Die ware storie agter Eldoradopark se ‘gesteelde trappe’

Die traplose woonstelblok. Foto: Facebook

Die traplose woonstelblok. Foto: Facebook

Vier gesinne van ʼn woonstelblok in Eldoradopark, Johannesburg, moet daagliks lere gebruik om toegang tot hul woonplekke op die eerste en tweede vloer te kry terwyl hulle wag dat nuwe trappe opgerig word.

ʼn Foto van die vier traplose eenhede doen die rondtes op sosiale media met mense wat beweer die ystertrappe is gesteel en as skrootmetaal verkoop.

Die inwoners van die woonstelblok in Diamandstraat wil egter met die ware sak patats na vore kom.

“Ons het verskeie oproepe van mense ontvang wat wil uitvind wat van ons trappe geword het,” het ʼn inwoner, wat verkies om anoniem te bly, aan News24 gesê. “Ons trappe is nie gesteel nie. Opknappingswerk word gedoen en dit is afgebreek.”

Die inwoner het gesê die betontrappe is op 12 Maart afgebreek en nuwe metaaltrappe was veronderstel om binne ʼn week daarna opgerig te word.

Die kontrakteur wat die trappe moet oprig het glo aan die gesinne gesê hy is steeds besig om daaraan in sy werkwinkel te werk.

Die gesinne is na bewering R1 000 aangebied om vir ʼn week alternatiewe blyplek te vind, maar hulle was onwillig om hul huise te verlaat uit vrees dat daar by hulle ingebreek sou word.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Deon ·

Dis n heel agterstevoor storie die. Maak mens nie eers die nuwe trappe klaar en breek dan die bestaande trappe af en sit dieselfde dag nog die nuwe trappe op nie? Dis mos logies…

Chris van niekerk ·

Die kontrakteur sekerlik n empowerment maatskappy! ,

HEVW ·

My pa sou nou sy boeretaal gese het.”Dit is nou gat agterstevoor.”

Elfie ·

Weereens ‘n STORIE wat mense sommer vir die waarheid gesluk het! Mense is darem gullible as dit by storietjies kom

Andre ·

Dit gebeur nou . Net toe die werkers die “baas” se werk probeer doen.
Net in Afrika!
Alles in ons land is deesdae so gat oor kop.

Filemon, The Wise One ·

Julle whiteys en julle “maintenance”; hoekom moet ons die ding regmaak? Hy werk dan nog?

Hoekom moet ons nuwe trappe eers bou? Daar staan dan nog trappe. Eish! Julle whiteys verstaan niksnie.

Eish! ·

Nee kyk mense! Lekker lag ek vir die dag. Rerig………………… die ystervark, gat oor kop, whiteys, gat agstervoor ens ens. Rerig, net in Suid Afrika (Afrikaans) kan ‘n ding so lekker uitdraai!

pop ·

Selfs die duisend rand is n grap. Waar gaan bly jy vir n week vir daai tippie. Moet baie haglik wees????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.