Dié Vrystaat-munisipaliteite binnekort sonder elektrisiteit

Argieffoto

Inwoners van Tokologo- (Boshof, Dealesville, Hertzogville), Masilonyana- (Theunissen, Brandfort) en Nala-munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) sal aan kragonderbrekings blootgestel word as gevolg van die munisipaliteite se versuim om te voldoen aan ʼn betalingsooreenkoms met Eskom.

“Die volgende betalings vir Tokologo, Masilonyana en Nala was op 13 Julie 2018 betaalbaar. Die munisipaliteite het nie hul betalingsooreenkomste nagekom nie en Eskom het dus geen ander opsie as om kragtoevoer te onderbreek nie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. Geskeduleerde kragonderbrekings begin op 18 Julie 2018.

“Ongeag die bepalings van die kragonderbrekings, kan Eskom ná ʼn kennisgewing van 15 kalenderdae, die elektrisiteit in sy geheel en onbepaald afsny indien die skulddelgingsituasie nie verbeter nie.”

Verskeie munisipaliteite skuld Eskom altesaam meer as R13 miljard. Meeste van die munisipaliteite met agterstallige skuld is in die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga geleë.

Die kragvoorsiener het terugbetalingsooreenkomste met die munisipaliteite aangegaan, maar indien die munisipaliteit versuim om aan dié betalings te voldoen, kan Eskom kragonderbrekings toepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann cb ·

En ongelukkig moet die persone/instansies wat wél betaal, ook die gevolge dra! Dit sal ook nie help om oor die munisipaliteite se bedrog en nalatigheid te kla nie!

Waarom ·

Dis dieselfde situasie met die water. Sommige munisipaliteite wat versuim het om te betaal, se watertoevoer is ook afgesny (al sedert November verlede jaar).

smurfie ·

Kan iemand aan my verduidelik hoe hulle dit toegelaat het, dat die rekeninge sooooo agter raak. Dan is dit mos hulle eie skuld??

WW ·

Julle verstaan verkeerd. Sekere dele van die dorp(e) wat onder die munisipaliteit val, betaal hulle maandelikse rekeninge getrou. Die MUNISIPALITEIT betaal nie vir Eskom nie. Onbevoeg/korrupsie/plein diefstal van die betalers se geld….
Ek sou ook verkies dat Eskom dan maar afsny en klaarkry. Skakel oor na alternatiewe kragbronne soos solar geyser, generator, ens. Eerder as om elke maand jou munisipale rekening te betaal en jy sit in elk geval sonder krag weens die munisipaliteit se wandade.

Duncan Potgieter ·

Die werklike rede vir dat Eskom se skuld by die munisipaliteite miljarde rande agterstallig is, is maklik:
*Korrupte ANC beheerde munisipaliteite
*Invorderings van elektrisiteit word gebruik om onnodige ANC kaders aan te stel wat nie nodig is nie – hulle sit net elke dag en “winde sluk”en werk nie ; en
*Die buitensporige salarisse wat die personeel betaal word – 90% van die personeel is onbekwaam en hoort nie in hulle poste nie.

David ·

Wat van die mense wat wél betaal? Word hulle nou saam met die korrupte kaders gestraf?

jaco ·

Eskom is n semi-staatsinstansie en die staat word deur die ANC beheer. Al hierdie munisipaliteite word ook deur die ANC beheer. So eintlik gaan die ANC nou die ANC se krag afsny. Iets maak nie sin nie. Praat hulle dan nie op partyvlak ook met mekaar nie? Sekerlik kan so iets op partyvlak baie maklik opgelos/omseil word.

Tannie Susan ·

Ons bejaardes betaal elke maand ons rekeningtjie. Asseblief moet nie af skskel nie. Ons kry alreeds so swaar. Die koue ook nie gaaf met die lyf nie.

RM ·

13 Miljard gaan ‘n mens nie net kan optoor nie. Dit is darem ‘n hewige skuld om terug te betaal as die land nie geld maak nie, en dit nog in ‘n baie koue winter. Ons keer stadig terug na 1651.

Gestremde ·

Hoekom word die se krag nie afgesny wat hulself daaraan skuldig maak nie en alles verniet wil hê? Die antwoord is baie maklik…die munisipaliteit kan nie ‘n betoging bekostig nie want dan verwoes dit die bietjie wat seker nog in daai dorpe oor is en dalk word die burgermeester se weelde huis of gastehuis afgebrand.

marous ·

Nog ‘n sukses verhaal geborg deur die grootste bedrogspul van alle tye

Adam ·

Eenvoudig. Sit dit af!! Bietjie ongerief en daarna sal besef word dat daar nie rondgespeel kan word nie. Ongelukkig is die geld-morsende munisipaliteite die probleem en behoort hulle ‘n behoorlike les geleer te word.

bgj van der westhuizen ·

wel Eskom daar is n ander manner begin die krag die rek aan die mense verkoop en maak alles koop krag en sny die middel man uit en jy kry dadelik jou geld as die man sy krag koop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.