Die vyf beste studierigtings in SA

(Foto: Pixabay)

’n Onlangse navorsingsverslag toon dat studente in die IT-rigting se salarisse die vinnigste groei, dat al hoe meer studente in die ambagte- en beroepsopleiding kwalifiseer en dat studente met ’n BCom-graad in finansiële en bestuursrekeningkunde die maklikste werk kry.

Dit is van die bevindings wat in ’n onlangse navorsingstudie deur Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gemaak is. Ongeveer 300 jong werkendes reg oor SA, wat tussen 2015 en 2018 afgestudeer het, het daaraan deelgeneem. Beginsalarisse, hoe lank dit kandidate geneem het om werk te kry nadat ’n kwalifikasie verwerf is, en die skaal waarteen kandidate se salarisse in die afgelope 30 maande gegroei het, is in ag geneem.

Die topvyf-studierigtings is:

  1. Informatika

Die 3% van studente wat informatika bestudeer het, is die gemaklikste in hulle werkplek en hulle salaris het ook die vinnigste gegroei. Daar is ’n gemiddelde groeikoers van 95% groei oor die afgelope 30 maande van hulle werklewe. Hierdie kandidate het binne gemiddeld twee maande ná afstudering werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R8 333 per maand.

  1. Beroepsopleiding

Beroeps- en ambagsopleiding is deur 23% van die studente as loopbaan gekies. Studente wat deur Sol-Tech studeer het, was die uitskieters met ’n gemiddelde beginsalaris van R22 000 per maand en ’n baie hoë plasingsyfer. Oor die breë spektrum het studente in beroeps- en ambagsopleiding binne gemiddeld drie maande ná afstudering werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R7 653 p.m.

  1. Finansiële en bestuursrekeningkunde

14% van die kandidate het ’n kwalifikasie in finansiële en bestuursrekeningkunde behaal. Hierdie studente het gemiddeld binne drie maande ná hulle kwalifikasie werk gekry.

Gemiddelde beginsalaris: R9 044 p.m.

  1. Gesondheidswetenskappe

Ongeveer 10% van die studente het in rigtings in die gesondheidswetenskappe gestudeer. Dit sluit rigtings soos mediese dokters, verpleegpersoneel, terapeute en laboratoriumpersoneel in. Hierdie kandidate het gemiddeld tussen drie en vier maande geneem om hulle eerste werk te kry.

Gemiddelde beginsalaris: R13 125 p.m.

  1. Veeartsenykunde

Alhoewel slegs 2% van die studente hierdie studierigting gevolg het, blyk dit ’n baie goeie studierigting te wees, en bykans al die studente in hierdie studierigting het reeds ’n werksaanbod gehad voordat hulle afstudeer het.

Gemiddelde beginsalaris: R19 166 p.m.

Ander belangrike beroepe wat in die navorsing geïdentifiseer is, is ingenieurswese en natuur- en landbouwetenskappe. Hierdie kandidate het goeie beginsalarisse verdien, maar is nie so gemaklik in die werkplek soos dié in die ander beroepe hierbo nie.

Volgens Stefan Pieterse, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum, is daar ’n direkte verband tussen opleiding en verdienvermoë. “Waar die werkloosheidskoers vir jongmense 26.7% is, daal hierdie syfers volgens ons navorsing tot slegs 7% wanneer iemand ’n tersiêre kwalifikasie verwerf het.”

Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum bied reeds sedert 2008 finansiële studiehulp aan behoeftige studente en het oor die afgelope tien jaar R156 miljoen bestee om 4 230 behoeftige studente se studies aan tersiêre instansies reg oor SA moontlik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Netta ·

My dogter wat haar BSc in Dieetkunde voltooi het aan US soek na 6 maande nog steeds werk.

Monique Blom ·

Ongelukkig is die mark oorversadig met praktiserende dieetkundiges, ek is self een. Daar is egter ‘n klomp ander beroepsmoontlikhede waar die mediese kennis wat jy op gedoen het, as ‘n goeie kwalifikasie dien. Ek werk byvoorbeeld in farmaseutiese navorsing waar ek my fisiologie en farmakologie kennis gebruik. Baie van my vriendinne wat saam met my graadgevang het werk ook in ander velde waar jou mediese kennis van toepassing is soos verkoopsteenwoordigers in voeding- of farmaseutiese produkte, raadgewende hoedanigheid by kettingwinkels soos PnP en Woolworths. Sterkte daar, hoop sy kry spoedig iets!!

