarskynlik wit is weens ekonomiese en padveiligheidsredes.

Die meeste voertuie wat in noodlottige ongelukke betrokke is, is tussen 1 en 20 jaar oud, met voertuie van tussen 5 en 10 jaar wat vir 28,9% van voorvalle verantwoordelik was.

Voertuie van 2 tot 5 jaar oud is betrokke by effens minder ongelukke (22,2%), gevolg deur die nuwer voertuie onder die ouderdom van 2 jaar (18,7%). Dít is omdat nuwer modelvoertuie heel waarskynlik met beter veiligheidstoebehore uitgerus is.

Aansienlik meer mans as eienaars (57,5%) se voertuie was in die betrokke tydperk verantwoordelik vir noodlottige ongelukke as vroue (21,2%) se voertuie. Die res behoort aan onder meer ondernemings of trusts.

“Daar moet egter versigtig met dié interpretasie in Suid-Afrika omgegaan word aangesien baie voertuie geregistreer is deur mans wat die broodwinners is, maar ‘besit’ en bestuur word deur familielede wat vroue insluit,” sê die RTMC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Ziggy ·

Ek dink nie dit is die voertuie wat die ongelukke veroorsaak nie, maar eerder wie hierdie tipe voertuie bestuur.

Janine ·

Ek ry my 1900 TDI Polo al vanaf 2007. Nog geen ongelukke (touch wood) en een boete ( 72 in 60 sone). Maar ek het ook my lisensie 24 jaar terug gekry…

Fritz ·

Natuurlik! Hilux, polo en Quantum is die voertuie wat by verre die meeste verkoop! Dus meeste ongelukkie ook.

Misky ·

Maak net sin dat VW Polo volgens statistiek in meer ongelukke betrokke sal wees aangesien dit die nr. 1 verkoper van ligte voertuie in SA is. Quantums weet almal wat die probleem is en dis voor die hand liggend.

krodedil ·

Hilux is 14.2 % en Quantums is 12.2%. Stats sê dan dat Hilux bestuurders swakker bestuur as Quantum bestuurders. Hoe verduidelik jy hierdie een.

Nie Verbaas ·

Die voertuie het absoluut niks met statistiek uit te waai behalwe as dit nie ten volle padwaardig is nie. Kyk na wie die meerderheid is wat dit bestuur en jy het jou antwoord. Kyk ook of die korrekte proses met verkryging van die individue se bestuurslisensies gevolg is.

krodedil ·

Almal kyk die woord “Noodlottig’ mis. Noodlottig en ‘n 5 ster veiligheids gradering pas nie saam nie.
“Swak, Onveilige, Gervaarlike” voertuie is beter van pas. Miskien moet daar weer na die 5 Ster Veiligheids graderings gekyk word en aangepas word by hierdie voertuie.

Andries ·

En die formule van wit motors wat uitgeswaai het vir slaggate teenoor ‘n derde van alle motors wat wit is? In ons land maak die tipe statistiek ‘n wiskundige se brein klein. :)

krodedil ·

Die dae dat almal positief was oor die hiluxe is verby. Ek hoop Toyota doen iets aan die Hilux en Quantum want hierdie onpartydige stats wys hulle is onveilig en mense gaan dood in hulle.

Eiervrug ·

Die Hilux stats is obviously opgemaak uit die wat gebruik word om geld trokkies mee om te ry…

Janine ·

Hier betaal ek ten duurste (versekering) vir my SWART Polo (kan kar blykbaar nie sien in die donker)…. 2006 model. Nog nooit nodig gehad om van versekering te eis nie. Ek ry nie eens 150 kilos( JA! 150 kilos!) per maand nie.

KarooKnapie ·

Ek ry self n Polo en kan die statistiek verduidelik…
Polo ry op die snelweg heel rustig wanneer n Quantum op hom afgepyl kom van agter af, Die bestuurder van die Polo skrik so groot vir die Quantum wat eweskielik hier agter hom is en swaai uit na die ander baan en tref dan ‘n Hilux, wat ook heel onskuldig op die snelweg ry, in die proses.

twaalfboor ·

Mens kan met statiatiek ENIGE IETS bewys. Die feit dat Ford nie op die lys is nie beteken seker volgens statistiek dat hulle almal stukkend by die huise staan.
Hierdie tipe stats sê absoluut niks. Die onveiligste bakkie op die pad is ñ NP300.

