Dié vyf Media24-tydskrifte sluit

Media24 (Foto: Media24)

Media24 (Foto: Media24)

Media24 het Woensdag die titels bekendgemaak van die vyf tydskrifte wat binnekort gaan sluit.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê die tydskrifte topCar, Top Gear, Grazia, Ideas/Idees en Lééf gaan amptelik sluit.

Maroela Media het vroeër berig personeel van Lééf en topCar het reeds Woensdag finale bevestiging gekry dat die tydskrifte teen volgende jaar nie meer op die rak gaan wees nie.

Christine Ferreira, Lééf se redakteur, en Calvin Fisher, die redakteur van topCar, het die nuus bevestig.

Esmaré Weideman, Media24 se uitvoerende hoof, het gesê dié besluit strook met die maatskappy se strategie om sy posisie as die voorste uitgewer in Afrika te versterk.

“Ons neem gereeld die portefeulje van die gedrukte en digitale handelsmerke in oënskou – sommige floreer, terwyl ander voortdurend veg in die veranderende media-landskap,” het sy gesê.

Ishmet Davidson, hoof van Media24 se gedrukte media, het gesê die personeel by die betrokke tydskrifte word tans ingelig omtrent ander opsies. “As deel van die proses is ons besig met die bespreking van alle beskikbare opsies.”

Media24 druk bykans 140 koerante en tydskrifte.

Lees die volledige verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Chrissie ·

Neeee! Idees is die enigste tydskrif wat ek koop. Wat ‘n jammerte.

Arsène Lupin ·

Net so teleurgesteld oor Idees – beste tydskrif ooit! Hoekom nie maar Huisgenoot wat in elkgeval net skinder skinder skinder van die rak verwyder nie!

Griet ·

Idees sal moontlik/hopelik saamsmelt met Tuis/Home. Ek koop gereeld die Tuis en so af en toe die Idees wanneer daar iets is waarin ek belangstel.

Rina Kotze ·

Ek is net so hartseer!

Hoekom stop hulle nie Huisgenoot nie???

Tog net skinder en sensasie!!!

Ek het nog nooit huisgenoot gekoop nie en sal ook nooit! Dis ‘n beginselsaak!

Donald ·

Ek voel vir die mense wat hulle werk gan verloor. Maar dis einste weideman en adder Basson wat vyande maak van afrikaanse lesers se skuld . Asook die hele media 24. Mens byt mos nie die hand wat jou voed nie. afrikaanse lesers het vir hulle biljoene gemaak. En hulle gee dit als vir BEE mpye om hulle ratings goed te laat lyk. Dis hulle eie skuld. Ek sê boikot hulle.

Karma1 ·

@Rina Kotze – as jy nog nooit HGN gekoop of gelees het nie, wat lewer jy hier kommentaar? Los Huisgenoot uit vir die mense wat dit al JARE lank lees en steeds interessant vind. HGN is nie net skindernuus nie; daar is interessante en stimulerende berigte ook. Ek erken: HGN se kwaliteit HET met die tyd saam agteruitgegaan (daar is mos maar orals transformasie en politieke korrektheid), maar ek betaal steeds weekliks my R23.00 vir HGN en sal dit altyd doen. Koop dan maar vir jou ‘n Engelse leefstyl boek, as jy so beroof voel.

Paul ·

Karma1,
My innige simpatie as jy enigsinds iets in Huisgenoot vind wat die moeite werd is om te lees.

Marina Bouwer ·

Bitterlik hartseer oor die Lééf! Só ‘n wonderlike opbouende tydskrif. Ek bid dat daar ‘n ander uitweg sal wees.

Nel ·

Koop Juig tydskrif. Hulle val nie onderMedia 24 nie en is mynsinsiens by verre die beste Afrikaanse Christelike tydskrif op die rak.

Kaufman ·

Dit maak nou geleentheid oop vir die wat ondernemingsgees het om soortgelyke aanlyn publikasies in Afrikaans te begin.

Leeu ·

Plaas hulle die sensasie tydskrifte sluit wat net skindernuus en sensasie verkondig

Francois le Cochon ·

Dit is jammer dat kwaliteit tydskrifte soos Idees en Leef, nie kan kershou met snert soos Huisgenoot. Hoekom mense belangstel in skinderstories oor ander mense se lewens, kon ek nognooit verstaan nie. Meer nog hoekom ‘n publieke figuur op HG se voorblad wil wees.
Ek sou my dood skaam. Miskien is dit vir die gejaag na geld.