Mariska Meyer ·

My dogter begin 2019 met haar BsC Biochemie en Mikrobiologie. Is daar iemand wat miskien weet of kan raad gee rondom werk beskikbaarheid in hierdie rigting na sy graad gevang het.

Opsie ·

Laat jou dogter oorweeg om dan ‘n Patent Prokureur te word. Sy sal na afloop van haar studies dus ook LLB moet studeer. Sy sal reg oor die wêreld werk kry :)

charles ·

ja as jy LLM ook gedoen het, gespesialiseerde rigtings in die reg vereis ‘n LLM, veral as jy oorsee wil gaan werk, maar kyk sommer op jy jou LLM oorsee kan doen

Anoniem ·

Die werks geleenthede dink ek is redelik beperk- het vriendin gehad wat dit studeer het en haar meestersgraad in biochemie gedoen het. Werksgeleenthede is maar in laboratoriums of as dosent. Ook nie seker oor die LLB / LLM nie – wetgewing oorsee kan baie verskil van SA en dan moet jy van vooraf begin leer.

Marelize ·

Hi Mariska, my man het dit ook gaan studeer en het sy meesters voltooi, hy werk in die agri bedryf vir ‘n multi nasionale maatskappy. as ek kan raad gee moet sy maar probeer spesialiseer in gewasse/diere wat in SA geplant word en ook kyk na plae in SA- dit het hom baie gehelp om sy huidige pos los te slaan omdat hy uitsonderlike kennis oor ‘n plaag insek in die agri bedryf gehad het. sy moet ook defnitief probeer vakansies werk by plekke wat in die bedryf is. sy sal ook maar moet begin soek vir werk vroeg in haar finale jaar as nie vroeer nie, dit help baie. plekke soos monsanto/pannar/zoetis/mbfi/ en soortgelyke maatskappye bied baie goeie opsies vir werk.

piper ·

dan wil die rakpekkers by checkers 10 000 rand per maand he plus medies plus behuising toelaag. die vakbonde skep hoe verwagtings by hulle lede net om hulle ledegelde elke maand te kan kry. die onnosele werkers glo hulle en betaal maar.

$ ·

So wat se jy, hoeveel moet hulle kry? R5K? Hoe leef mens op R5K / maand bruto dan moet kos en vervoer ook nog betaal word?
Daar is weining vooruitsig dat die ‘rakpakkers’ hulle salaris sal verdubbel in 2 jaar se tyd, dus bly hulle basies ‘vir altyd’ op hulle karige salaris. (Verstaan jy hoekom hulle moedeloos voel?)

charles ·

ek het 2 grade en ‘n nationale diploma, het vir meer as ‘n jaar sonder werk gesit! het 20+ jaar ondervinding, maarnouja ek weet hoekom

Charles ·

Baie interessant-dankie hiervoor.
Ek weet nie wat ons sonder Solidariteit sou doen nie!

Mariska Meyer ·

Dankie aan Opsie, Charles en Marelize vir julle raad. Sal dit met haar bespreek.

Anoniem ·

Ek verstaan nie: daar word gesê dat beroepsopleiding se beginsalaris R22000 en R7653 is. Hoekom is daar twee syfers?

Rooi Jan ·

Lees weer, dit se duidelik dat Soltech studente uitskieters is met begin salaris van R22k. Maar daar is baie ander sentra onder andere staatssentrums wie se studente minder kry die landsgemiddeld is dus R7653.

jaco ·

die 7de en beste een word nie genoem nie: die “regte” velkleur.

LS ·

Die 5 studie rigtings soos aangedui verteenwoordig 52% van deelnemers. Wat is die resultaat van die oorblywende 48% wat deel genem het.

Wonder ·

My seun het in April 2015 sy BPsych graad (4 jaar) ontvang. Hy is ‘n berader, maar kry nie werk in daardie rigting nie. Sy CV is al orals ingehanding, maar geen terugvoering word eers ontvang nie.