Louise ·

Sal glo dat die VW Polo die hoogste is, want die jong klomp wat hulle ry le mos op hulle 80ste rugwerwel en jaag asof die duiwel agter hulle is dan het hulle geen beheer oor die voertuig nie.

Herman L ·

Die inligting in sy huidige vorm beteken niks! Die syfers vergelyk appels met pere met waatlemoene. Om enigsins sin te maak moet syfers in verband gebring word met die persentasie in elke kategorie. Slegs dan kan ‘n paar geldige afleidings gemaak word. Wanneer mense wil navorsing doen, moet hulle minstens ‘n basiese begrip hê van die metodes wat gebruik word. Hier blyk dit nie die geval te wees nie.

Wielspore ·

Ek weet nie wat die RTMC wil bereik met die statistiek dat die Polo in die meeste ongelukke op die paaie is as die voertuig die beste passasiers verkoper oor heelwat jare is.

Dit is soos om bekend te maak dat daar meer sand as klip in die Namib woestyn is.

Ook maar lekker stupid…

Pierre ·

En waar is spoed nou? Nie 1 van hierdie 3 is bekend vir spoed nie.

Solomon ·

Ek wil net onder die aandag van die kommentators bring dat vir die jaar 2021 VW 25% van die mark gehad het. Met ander woorde 1 uit elke 4 voertuie wat verkoop is was ‘n VW.

twaalfboor ·

Goeie statistiese opsomming. My wiskunde is maar sleg. Maar verduidelik hoe jou stats van toepassing op die berig is.

Atta ·

Die statestiek sê dus vir ons mense ry met voetrtuie en maak ongelukke daarmee. Al wat ek kan aflei is dat die tipe en kleur voertuie waarvan daar die meeste op die pad is, in die meeste ongelukke betrokke is. En hierdie navorsers het vir etlike maande geld gekry om dié totaal “useless information” bymekaar te maak.

M ·

Daar is ook meer wit motors op die pad. So ek sou sê dit is die rede dat wit motors “meer ongelukke” maak. Meeste taxi’s is ook wit…..

Annelien ·

VW polo, Hilux en Quantum is die voertuie wat die meeste verkoop, daarom is daar meer daarvan op die paaie. Die kleure wat die gewildste is om te koop, is wit en silwer. Dis nie noodwendig die eienaars van die voertuie wat slegter bestuur nie.

JL ·

Gee eerder statistiek oor bestuurders: Ouderdom, wettige lisensies, ras en hoeveel van die voertuie is “gepimp”.

Nico ·

Daar is geen volg afstand nie, kanse vat, spoed en dronkbestuur,.

ᛄᚪᚾ ·

Ek raak bietjie moeg vir die geteem oor taxis, daar is 3 ander kategorië van padgebruikers wat net so gevaarlik en roekeloos is:
Busse – Hulle ry soos taxis en is 5 maal so groot
Afleweringsmotorfietse – Hulle het nie die vaagste benul van verkeersreels nie, het niemand lisensies nie en is minder padwaardig as taxis.
Middeljarige vrouens in groot sport nutsvoertuie – geen verdere aanmerking nie, u edele

Gary ·

Die is a mors van tyd en geld deur die RTMC. dit is logies want dit is die beste verkopers met die grootste persentasie op die paaie. Wat is ons veronderstel om met die “useless’ syfers te maak. Gee eerder die geld wat hiervoor gebruik is vir honger mense.

Ontnugterde senior ·

Voertuie is net masjiene wat deur traak my nie agtige MENSE bestuur word!!

VanAfrika ·

Dronk nerf jaag op hoe spoed in my seun se Ford Fiesta Turbo boost vas op die N 12 net voor hy af split OR Thambo en Durban. Ek bestuur en omdat hy die karretjie 9 dae het ry ek maar versigtig en hou 120km n uur. Sy Polo af geskryf en die Ford reggemaak skade was so minimaal, so sterk is daai karretjie. Ek ry Ford enige dag en my volgende kar is definitief n Ford

Waarnemer ·

Wat is die doel van hierdie sratistieke?
Wie is die meeste bestuurders van die Qauntum?
Hoeveel passasiers is in die Qauntum?
Hoeveel bestuurders van die Qauntum het n geldige bestuurderslisensie?
Hoeveel Qauntums is wettiglik padwaardig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.