Die waarheid sal Coligny herbou, sê premier

Palma Papenfus (links) Kgothatso Mathamela en Miems Jones glo swart en wit kan saam werk in Coligny Foto: ANA

Coligny sal slegs deur die waarheid herbou word, het Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, Vrydag gesê.

“Dit is ons almal se verantwoordelikheid om Coligny te herbou, en ons gaan Coligny nie kan herbou sonder om die waarheid te konfronteer dat ons mense grond nodig het en arm is nie,” het hy by ʼn openbare vergadering in Tlhabologang naby Coligny gesê.

Hy het aan die vergadering gesê hy het met die boere en wit inwoners vergader wat veiligheidskwessies aangeroer het en toegewyd is om weer die dorp te herbou.

Mahumapelo het Coligny besoek ná dae lange gewelddadige betogings waartydens minstens ses huise en drie vragmotors afgebrand is, terwyl winkels ook geplunder is en die dorp tot stilstand gekom het.

Geweld het op 24 April uitgebreek nadat die 16-jarige Matlhomola Jonas Mosweu gesterf het. Twee boere, Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) beweer hulle het Mosweu en ʼn vriend gevang nadat hulle sonneblomme gesteel het en hom agter op ʼn bakkie gelaai. Hulle wou hom by die polisie gaan aflaai. Mosweu het egter na bewering van die bakkie afgespring toe hulle om ʼn draai stadiger gery het, en hy het sy nek gebreek en later in die hospitaal gesterf.

ʼn Ooggetuie het egter aan die polisie gesê Mosweu is van die bakkie afgestamp.

Inwoners het op ʼn plundertog gegaan en die inhegtenisneming van die twee mans geëis. Eiendom, wat hoofsaaklik aan die wit eienaars van die dorp behoort, is beskadig en verwoes.

Die betogings het opgehou nadat die twee mans hulself op 25 April aan die hof oorgegee het, maar gewelddadige betogings het weer opgevlam toe die mans op 8 Mei vrygelaat is op borgtog.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes (12 Mei 2017) Foto: ANA

Mahumapelo is self ook daarvan beskuldig dat hy geweld aangehits het by Mosweu se begrafnisdiens op 7 Mei. Hy het aan die roubeklaers gesê Mosweu is dood aan die hande van twee wit mans en die hof moet ondersoek hoe hy dood is.

Mahumapelo het Vrydag aan die gemeenskap gesê hy trek nie sy woorde terug nie, want volgens hom het hy nie die wet oortree nie.

Die premier is Vrydag goed ontvang in Tlhabologang toe hy aangekondig het dat ʼn “skoonmaakseremonie” Saterdag gehou word waartydens beeste geslag sal word.

Inwoners van Coligny het egter met gemengde gevoelens gereageer op ʼn voorgestelde versoeningsprogram in die dorp.

Kgothatso Mathamela, een van die inwoners, het gesê dit is nog te vroeg om oor versoening te praat. “Die diep wonde is nog nie gesond nie. Mense het nog baie seer.” Sy meen Doorewaard en Schutte moes nooit op borgtog vrygelaat word nie.

Pamla Papenfus, ook ʼn inwoner, hou vol die dorpie is nie rassisties nie. “Ek loop alleen van die dorp na die informele nedersetting (Tlhabologang). Ek was nog nooit aangeval nie. Swart mense groet my en bied aan om saam met my te loop. Daar is geen rassisme in Coligny nie,” het sy gesê. Sy het gesê die reg moet sy gang gaan wat betref Doorewaard en Schutte. “As hulle skuldig is, moet hulle tronk toe gaan. As hulle lieg, dan sal God hulle straf,” het sy gesê. Volgens haar is versoening moontlik in die hof en die wet moet gelyk toegepas word. “Diegene wat huise afbrand moet in hegtenis geneem word. Wanneer ʼn swart persoon ʼn wit persoon doodmaak, dan gaan die wit mense nie en brand hul huise af nie.”

Die vakbondfederasie Cosatu in Noordwes het gesê rassisme is volop op plase rondom Coligny. “Rassisme is volop in Coligny en ander dele van Noordwes. Plaaswerkers word aangeval en uitgesit sonder dat die Wet op Arbeidsverhoudinge gevolg word,” het Job Dliso, provinsiale sekretaris van Cosatu, gesê.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het gesê daar sal geen versoening wees sonder berou nie.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Michael ·

Dit is ‘n goeie gebaar maar die wet moet gehoorsaam en gerespekteer word help nie onskuldige mense se huise word gebrand en die premier hits die huidige bevoordeelde inwoners aan om die huidige benadeelde mense te antagoneer nie.

