Die weer in jou streek dié langnaweek

Foto: Gunsteling Braairesepte

ʼn Langnaweek lê vir Suid-Afrikaners voor en meeste mense hou duim vas dat die son Maandag op Erfenisdag, oftewel Braaidag soos braailiefhebbers dit oor die jare gedoop het, sal skyn.

Ons vier ons diverse erfenis en bestee tyd saam met familie en vriende terwyl die reuk van ʼn skaaptjoppie en ʼn braaibroodjie in die lug hang – miskien is dit vir jou gesin iets soos ʼn lekker kerrie, pap en wors, snoek en patats of skaapskenkelpotjie.

Nie alle dele van Suid-Afrika sal egter Maandag ʼn lekker warm, sonnige dag ervaar nie.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se voorspellings teen Vrydagmiddag lyk die weer as volg vir die meeste groot dorpe in die land:

  • Pretoria – Saterdag: 15 °C /31 °C, Sondag: 14 °C /29 °C en Maandag: 14 °C /31 °C.
  • Johannesburg – Saterdag: 14 °C /28 °C, Sondag 13 °C /27 °C en Maandag: 13 °C /28 °C.
  • Potchefstroom – Saterdag: 11 °C /31 °C, Sondag: 10 °C /31 °C en Maandag 10 °C /30 °C.
  • Klerksdorp – Saterdag 12 °C /31 °C, Sondag 12 °C /31 °C en Maandag 11 °C /29 °C.
  • Polokwane – Saterdag: 11 °C /29 °C, Sondag 11 °C /30 °C en Maandag 10 °C /31 °C.
  • Port Elizabeth – Saterdag: 9 °C /19 °C Sondag: 11 °C /20 °C met reën en Maandag: 12 °C /22 °C  [bewolk].
  • Hermanus – Saterdag: 12 °C /19 °C, Sondag: 11 °C /20 °C en Maandag: 12 °C /21 °C [bewolk].
  • Kaapstad – Saterdag: 11 °C /19 °C, Sondag: 10 °C /19 °C en Maandag: 10 °C /20 °C [bewolk].
  • Sutherland – Saterdag: -1 °C /24 °C, Sondag: 0 °C /24 °C en Maandag: 1 °C /25 °C.
  • Kimberley – Saterdag: 11 °C /29 °C met reën, Sondag: 11 °C /32 °C en Maandag: 11 °C /29 °C [bewolk].
  • Durban – Saterdag: 16 °C /22 °C, Sondag: 18 °C /29 °C met reën en Maandag: 19 °C /24 °C.
  • Mbombela (Nelspruit) – Saterdag: 15 °C /28 °C, Sondag: 15 °C /28 °C en Maandag: 15 °C /30 °C.
  • Bloemfontein – Saterdag: 8 °C /27 °C, Sondag: 8 °C /30 °C en Maandag: 2 °C /26 °C. Reën word voorspel vir al drie dae.

Kyk hier vir vingeraflek-lekker braairesepte en hou die weer in jou dorp hier dop as dit nie hierbo gelys is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jy weet ·

Wie gee Om of die son skyn. Die wêreld is afgebrand. Mense is dood. So die boere het dringend reën nodig. Kry julle kop in rat asb

wors bra ·

daardie wors lyk lekker, wonder wat is al daardie spices daarop?

Bang ·

Loop in die straat? Buite wees? Liewer nie. Te bang om in ons eie tuin oorval te word. Bly maar liewer vir nou veilig in ons huis-tronk. Volgende jaar sal ons gesin ons tassies pak en waai.

Elna ·

Ai jai jai. Eks dankbaar vir elke liewe dag wat ek die son sien skyn. Die weer is deesdae so deur mekaar dat n mens 4 seisoene in eendag kry. Kan iemand dalk asb so gaaf wees om vir ons die Suid kus in Natal se weer voorspelling ook te gee asb sodat ons die vakansiegangers ook in kennis kan stel daarvan wat see toe wil gaan vir die naweek

Landi ·

Baie dankie Maroela! Dit sal goed wees as julle daaglikse weerburo kan weergee? Waardeer dit. Asook die wisselkoerse asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.