Piet Pompies ·

Swak besluite deur M24 se bestuur, net soos Nuus24 wat nou ‘n betaal webwerf is, ek twyfel of dit nog lank gaan bestaan.
Maroela Media het hierdie gaping opgeraap met gratis aanlyn nuus, voorspoed, ons geniet MM.

cs ·

Stem Piet Pompies, Nuus24 moet mens voor betaal maar News24 is gratis-verstaan nie hoe dit werk nie

Karma1 ·

@Stoffies (en ander) – wat “moan” julle so oof HGN? Niemand dwing julle om HGN te koop en te lees nie! As jy nie daarvan hou nie, moenie daarna kyk nie, moet dit nie koop nie en moet dit nie lees nie. Eenvoudig soos dit.

@Rene – hoop jy “Huisgenoot” darem een keer per dag ……..

Hulda ·

Wonder nou net. Dis twee van die tydskrifte op kaboedel waarvoor jy maandeliks betaal. Gaan daar nou ander tydskrifte by kom of minder n maand betaal.

Penellope Jones ·

Ai tog, ek is bitter spyt oor Leef en Idees wat sluit.
Dit bit immers opbouende, NIE-sensasionele, goeie leesstof wat inspireer.

Elna ·

Maatskappye wil nie meer adverteer nie, tydskrifte kan nie bestaan sonder advertensies nie, produksie onkoste is te hoog. Baie sad aangesien ek van die mense wat hard werk op die tydskrifte nou sonder werk gaan sit.

Marita Loch ·

Ondenkbaar dat Leéf nie meer elke maand in my posbus sal wees nie!! Het nie ‘n enkele uitgawe gemis sedert die heel eerste een verskyn het nie. So ‘n pragtige opbouende tydskrif. Wonder ook maar net wat van almal se vooruitbetaalde intekengelde gaan word?

Louw ·

Ag nee eks baie jammer Leef tydskrif gaan nie meer beskikbaar wees nie, opbouend, geestelik verrykend en elke dag lees vir my. Die Leef tydskrif het my so baie gehelp. aggee neeee
Baie lief vir Idees ook. aggeeeee neeeee

Rene Grabie ·

NOOOOOOOO………… not Ideas PLEASE!!! It is the only magazine that I buy – I LOVE IT!

Theuns ·

Minder Ink gaan verkoop word en ly tot nog werk verliese om nie te praat van die koerantmanne en ander werkers nie. Die afgelope jare was daar alreeds ‘n afname in die gedrukte media se besigheid! Kyk maar ook hoe dun het Koerante geword!

Kolonialis ·

Dit is deel van die DEKOLONISASIE van tydskrifte. Dit moet meer verteenwoordigend van die meerderheid van die bevolking wees. Media 24 wil ook al hoe meer links neig, geen wonder nie.

Tanya Becker ·

Dit is jammer dat Leef gaan sluit maar niks verhoed media24 om dit digitaal of vir Maroela Media om soortgelyke tydskrif uit te gee nie. Ek glo baie lesers sal verkies om dit op Facebook of in .pdf formaat te lees?

Buitestander ·

Wat van “Landbou Weekblad”
Gaan dit nie ook sluit nadat bestuurdende Redakteer met sy onsmaklike tweet nie?

Wenner ·

Alles is nie heeltemal verlore nie julle! In plaas van Leef tydskrif, kan jul die Lig tydskrif aanskaf. Dit is min of meer op dieselfde lees geskoei. Of Juig tydskrif! Juig is verskriklik opbouend

Sandra Pretorius ·

Solank die tydskrif INTIEM tog net nie sluit nie. Dis die beste tydskrif in die land.

Rln ·

Alles gaan deesdae aanlyn, is ook goedkoper en makliker om te stoor.

Varkie ·

Almal kla oor die Huilgenoot wat nie gekanseleer word nie oor die skinder skinder skinder maar dis dan die top verkoper… ? Haha en dis nie mans wat hom koop nie…

liza ·

Dankie Maroela Media vir julle gratis diens, in elk geval is julle die beste……

Francie ·

A nee a!
… nou moet Idees/Ideas plek maak vir ‘n emosiolele skinder/sensasie tydskrif “vir die voëls”?

Dis ‘n baie toepaslike naam! Hoekom nie die Idees en Tuis tydskrifte kombineer nie?

Luister bietjie na wat die lesers sê! Daar is genoeg tydskrifte oor pyn, lyding ens.,, die Idees tydskrif is opbouend en presies waarna vandag se vroue soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.