Jordaan ·

Ek het ook grond nodig, daarom werk ek my in die grond om my verband te betaal.

Adam ·

Jordaan, as Supra maar net 1% van jou begrip gehad het. Arm mense kort werk, nie grond nie. As jy werk het kan jy leef en later self grond koop. As jy net grond het en nie werk nie, word jy bloot ‘n plakker op jou eie eiendom. Dit is wat die ANC nie kan besef nie en hoekom hulle grondbesit en welvaart as een ding sien, iets wat gewoon onnosel is.

Rentia ·

Ek wil ook grond he!! Ha ha ha weet net nie wat ek daarmee gaan maak nie. Ek het hoogste respek vir mense wat iets kan maak van n stuk grond. Nie almal kan boer nie! Word wakker. Wat word van die grond wat uitgedeel word. Net n bar stuk aarde bly oor. Wat n vermorsing van ons ALMAL se land.

al ·

Riaan Malan, ñ erkende joernalis het in News 24 n paar dae terug ñ in-diepte verslag oor Coligny geskryf van ñ misterieuse man wat gemoedere aangehits het ens. Is as ñ verraaier uitgeskel deur 1 van ons mede landgenote as ñ verraaier – sy in diepte verslag het my vermoede bevestig dat die dorp se geweldadigheid ñ politieke kleurtjie het.

snoefie ·

ek het ook daardie verslag gelees. dit het ook melding gemaak van die voetgangers wat nie deur die hof of sapd genoem word nie. Ook die seun se maat wat nie melding van gemaak word nie. hoe voel daardie vandale? moet die berou nie van hulle Kant kom nie? hoeveel van hulle was al in/uit daardie huise wat hulle afgebrand het gevoer? die premier is klaar in die moeilikheid oor sy los mond maar plaas van versoening hits hy steeds tweespalt aan.

apie ·

coligny is die bewys dat die anc tot groter laaagtes kan daal en sal. Die arme inwoners is gevangenes. Ek hoop daar is hulp vir die mense daar om elders gevestig te raak, want heropbou is ‘n pypdroom. Die hele dorp is gekaap vir politiekery en die armstes is die mense wat weereens gaan ly – dié slag net veel erger

Boerseun ·

Jy kan net soveel versies kry wat presies die teenoorgestelde sê

Blits ·

Boerseun, nou noem die versies wat die teendeel sal stel van Esegiel 7 ?

Johannes Meintjes ·

Maar in die afwesigheid van tasbare en uitkomsgewende selfbestuur-leierskap tot op laagste grondvlak in SA moet ons mense en ons boere self die brutale aanslae en leungeeste trotseer! Hoeveel skade moet ons mense en die Nuwe SA ekonomie nog lei a.g.v. swak leierskap op meeste terreine en vlakke van die samelewing in SA?

Brian Williams ·

Het ons mense nie maar hierdie die lot oor onsself gebring nie met die Ja stem nie? Hoe verstaan jy nie dat die arm swart massas nooit sal aanvaar dat wit mense in dié land iets besit nie?

al ·

Brian ons moes al vroeer apartheid afgestel het dan het die politieke kwessie homself al jare terug uitgespeel. Dan het die ANC en EFF nie meer ñ voet gehad om op hul seepkissies ons wittes uit te skel vir hul onvermoë nie.
Gelukkig raak die apartheiddeuntjie en rassistiese wittes nou al afgesaag. Ongelukkig is hier nog te veel ongeletterdes wat nog nie die werklike stand van sake begryp nie

Bruno Stef ·

Suprano het n politieke agenda daarom sal hy n eensydige mening verkondig.Coligny se buurdorp het al 6 tot 7 moorde op blankes in die afgelope paar jaar gehad maar het nogtans nie geplunder of die wet in eie hande geneem nie.Die plundery en afbrand van geboue word aangevuur deur kriminele Tsotsi elemente wat verskuil is tussen skoolkinders om hulle misdade so te kamoefleer.Die ouer geslag swartes en blankes veroordeel die optrede en vra dat die aanhitsery van buite ons gemeenskappe net gestaak word.