Liamari ·

As jou seun ‘n geregistreerde berader by die HPCSA is en ‘n praktyk nommer het kan hy sy eie praktyk bedryf en kostes van mediese fondse eis. Hy moet kyk na klein dorpies wat soms ‘n tekort het aan sielkundiges/maatskaplike werkers. Sterkte.

Hendrik van George ·

Die salarisse ismaar Pateties, in ag genome dat daar tyd op universiteit gespandeer is. Ek hoop dat kinders sal besef dat daar soveel beter rigtings is as om tyd op ‘n BA graad te mors.

koos ·

dis wonderlike syfers wat solidariteit noem, maar hulle hele studie laat regstellende aksie en BEE heeltemal uit. Ek is nou nie in die rigtings wat solidariteit noem gekwalifiseer nie, maar ek moes basies lieg op my CV en niks meld van my 2 universiteitsgrade nie, en my werksondervinding het ek ook aansienlik “gedokter/gekook” net sodat ek darem weer ordentlike werk kon kry. dis nou as n bruto-salaris van R16 000 per maand as “ordentlik” beskou kan word. Dit stop meeste gate toe, maar daar is GEEN sprake van spaar of pensioen of “lekker aftree” op ouderdom 60 of 65 nie.

Johann M van Heerden ·

Wat van ambagsmense? Ons het ‘n groot behoefte aan mense met ambag. Ek het self universiteit opleiding en het 40 jaar ondervinding. Ek besef elke dag egter dat ons die obsessie met ‘grade’ moet los en mense wat die vermoe en aanleg het meer prakties moet oplei. Sulke mense kan makliker vir hulle self werk. Ons moet ophou om vir iemand anders te wil werk.

Vra maar net ·

My seun was by Sol-Tec. Kwalifiseer as meulmaker en het vakleerlingskap gedoen en Rooiseël gekry. Hy kry nie eers reaksie op werksaansoeke nie. Lyk nie vir my of daar ‘n tekort aan ambagsmanne is nie

Onseker ·

Dit is goed om te weet. Ek het in 2014 deur ‘n sakeskool begin studeer, my studies beloop nou amper R100 000 (deeltyds). Ek wil my nagraadse diploma doen (R80 000) en dan my MBA (R200 000). My vraag is, is dit die moeitewerd om nóg R280 000 aan studies te spandeer en dan nooit in ‘n pos geplaas te word aangesien my velkleur nie reg is nie..

KoosNel ·

Ek het 93 % gemiddeld in matriek gekry. Kon nie keuring vir medies kry nie. Ek is te Wit. Die vereistes vir nie-Blankes is baie laer. Veearts wou ek ook word maar daar is vir my gesê ek hoef nie eers te probeer nie omdat ek Wit is. Toe gaan swot ek IT. Vandag verdien ek ń baie goeie salaris en werk van die huis af op my eie tyd en in my pajamas. Die IT veld is baie wyd met verskeie areas van spesialisering. Ek kan dit sterk aanbeveel.

Charles ·

Hi Koos- wou maar net se ek bewonder jou uithouvermoe en wilskrag. Mooi so!

‘n Afrikaner kry jy NIE SOMMER onder nie! (behalwe vir die verwarde liberales)

Spook ·

Jip, IT is die regte pad om te volg. Jou opsies gaan oop vir internasionale werk ook. Jou opsies is legio ,,, maar maak SEKER jy wil dit doen, is ook maar lang ure en baie druk.

mamma ·

My 17 jarige dogter stel baie belang in landbou, spesifiek diere. Sy behaal 90% plus in haar landbouvakke op skool. Beeste is haar groot liefde. Sy wil so graag Veekunde gaan studeer. Is dit ‘n goeie keuse? Landbou se toekoms lyk nie so rooskleurig in SA. Wat doen mens as iets jou passie is, maar jy weet nie of jy werk sal kry na jou graad? En ons arme ouers wat die duur studies moet betaal.

Selma.vd merwe ·

Wat van.onderwys my seun.wil.onderwys gaan.swot oor 2 jaar is.indiens opleiding beter om.direk by n.skool.te begin en.deur.unisa te swot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.