Nuwe navorsing wys dat gereelde oefening die voorkoms van erge Covid-19-simptome aansienlik verminder en selfs sterftes kan verhoed. Die navorsing is deur Discovery Vitality in samewerking met die Witwatersrand‑sport‑ en gesondheidsnavorsingsgroep gedoen en is in die Britse joernaal vir sportsmedikasie gepubliseer.
Die studie is gedoen deur Discovery Vitality-lede wat met Covid-19 gediagnoseer is, se fisieke aktiwiteite te ontleed. Dit het bevind dat lede wat selfs net tot ’n mate aktief is, minder ernstig siek word aan Covid-19, as dié wat glad nie aktief is nie. Dit geld selfs vir diegene wat diabetes, hipertensie en chroniese renale wanfunksie onder lede het.
Luidens die studie se bevindings het lede wat die hoogste vlak van fisieke aktiwiteit beoefen (meer as 150 minute van matige fisieke aktiwiteit per week) ʼn 34% kleiner kans om weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem te word. Indien hulle wel opgeneem word, het hulle ʼn 41% kleiner kans om in ʼn hoësorgeenheid opgeneem te word en ʼn 42% kleiner kans om weens Covid-19-verwante oorsake te sterf as mense wat geen oefening doen nie.
“Selfs pasiënte wat minder aktief is (tussen 60 en 149 minute van matige fisieke aktiwiteit ʼn week), het ʼn 13% kleiner kans op hospitalisasie, ʼn 20% kleiner kans om in ʼn hoësorgeenheid opgeneem te word en 21% kleiner kans om weens die virus dood te gaan,” lui die bevindings.
Dinesh Govender, uitvoerende hoof van Vitality SA, sê die tydperk van algehele afsondering wat in die eerste paar maande van die pandemie ingestel is, was ʼn tweesnydende swaard, aangesien dit die verspreiding van die virus bekamp het, maar ook tot gevolg gehad het dat mense aansienlik minder aktief was.
“In die maande onmiddellik ná die instelling van die afsonderingstydperk, het Vitality ʼn afname van 49% gesien in lede wat punte vir fisieke aktiwiteite aangeteken het, in vergelyking met 2019. Soos die afsonderingsregulasies verslap het, het fisieke aktiwiteite wel weer stelselmatig toegeneem.”
Hy sê dit bly egter ʼn bekommernis dat mense steeds nie so aktief is soos voor die pandemie nie en dat gereelde oefening saam met ander voorkomende maatreëls teen Covid-19 as bekamping van die virus bevorder moet word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Skappies glo die snert
So sal al die waansin al meer uitgelig word en die wat so in vrees oorreageer se gesigies al rooier word. Hoeveel vryheid was jy bereid om op te gee en by ander weg te neem vir die illusie van veiligheid? Was jy een van die mense wat jou buirman gaan aangee het omdat hy dit waag om te gaan oefen?
Hierdie virus net so vrot en pateties soos die morrupte ANC hulle oefen seker om nie te vrek nis
Nee hierdie ondersoek is gedoen om ‘n sekere uitslag te hê. Ek ken mense wat matig geoefen het tot fiksheids fanatiese atlete wat dood is as gevolg van Covid.
Oefen met of sonder ‘n masker ? Siestog ….