Chivago ·

Watter waarheid “premier”? Joune of die werklikheid? Erken dit maar, die enigste “waarheid” wat julle sal aanvaar is as die 2 boere skuldig bevind word, onskuldig of te not.

Blits ·

Dit gaan altyd oor grond maak nie saak wat nie, en as hulle grond kry en die land gaan sonder kos dan gaan hulle maar net aan om apartheid en die boere te blammeer, wat gaan hulle in elke geval met grond doen??? Boer asb, daar is hoeveel hoogs winsgewende plase vir hulle gegee na grond eiese an di plase is nou n ashoop wat niks beteken nie en geen maar geen inkomste inbring nie, dan kla hulle en se dis die gov se skuld omdat daar nie kenners was om te help nie, ek sien dit so, as ek niks weet van konstruksie af nie dan hou ek my daar uit, maar nie die klomp nie, hulle sal enige verskoning gebuik om hulle dade te regverdig, apartheid, grond, werkloosheid. as hulle nie so teel nie dan sou dit al klaar baie beter gegaan het met ons almal

Gee krag ·

Ag asb tog. Kan daar nie gehelp word om al daai wittes in ander dorp te hervestig nie. Hulle is duidelik nie veilig daar nie want die staat is teen hulle.

Steve Stephansen ·

Raak ontslae van EFF en die land se stakings, moorde ens. gaan ophou!! Dis ons moeilikheid, nie die ANC nie. Die ANC steel net en is korrup….

Lee Randburg ·

Ek stem saam Gee Krag. Gee die afgebrande Coligny maar aan die brandstigters. Premier Supra Mahumapelo dan sommer burgermeester van uitgebrande en verwaarloosde dorp maak!

SARIE VAN HEERDEN ·

Gaan kyk in alle lande oorsee en sien hoeveel armoede daar is waarvan ons nooit hoor nie. Dis net in Suid-Afrika waar jy nie arm mag wees nie. Swartes EIS deurentyd huise of as hul het beter woongebiede, of wat ookal. Hoekom word hul nie opgevoed en geleer mens kry nie sommer ‘n huis nie. Jy moet ‘n lening kry waarvoor jy donkiejare die paaiemente (met rente) aan afbeaal. Jy kooop ook nie by die duurste winkels klere OP SKULD nie en jy teel nie onbeheerd aan nie. As hul werk het spandeer hul nog dieselfde dag wat hul hul geld kry alles. Wie kan my verkeerd bewys, dis te se as my kommentaar geplaas word.

SeMaarNet ·

As ek so kyk en lees – is Supra en Pamla ewe verward … geen motor kan agteruit ry as hy nie ‘n “reverse gear” het nie!!!! En Coligny se kar het nie ‘n “reverse gear” nie – vat maar my woord!!! Wat gedoen is, is gedoen – en Supra – wat gese is, is gese! So wat ek eintlik se is: Supra en Pamla … julle staan bietjie alleen – min aan die ontvangkant van al die geweld deel julle optimisme!

emma ·

“Skoonmaakseremonie met beeste wat geslag gaan word!!!! wat is dit anders as voorvader aanbidding??? Ek sal nie daarmee vereenselwig wil word nie!!

Hanna ·

Versoening? Nee wat, hierdie lotte ken nie die verskil t versoening en vergelding nie. Word wakker! Trek.

Rats ·

Al; al het ons apertheid 200 jaar terug afgestel ,sou die loop van sake prisies dieselfde gewees het as wat dit nou is, al verskil is dat al die witmense nou al uit gemoor sou wees, onthou ons sal altyd blameer word vir hulle foute en hulle dade, ek wer al jare saam met hulle maar een ding wat ek nog nooit gehoor het by hulle nie is, Jammer ons was verkeerd, so hulle nasie ken nie di worde nie en sal dus altyd vir die volgende 1000 jaar die blaam op die wit man / leguwa sit om hulle dade en oortredinge te regverdig. so word wakekr en smell the roses, mens kan sien jy ken nie hulle nasie nie

Riaan ·

Die dorp se inwoners moet mekaar ondersteun, beskerm en vir mekaar sorg. Laat die wat alles afgebreek, afgebrand en gesteel het maar sien wie vir hulle gaan sorg as die gesteelde kos op is. Die dorp se mense sal plan maak om vir hulle kos en goed in ander plekke te gaan koop om te oorleef. Laat ons sien hoe die ander sal oorleef want dit is nie inwoners van Coligny nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.