Dié vrou in bedrogsaak gesoek

Santana Anne Schierholt. Foto: Verskaf deur SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het die publiek se hulp versoek om ʼn vrou op te spoor wat van bedrog aangekla is en sedertdien spoorloos verdwyn het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê Santana Anne Schierholt (27) is van bedrog aangekla nadat sy in Maart 2016 na bewering ʼn kroeg in Swellendam met vervalste dokumente gekoop het. ʼn Lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik, waarna Schierholt soos ʼn groot speld verdwyn het.

Traut sê alle pogings om haar op te spoor was tot dusver onsuksesvol en daarom hoop die ondersoekspan dat die publiek met inligting na vore sal kom oor waar Schierholt haar bevind.

Enigiemand met inligting oor Schierholt se doen en late word versoek om ao. Leonie Pothas by 082 778 7349 of konst. Jean Booisen by 073 660 7968 te skakel. Inligting kan ook by Stop Misdaad by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Ellisras ·

I don’t suffer from insanity, I enjoy every minute of it!
Kyk na haar, sy lyk so “normaal”. Maar dit is die ding met skelms hulle lyk nie skelm nie. Daar is mos mense wat altyd agterna sê : ek kon sien hy is skelm. Maar dit nooit voor die tyd kan sê nie.

AW ·

I know better than most people that a criminal isn’t always a thug in a black leather jacket with a big brand on his forehead to warn us away.
Criminals sit next to us on the bus. They pack our groceries and cash our paychecks for us and teach our children. They look no different from you or me. And that’s why they get away with it. – Jodi Picoult

A criminal remains a criminal whether he uses a convict’s suit or a monarch’s crown.– Victor Hugo

attie ·

wens net hulle wil soveel fokus op die moordenaars en verkragters sit in die land

AW ·

Is daar n Foto van elke moordenaar beskikbaar….

Tog ek stem saam dat as daar n foto van n verdagte beskikbaar is MOET dit aan die Media vry gestel word !!

Eish ·

Esausvel so styf op ons arm…
Die lensiesop, so bedrieglik warm!

Pretoria Man ·

Bedrog bly ‘n dom misdaad. ‘n Spoor word altyd na gelaat

Tobie Klarens ·

Ek sou se dat die 80 + moorde en 109 verkragtings PER DAG, n groter prioriteit sal wees

Batman ·

Totally agree. Focus on murderers, rapists and corrupt officials.

Santi ·

Hoe doen mense dit ? hier ek wat veoggend by die garage n koffie koop en vergeet om my sjokelade ook te betaal , my gewete my so gepla toe ek by werk kom en dit besef ek dadelik terug gery en dit gaan betaal.

zoom zoom ·

Ek het deur ons buurt gestap hier in Centurion. Sy is nie hier nie. Dalk is sy in putsonderwater?

Cherokee ·

Ek is self besig om na haar te soek hier in Durban, zoomers. Maar as ek haar kry gaan ek nie klik nie… Sy’s pragtig! Sy kan vir ons I dieselfde kroeg ‘n dop op die huis gaan bestel.

Boet Fasie ·

Skerp , SjN , jy is weer soos ‘n minora blade. Ek het al gehoor van ouens wat uitloop sonder om vir sy dop te betaal, maar dat die dametjie sommer uitloop sonder om vir die hele kroeg te betaal – wil gedoen wees, volgende dop is op die huis.

Mona ·

Ek ken haar van gr8 af. Sy het langsaan ons gebly en was een van my vriendinne. Sy was n ongelooflike goeie mens met pragtige maniere. Haar pa is begin 2016 oorlede en sy het n man by n kroeg ontmoet …..Vir almal vertel hy het kanker en eintlik makeer hy niks; net n skelm wat n onskuldige mens saam met hom in die gemors laat beland het.

LouE ·

As mens ‘n kar met bedrog koop dan ry jy weg met die kar en die oorspronklike eienaar verloor die geld. As jy met bedrog ‘n kroeg koop ….. dan is die kroeg nog daar. As sy landuit is soos julle sê – het sy dalk die brandewyn saamgeneem? Maak nie vir my sin nie.

Spark Plug ·

Ai, sy is so oulik, ek sal ook nie nee kan se vir haar nie. Ek gaan nou dadelik na haar begin soek

tamboti ·

Ek wonder wie se “skelmpie” is dit?
Onthou net: In SA is sy onskuldig aan enige misdaad, totdat die hoogste hof van appel eers haar skuldig bevind het, so pas op wat jul se oor haar!

Molly ·

sy het ‘n pintrest account kan hulle haar nie daar trek nie

Molly ·

ag nee polisie regtig – Instagram account active – pintrest active etc – doen bietjie ondersoek werk.

Lana ·

Al is iets active, beteken dit nie dat sy dit nou gebruik nie.

jakes ·

Eks is bly sy is soek. Sy is beslis te mooi om tronk toe te gaan.

Lana ·

Pleks vorige eienaar, aangesien kroeg nou nuwe eienaar het, van die kroeg die man saam haar ook aankla. Hy is die skelm.

Mona ·

Ek stem saam. Sy word aangekla maar wat van die man wat saam met haar die bedrog gepleeg het..

PJC ·

Ek is bly om te sien daar is MM lesers wat nog ń sin vir humor het. Alles in die lewe kan nie net donker wees nie.

bloubaaitjie ·

Aan diegene wat só gekerm opsit kry die feite eers,aan diegene wat erken dat ń misdaad ń misdaad is gee ek ń high 5, jy hoor die munt in die bordjie val en neem aan dis slegs ń sent maar toe wel ń vyf rand, geld is geld só misdaad is misdaad

Jaap ·

Wil ook asb weet Maroela Media hoekom is dit nou so belangrike nuus?
Doen dit met alle misdade en gooi als op die lappe!!!!
Dankie
Run forest run

zxc ·

Alles is vir die polisie moeilik. Ek wou destyds ‘n huis inbraak aanmeld vir versekerings doeleindes en dit was vir die polisie moeilik om reg te kry. Vra iemand soos Carte Blanche om daarna te kyk, hulle behoort ‘n onderhoud met haar reg te he teen Sondag om haar kant te stel!

Batman ·

So ridiculous that this case enjoys so much attention. What about the psycho killers and rapists. They rob people of their life and dignity. And nobody knows the real story. That dude was very suspect from the very start, and probably a master manipulator. Those types of people with narcissistic tendencies also robs you from your identity. Focus on corruption, murders and child rapists instead of her. Innocent till proven otherwise.

BB ·

Soveel mense kom weg met die tipe bedrog en diefstal. Ons wil nie meer met integriteit maatjies wees nie. Geldgierigheid is die baas.
Sy is moontlik onskuldig en jonk in iets ingeloop sonder om te weet wat aangegaan. Ek sien baie sulke gevalle. Sit nou met paar groot blikke wurms…

Klein Kosie ·

Sy is hier by my sy het net koffie gesoek nou bly sy sommer langer gratis en vernuuuut..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.